Nog 'n nuweling

Dag

My naam is Siener van Zyl en ek is die grootste Christen in Suid Afrika. Ek is die hoof dominie van KAK (kerk vir die Afrikaner Kultuur en spirituele leier van VAKTAP ( Vereniging vir die Afrikaner Kultuur Taal en Allerhoogste Party). Ek is hier om al die heidene te bekeer. Julle kan meer oor my wonderlike kerk lees by http://vaktap.blogspot.com/

Dit is te laat Siener Van Zyl. Die hedonistiese lewensstyl waaraan ek my vergryp het, noop my om al jou roepinge om bekering te verontag en jou die middel finger te gee in al sy heerlikheid. :wink:

Siener! Lekker om jou hier raak te loop. Ek geniet al jou wyshede op Vleisblok. Dis great dat daar nog iemand is wat hom beywer vir goeie outydse Christenwaardes en beryd is om die duiwel so 'n bietjie op sy hel te gee. Ek weet Afrikaans is Jesus se taal, maar hoop jy sal so af en toe elders op die forum ook kom inloer.

Groetnis,
Mintaka

Ek is aangedaan om ons gesiene Siener hier raak te loop. Hoog Levitikus! Hoog die Vierkleur!