OGOD

Ek het weer my voet ingeruk waar ek nie moes nie. Op die eerste dag van skool het die koerant fotos van die Gr1 geplaas. L/S Dennesig sin het gewys hoe daar Christelike balkies vasgesteek word op hul borste. Ek het op die koerant se FB blad daarop gewys dat dit onwettig is na die OGOD saak. Dit het toe op 'n FB “debat” ontaard. Die Observer het Vrydag hieroor berig. (Ek het probeer om 'n PDF scan hier te plaas, maar die tekort aan breinselle… Hierdie is 'n MS Word scan, maar is darm leesbaar) My antwoord hierop onderaan. Of hulle dit sal print moet ons nog sien.

Skoolhoof as ‘breinbeseer’ uitgekryt
Gerhard Rheeder
'n Internet herrie het losgebars nadat die Middelburg Observer foto’s van Laerskool Dennesig
se verwelkoming van vanjaar se Graad 1 's op www.mobserver. co.za gepubliseer het met 'n kort verslag oor die oggend se saalopeningspreek.

Die kinders en hul ouers is warm verwelkom met die boodskap “dat God die pad saam elkeen
van hulle stap, veral
in die moeilike tye wat mag voorle agter die skoolbanke”.
Elke Graad 1 het ook 'n kussinkie met die woorde “Jesus leef in jou” ontvang.
Aanhangers van die sekulere groep Ogod (Organisasie vir Godsdienste-Onderrig en Demokrasie) wat hulle ten doel stel om die Christelike etos uit skole te verban, het niks hiervan gehou nie en selfs 'n verfoeilike meme geskep met 'n Graad 1 seuntjie as middelpunt van die anti-Christelike tirade.
In 'n plasing gelaai met vloekwoorde
het die oud-Suid-Afrikaner wat nou ‘n Europa bly, Remil Gresenbach, onder meer
gese Laerskool Dennesig “breinspoel en besmet” met hul Christelike etos.
Hy se verder "dat die “f”’****
breinbeseerde skoolhoof daar het dit
wragtig goedgedink
om jong kinders met sy zombiesiekte te probeer aansteek".
In 'n sterk aanval se hy dat die skool die “godk**” in
die kindertjies se keeltjies afdruk.
Hy vra dan dat atieste die skool moet gaan boelie op hul sosialemedia
platforms.
Op die foto wat gebruik is vir die meme steek die voorsitter van die beheerliggaam, en nie die hoof nie, 'n Graad 1 balkie vir die seuntjie aan.

Hy se verder “dat die Mf* * * * * breinbeseerde skoolhoof daar het dit wragtig goedgedink om jong kinders met sy lombiesiekte te probeer aansteek”

Die plaaslike Ernst Marais het ook
sy mond uitgespoel op die Middelburg Observer Facebook blad deur onder meer Christenskap met 'n feeverhaal te vergelyk.
Beheerliggaamvoorsitter mnr. Bennie Joubert se dat internet trolle, veral onpatriotiese emmigrante soos Gresenbach, nie aan die skool sal dikteer watter riglyne om te volg agter sy rekenaar oorsee nie.

Aangaande die berig “Skoolhoof as breinbeseer uitgekryt.”
Laat my toe om my “mond hier uit te spoel” soos die Observer dit in die 18/1 uitgawe stel.
My kommentaar oor die oorspronklike Observer Facebook plasing van die Gr1’s by Laerskool Dennesig, het gegaan oor die feit dat OGOD ‘n hofsaak gewen het, teen skole wat een geloof bokant ‘n ander bevoordeel het. Sover my regs-kennis strek, (toegegee, dis maar swak) word so ‘n hof uitspraak dan deel van die land se wette. My kommentaar was om ‘n punt hiervan te maak, dat dit nie ‘n staats skool se plek is om kinders in een spesifieke geloof te indoktrineer nie. Dat Laerskool Dennesig, as staats skool, dalk besig is om die wet te oortree.
Ander mense het toe op my kommentaar geantwoord, en dit het toe in ‘n debat oor godsdiens uitgeloop. Ek het wel godsdiens met feeverhale vergelyk. Nie net die Christen geloof nie, maar ander gelowe ook. My vraag was hoekom mense vandag nie meer in Ra, Zeus en Poseidon glo nie? Ons sien daardie gelowe as feeverhale, omdat dit duidelik onmoontlike gebeure bevat. Dit is stories sonder bewyse. Ek kon seker ‘n beter woord as feeverhaal gebruik, die woorde Fabel of Mite sou dalk beter gewees het. Maar as daar van goed soos pratende diere, dae wat “stilstaan” en mense (nie net Jesus nie) wat na die dood weer lewendig word, gepraat word, dan dink ek dat die woord feeverhaal dit tog goed beskryf. Onmoontlike gebeure, teenstrydighede en dit alles sonder bewyse. Gaan lees maar weer die bybel, maar met ‘n oop gemoed en uit ‘n kritiese oogpunt. Wat natuurlik nie maklik is nie agv. die manier waarop dit uiteengesit is. Moeilik om dit as ‘n geheel te lees en te volg.
Daar word ook in die Observer berig genoem dat dit OGOD se doel is om “die Christelike etos uit skole te verban”. Ek kan nerens, in OGOD se amptelike geskrifte, so ‘n doel of misie opspoor nie. Maar is so ‘n Christelike etos goed? Nie lank terug nie, het die ou Apartheid regering ook beweer om so ‘n Christelike etos te volg. Tog weet ons vandag dat alles nie so heilig was nie. Tot onlangs toe nog, volgens hierdie etos, sou iemand soos ek wat openlik skepties oor geloof is, suimier gestenig word. Goed soos slawerny is nie deur die Christelike etos afgekeur nie. Die vroulike geslag word as minderwaardig gesien en behandel. En so kan ek aangaan. Die skole kan maar gerus die woord ‘Christelik’ van hul morele kodes af verwyder, sonder om die kodes te verswak.
Ernst Marais

