Het “per ongeluk” op 'n familie byeenkoms opgeland oor die naweek. Nou, ek is (in my eie opinie) 'n ou vrou met twee uitgevrete tiener seuns (14 en 18). My ma se jongste broer (dus my oom), was 'n laatlam en het twee klein kindertjies van so 5 en 7 jaar oud, ek het hulle gister vir die eerste keer ooit ontmoet.
Ek word toe ewe droog op my voornaam voorgestel en die ou dogtertjie “Hallo Tannie” my te pragtig met haar wysvinger in die mond, die arme kind word toe ingevlieg omdat sy my “tannie” noem - want by regte is sy my niggie… ek koes en keer net vir die spoeg en skel, en die arme dingetjie bars in trane uit. EK word toe reggestel en my 18 jarige hardebaard seun word aangese om vir die kinders onderskeidelik “oom” en “tannie” te noem… WTF??? - Dis glo BLOED en nie OUDERDOM wat respek afdwing. HUH???
Nee-wat, ek het beslis die regte besluit geneem destyds om hierdie lot af te skryf as 'n lost cause.
Ek verpes dit as mense my ‘tannie’ noem. Eish sulke afrikaner familie samekomste is verskriklik… Ek is gelukkig met my familie, ek noem my tannie (my pa se suster, so, regtig, my actual tannie) op haar voornaam en my pa se ander broer se vrou (ook my tannie) moet ek tannie noem. Ek het uiteraard baie meer respek vir die dame wat ek op haar voornaam noem (ek kan skaars die ander tannie se naam onthou)
Die hele ‘oom, tannie’ ding is in my opinie gladnie 'n teken van respek nie, dalk het die tradisie begin omdat afrikaanssprekende jonges tradisioneel te onintilligent geag is om al die ooms en tannies se regte name te onthou.
Ja so is ek ook al baie keer uitgeskel omdat ek iemand min-of-meer my eie ouderdom “durf” op die naam noem. So, wat ek nou doen is om die wat dit verdien “antie” te noem, net om die ouderdom ding in te vryf. ;D
ek skeem, dat as jy oud genoeg voel, en jy regtig in jou swart, boring harjie voel, dat jy wil oom en tannie geheet word. go for it boet.
persoonlik, kraam ek 'n otter as iemand my tannie seg. soos iemand in my skool altyd geseg het ‘ek is nie getroud aan jou oom nie’.
my sister se laaitjie tune my op my naam. ek is heeltemal te cool om 'n tannie te wees.
as 'n kid my uit respek tannie gooi, cool, ek verwag dit nie, maar dis oraait, ek sal hom wet reghelp.
maar die ouderdom ding is complete kak.
twee van my beste buddies is straks amper 20 jaar ouer as ek. en ek dink hulle moer my kort duskant dood as ek hulle tannie en oom tune.
pal het ek ook niks kontak met al my tannies en shit nie, die meeste van hulle is regte ou droe drolle, maar die oudste en die jongste, is heel oraait. dit voel net heel weird om hulle tannie te tune.
as ek vir jarre geswot het, en my muur is vrot van die certificates in rame, dan tjune jy my prof of dok, annersins het my pa my 'n heel skaflike naam gegee, baie fokken dankie.
Luister GCG, soos ek 'n ruk t’rug geseg het…jou gebruik vannie taal is 'n toniek. Die ‘oom, tannie’ ding is ook in Engels maar Auntie het sterk familie verband en gewoonlik se die aangespreekte 'I’m not your Aunt (unless she is!)…my kinders se vrinne noem my egter of Brian of Mr Stewart, dis hulle keuse…in Afrikaans is die gebruik van tannie/oom etc. meer 'n volksmond ding as 'n saain van respek. Ek’s 65 en het geen probleem as 'n kleintjie (soos my 11-jarige kleindogter se vriende) my op my naam noem nie…maar maak g’n fout as 'n kleinkind my Oupa noem is ek trots daarop…as sy/hulle egter my Brian wil noem…no sweat.
