"Ons kan doen net wat ons wil"......

Oppas, ‘entstowwe’ kan gevaarlik wees 2010-05-24 08:40

Kaapstad - Ongetoetste en ongeregistreerde “entstowwe” mag nie as medikasie voorgehou word nie.

Só het dr. Johan Prinsloo, voorsitter van die beroepsraad vir homeopatie, naturopatie en fitoterapie by die Allied Health Professions Council (AHPCSA) gesê.

Homeopate het hulle die laaste tyd van homeopatiese “entstowwe” gedistansieer nadat dit aan die lig gekom het ’n Kaapse apteek vervaardig onwettig sy eie weergawe van vanjaar se drieledige griepentstof te midde van ’n landwye tekort aan die ware entstof.

’n Ander geregistreerde maatskappy het ’n aanvuller as ’n plaasvervanger vir die griepentstof bemark deur navorsing misleidend in hul bemarking aan te wend.

Die A. White-apteek in die middestad het intussen vervaardiging van sy produk “Influenzinum 2010 200CH” gestaak nadat die Medisynebeheerraad (MBR) aangedui het hy gaan die produk ondersoek.

Dr. Joey Gouws, direkteur van die inspektoraat vir wetstoepassing van die MBR, het gesê die “entstof” kan lewensgevaarlik wees omdat die veiligheid daarvan nie bewys is nie.

Die apteek hou voor sy produk is homeopaties hoewel dit nêrens as ’n homeopatiese produk bemark word nie.

Ook Prinsloo het gesê dié produk is nie ’n entstof nie en dat die bemarking daarvan onwettig is.

“Hulle kan dit nie adverteer as die produk nie getoets en geregistreer is nie. Dit is misleidend vir die publiek,” het Prinsloo gesê.

Gerald Schaffer, eienaar, het gesê hulle mag die produkte vervaardig omdat dit ’n homeopatiese apteek is. “Ons kan doen net wat ons wil.”

Prinsloo het egter gesê alle homeopatiese medisyne moet ook by die MBR geregistreer word.

“Daar is nooit wetenskaplik bewys dat dit teenliggame kan stimuleer nie. Dit is nie ’n entstof nie.”

Die publiek moet op die uitkyk wees vir die U-nommer en sogenaamde Nappi-kode op produkte om seker te maak dit is geregistreer.


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Oppas-entstowwe-kan-gevaarlik-wees-20100523

Jammer om te se, maar ek dink ons het 'n dood nodig en 'n opvolgende moordsaak om hierdie nonsens die nek in te slaan…

in my opinion, moet alle goeters wat ek my lyf sit, eers getoets word tot infinity. ek kan netsowel marmite in my are inblixem as ek voel 'n verkoue kom aan.
die goeters word getoets en dit kos helse baie geld, maar hel, liewer dit as wat ek lepel in die dak steek.
die homeopath mense vat 'n vet kans. wil 'n quick buck maak, en boggeroff. en ek scheme ja, as die dudes jou goed gee om te suip, al maak dit niks, sal ek hulle aankla van poging tot moord. eerstens, die untested goed kan jou kak siek maak, om permanent opdonner, of vrekmaak. en as dit boggerol maak nie, dan help dit nie jou siekte nie, en jy dink jy kry regte hulp. wat jou ook sieker gaan maak, en dalk kan laat peg.
daai mense is, soos die ingilse weg, a kwack.