Ongelowige maar goeie mense gaan nie hemel toe

Val my oë top op die artikel oor ou Buchan in vandag se Rapport en ek kon myself nie keer om die artikeltjie te lees nie.
Verbaas is ek toe die berigskrywer die volgende uitlig:
“Hy het die skare ook weer daaraan herinner dat dit nie goeie mense is wat hemel toe gaan nie, maar diegene wat glo.”
Is dit verkeerd van my om aanstoot te neem hieroor? Ek probeer minstens 'n goeie persoon te wees. Ek steel nie; ek hou my woede vir myself. Ek het selfs nog nooit gerook of dwelms gebruik nie en drink myself nie grond toe elke naweek nie. So, maak nie saak hoe goed ek probeer wees nie, ek sal maar altyd 'n lae-klas persoon wees in die oë van mense soos Buchan en sy aanhangers.
Wat moet ek maar doen - stilsit, stilbly, en dit vat soos dit kom?

In dieselfde lyn en net so verbasend is dat iemand wat hulle lewe lank kinders verkrag het hemel toe kan kom op voorwaarde dat net voor hulle sterf, hulle bekeer en die “gristelikke jirre” as hulle verlosser aanvaar. In teenstelling, ateïste wat hulle lewe lank ander mense gehelp het en by voorbeeld verdrink terwyl hulle ’n kind se lewe red het geen kans nie.

Terwyl ek self nie my kop daaroor sal wil breek nie, is juis díe boodskap, myns insiens, een van die hoofredes hoekom Angus Buchan en sy volgelinge ’n afskuwilike klomp mense is.

'Luthon64

Dis nou natuurlik as daar 'n hemel is né?
Ek sal in elkgeval maar eerder nie na 'n plek wil gaan wat vol mense soos Buchan en sy aanhangers is nie… ;D
'n Ewigheid met daai klomp! Pure hel!

Ek het al op 'n tyd ook gesit en wonder hoeveel van daardie mense werklik saamstem met als wat op die verhoog gepreek word. Hoeveel staan of sit daar en dink ver agter in hul kop dat hierdie man voor hulle eintlik 'n klomp snert praat maar ook net te bang is om teen die meerderheid te praat.
Maar net van die los gedagtes in my kop.

Geloof is uit sy aard uit ’n gemeenskaplike oefening. Daar is mos geen punt of pret daarin om sekere ander mense in woorde te verdoem en jouself beter te laat voel oor jou eie tekortkominge as daar nie ander mense teenwoordig is om dit te hoor en met mekaar saam te stem nie. Die gemeenskaplike aspek is ook ’n rede hoekom geloof so moeilik is om uit mense se koppe uit te kry.

'Luthon64

Wat moet ek maar doen - stilsit, stilbly, en dit vat soos dit kom?
Vra jouself die vraag: "van [i]wie[/i] kom dit?"

Barryl

Ek sien hierdie is ‘n 2008 “post” maar aangesien Barryl ook gepos het, kon ek nie anders nie :wink:

Ek wonder of gelowiges al ooit verder oor die volgende situasie gedink het:

Hy leef 'n baie voorbeeldige lewe, morele waardes en standaarde, ten volle volgens die bybel. Hy sterf op sy oudag en gaan hemel toe en sy vroutjie volg 'n paar jaar later. So volg sy kinders een op die ander, maar die heel laaste kind, die lieflingskind, die punt van hul hart daag nie op nie, want hy het in sy tienerjare 'n CD gesteel waarvoor hy nooit om vergifnis gevra het nie. Ja, hy is hel toe en gaan in die ewige vuur brand daaroor.
Let wel: Hul het gekry waarvoor hul gevra het, die ewige lewe, met die wete dat hul Lieflings kind in die hel is. Gaan dit dan nog steeds vir hul 'n plesier wees om daar te wees, om vir ewig te weet jou kind lei? Watse hemel is dit dan??? Wil hul dan regtig nog in die hemel wees? Of moet hul daar sit en sê: „Brand maar jy wou mos nie luister nie” Ghee dit maak nou “sense“ Dieselfde situasie as dit jou man, vrou, kind, Ma of Pa wat “kamptig” daar kan land.
Hoe redeneer die mense?
Punt is: Wie in sy “right mind” sal hemel toe wil gaan as hul geliefde in die hel lei?

Die idee van die hemel klink nog nooit vir my baie aanloklik nie…

Ek sal alles weet, so wat doen ek dan met myself?

Lofsing en prys die Here tot in ewigheid? Sal dit nie vervelig raak na, hoogstens, 10 minute nie? Wat doen ek dan vir die RES van ewigheid? Daars niks om oor te praat nie, almal weet alles…

“Re-incarnation”, nou dit sou ek nog kon oorweeg, solank ek 'n lopende geheue kon behou. Ongelukkig gaan mense wat in sulke goed glo hel toe. (as jy nou in sulke dinge WIL glo)

'Luthon64