Met die debat en koerant berig het ek uituindelik by Hans Peitersen van OGOD ge-eindig. Hy het sy boek, There is a god in my school, vir my gestuur. Nogal 'n lekker lees en ek het sy toestemming om dit hier op die forum te deel. Stuur my 'n email en ek sal die boek terugstuur. [email protected]

As daar nou een ding is in die Afrikaner gees is dit 'n baie sterk “fok jou” dryf wanneer daar skynbaar 'n aanval ontstaan.

Dit maak my baie mismoedig as mense vandag nog geen idee het waaroor die OGOD saak gegaan het, en verder wat die resultaat was nie. Ek verwag dit gaan meer hofsake vat, oor en oor, voor die mense gaan besef hulle breek die wet. En dalk meer belangrik, HOEKOM hulle die wet breek.

As die Amerikaners enige aanduiding is sal daar nooit 'n einde wees aan die hofsake nie. Daar is die wet baie duidelik en eksplisiet. Tog hou die kreasioniste aan om oor en oor te probeer om dit te omseil, en dit gee die een hofsaak na die ander af, vir dekades nou al. Soos 'n Amerikaanse vriend van my dit stel, “the creationsts just keep on pissing on the electric fence.”

Mens het eintlik hier 'n organisasie nodig soos die Amerikaanse ACLU, wat hierdie tipe hofsake kan hanteer, plus al die ander sake wat voortdurend nodig is om seker te maak die Handves van Menseregte en die Konstitusie word nagevolg.

In hierdie spesifieke geval so ek nie aanbeveel dat jy in onverkwiklike Facebook-debatte ingesleep word nie. Daar is eintlik geen debat nie; wat die skool gedoen het is onwettig, punt. Mens wys dit bloot uit. As hulle dan 'n debat wil begin, antwoord bloot: “Ek is nie geïnteresseerd in 'n debat oor die betaan van gode, of oor die meriete van religie nie. Ek wil bloot uitwys dat wat die skool doen onwettig is.”

Natuurlik: as die skool dan aanhou om dit te doen, moet mens ideaal bloot die plaaslike ekwivalent van die ACLU kan kontak, en hulle sal dit gou genoeg stopsit. My Amerikaanse vriend seg my dit is hoe dit in Amerika werk. Meeste van die gevalle kom nie eers by die hof uit nie. Jy gaan lê 'n klag by die ACLU, hulle laat die skool weet dat wat hy doen onwettig is, en meeste van die tyd stop die nonsens net daar.

Was dit nie die doel van OGOD nie?

Maar ek hoor jou op die facebook ding… die Gillette storie, is 'n bloedbad.

Goeie punt: vir hierdie spesifieke saak is hulle straks bereid om dit verder te voer. Iemand sal seker wel 'n klag by hulle moet gaan lê.

Maar ek hoor jou op die facebook ding.... die Gillette storie, is 'n bloedbad.

Sulke debatte dien dikwels geen doel nie, en is bloot 'n mors van mens se tyd. Dit kan natuurlik pret wees: met die meer naiewe kreasioniste is dit soos die spreekwoordelike vis in 'n vaatjie skiet.Maar mens moet nie jouself om die bos lei nie: jy gaan niemand van niks oortuig nie.

