Tussen Middelburg en Loskop Dam is die Kranspoord Pas. Bekend vir die hoê ongeluk syfer, dit word ook die pas van die dood genoem. 'n Paar weke gelede (soos berig in die Middelburg Observer) is daar besluit om te bid en “God te vra om nie meer ongelukke hier te laat plaasvind nie”.
Ek het myself ingehou en nie gevrae wie die ongelukke veroorsaak nie - God of mense? Hierdie week is daar 'n berig dat gebed gehelp het omdat iemand deur die pas is en toe 'n ongeluk buite die pas gemaak het. ???
Dit word nou gesien as bewys vir die krag van gebed. Natuurlik moet daar na 'n jaar of wat na die syfers gekyk word en dan eers kan jy gevolgtrekkings maak, as daar 'n abnormale verskil is. Ek wonder wat se verskoning sal gebruik word met die volgende nootlottige ongeluk in die pas? “God werk op snaakse maniere” of dit is “Satan se werk”?
Jy sou dink dat gebed teen noual sy mag sou verloor het - so baie word nie beantwoord nie, maar dit is seker maar soos die Lotto - 'n groot genoeg wortel en mense sal maar aanhou.
Dis nou as hulle gebid het dat mense eerder verongeluk buite die pas as binne die pas. Wat hopelik nie die geval was nie…