Ek is min of meer pro oom en tannie. Wat’s nou eenvoudiger as om hierdie terme gebruik waar iemand duidelik gryser en wyser is as jouself. Kinders is oor die algemeen heel gemaklik daarmee - seker daarom dat die klein dogterjtie in jou “rant” se eeste impuls was om jou tannie te noem toe sy jou groet. Voorname voel vir party kinders baie vreemd, en “meneer en mevrou” is darm sielsdodend formeel, veral in die geval van familie. Maar bygesê, dis vir my ook vreemd dat jy jou jonger genealogiese oom as sodanig moet aanspreek. Ek dink nie dit word eintlik in die praktyk so gedoen nie. Waar ek vandaan kom is die kriterion vir oom- en tannieskap slegs die ouderdomsverskil, nie op watter tak van die stamboom jy sit nie.
Ek het selfs al by 'n maatskapy of twee gewerk waar van die ouer personeel nog ge-tannie word! Maar hier sou ek nogal die streep trek en eerder na mevrou toe oorslaan.
as jy nou wragtig in jou eie dinges op gekruip wil wees, en op die tannie/oom ding insist by die werk, dan moet jy maar happy wees met 'n mister of maddum. die enigste keer wat ek ooit iemand gemister het by die werk, was toe ke vir chinese gewerk het, en die baas was so oud soos die berge, en hy het soos mr miagi gelyk. niks minder as respek vir daai ou dier nie.
maar as jy nou stropperig wil wees, ek sal jou mevrou, as jy nou so danig daarnatoe is, mar tannie en oom by die werk nie. even as die bal homself as oom voorstel, sal die eerste naam 'n go gee, en as hy dit nie laaik nie, dan nou maar mister.
ek dink anyways, deesdae is net power-tripping jong excecs geworry oor die mister ding. en, nie om nou rasis te wees nie, maar swart besigheids mense. maybe is dit lekker as 'n witte hom mister something or other noem. kyk, as die bra die titel verdien, by all means, annersins, wat’s jou naam nou weer?
Dis seker al 'n ou grap, maar laat my dink aan 'n ou bok wat verwys het na 'n aantreklike jong kelnerin wat hom bedien het. Hy reken daars nie fout as sy vir hom oom sê nie, solank sy net nie nee, oom sê nie.
Die het ek nou nog nie teegekom nie, miskien is dit maar die plek wat ek werk, in alle eerlikheid, ek werk veel eerder vir 'n welopgevoede, geleerde, intelligente swart man as 'n wit een. Hulle is geneig om dinge anders te doen en luister oor die algemeen beter na jou as 'n witmens in dieselfde posisie. Maar dis nou net 'n opinie vanwee my eie ondervinding.
Oor die algemeen het ek nou regtig nie issues om ge"tannie" te word nie, veral nie as dit uit klein kindertjies se monde kom nie, die tieners help ek net reg deur vir hulle uit te wys dat dit beledigend is om my tannie te noem want hulle maak my oud voel, voornaam is reg. My seuns se pelle noem my “Misses B” - dit kom nou al jaaaare, en my seuns “misses x” die pelle se ma’s ook. Dit blyk aanvaarbaar te wees in die engelse kringe.
Ek werk by skole en aan die begin maar moeilik gewoond geraak aan die kinders wat my oom genoem het. Nou begin die onderwysers egter my oom noem! Het bietjie myle op maar magtig! Dit laat jou oud voel.
ek vermoed nogsteeds die enigste rede hoekom afrikaanse kinders alewig wil ‘oom en tannie’ is omdat ons te lui is om almal se name te onthou.
Moet erker, dit maak dinge makliker (want om te ‘jy en jou’ is ook natuurlik taboe) Regtige klein kindertjies gee ek ook nie om as hulle my ‘tannie’ noem nie, want hulle is regtig nog klein, en ek gaan hulle nie kwallik neem as hulle nie my volle voornaam wil/kan onthou nie. Maar as dit iemand is met wie jy in gesprek tree kan hulle wragtag die moeite doen, voel ek, om jou persoonlik aan te spreek. :-\