In “God Delusion” maak Dawkins 'n heeltemal goeie punt: nie-gelowiges moet dalk meer gereeld uit die kas kom en openlik sê “hier is ek, ek glo nie, en ek is heeltemal gelukkig.” Maar dit is straks teenproduktief om in debatte ingesleep te word wat op die ou end bloot in onaangenaamheid verander. Mens moet nie onnodig vyande maak nie; in my ondervinding is meeste gelowiges nie boosaardige mense nie. Hulle het bloot 'n ander opinie oor sekere dinge.

Dus: mens sit nogal jou voet neer oor godsdiens wat in skole in kinders se kele afgedruk word, insluitend Christelike geloof wat in Moslemkinders (of watter ander geloof ook al) se kele afgedruk word, of 'n staatskool met 'n meerderheid Moslems wat hulle geloof aan Christelike kinders opdwing. Maar: dit gaan hier nie oor of daar gode is, of watter religie indien enige korrek is nie. Dit gaan daaroor om in 'n multikulturele land in vrede saam te kan woon en skoolgaan. Dus moet mens eintlik wegbly van die debat oor die bestaan van gode. Jy gaan niemand van enigiets oortuig nie, en bloot mense wat dalk aan jou kant kon gewees het die moer in maak (vele Christene is 100% ten gunste van sekulêre skole en skeiding tussen godsdiens en staat).

Ja, dit is frustrerend. Mens is soms lus en gryp hulle en skud hulle. Maar aan hul diep geloof self is daar meesal nie salf te smeer nie. Die beste wat ons voor kan hoop is om hulle te verhoed om die mag van die staat te gebruik om vir 'n letterlik “captive audience” te preek.

In "God Delusion" maak Dawkins 'n heeltemal goeie punt: nie-gelowiges moet dalk meer gereeld uit die kas kom en openlik sê "hier is ek, ek glo nie, en ek is heeltemal gelukkig." Maar dit is straks teenproduktief om in debatte ingesleep te word wat op die ou end bloot in onaangenaamheid verander.
My dorp, Middelburg, is maar klein en die mense skinder vreeslik. Ek het altyd onder die skuilnaam 'Goddeloos" briewe aan die koerant gestuur. Met een was daar glo 'n fout mee gemaak en my naam is toe geprint. Snaaks, maar van toe af het ek nooit weer in Middelburg se skole met my mobile planetarium gewerk nie.

Dit is iets wat Dawkins nie aldag in gedagte hou nie: vir vele van ons het dit ernstige ekonomiese implikasies.

Het eendag gesit en praat met 'n oud dominee wat 'n ateïs geword het en toe weldra sy pos verlaat het. Dit was 'n gebroke man. Al sy kwalifikasies tot niet. Hy’t my vertel daar is vele dominees daarbuite wat nie meer enige deel glo van wat hulle preek nie maar moet want andersins is hulle gesin op die straat. Rof.

Die Ooskaap staatsskole is allermins die Christelike invloede gespaar.

My seun is nou al in graad 7 (kan julle glo). Aan die begin van die jaar is daar 'n inligtingsaand waar die (baie knap) skoolhoof en sy onderhoof die ouers vertel van alles en nog wat; huiswerk, dissipline, die jaarlikse sokkie, die hantering van boelies, fondsinsameling, die prys van boeke ensomeer. Elke onderwyser gee dan ook so 'n kort toesprakie oor die aangeleendhede wat op haar/sy vak van toepassing is. Of ek, of Mev Kent woon gewoonlik hierdie inligtingsaand by, afhangend van wie die kortste vuurhoutjie trek.

Die natuurwetenskaponderwyser (ook andersins baie knap) het my laat regop sit omdat ek nogal omgee oor wetenskap en belangstel in die aanbieding daarvan. Die onnie het onder meer genoem dat hierdie jaar 'n module insluit oor voortplanting en seks. Hy het egter die ouers gerus gestel deur hulle te verseker dat die gedeelte oor voortplanting “op 'n Christelike manier” aangebied sal word. Ek wou hom nog per brief vra hoe 'n mens wetenskap op 'n Christelike manier aanbied, maar ek het my antwoord spoedig ontvang to my seun my een middag meedeel dat vroue in kraam pyn ondervind as gevolg van die sonde in die paradys. Ek sê toe vir hom " Jy weet dis stront, nê?" Hy sê toe ja, maar het gedink ek sou dit interessant vind.

Genugtig.

My brief, soos hierbo, is toe in vandag se Observer, onder die opskrif “Gelowe met feeverhale vergelyk”. Sal sien of daar een of twee antwoorde in volgende week se uitgawe is.

Dis nogal ironies: vroue ondervind pyn in kraam omdat mense se koppe so groot is. Blykbaar om ons groot breine te huisves. Dit is nie die indruk wat mens kry as jy met kreasioniste gesels nie. :slight_smile: