Oor respek en godsdiens in die werkplek

Mintaka is bietjie in die str*nt by die werk.

In my afdeling werk daar 'n goeie versameling Moslems, Christene, agnostici en woo-kunstenaars.

Met oggendtee was ek so verdiep in 'n boek deur David H Levy, dat ek die ongewone maar welkome debat oor godsdiens en die bestaan van God slegs met so 'n halwe oor gevolg het. Een ou het, soos iemand maar altyd doen, binne een minuut die teekamer uitgestorm in 'n duidelike staat van verontwaardiging, sonder om eers deel te neem aan besprekinge. Nogal jammer, het ek gedink, God sal soveel as moontlik van sy stryders nodig he in hierdie een … die agnostici het bloed geruik en die aanslag verkerp.

Toe vra ek myself maar af: Wat sou Dawkins gedoen het? Het toe maar Quest for Comets opsygeskuif en saamgepraat. Miskien kan 'n verroeste skeptikus iets bydra.

Een dametjie, noem haar maar Ester aangesien dit nie haar is naam nie, het gesweer daar bestaan by haar geen twyfel in God nie want hy praat met haar in haar persoonlike hoedanigheid ens. ens. Skielik het etlike paragrawe uit The God Delusion deur my brein gespoel, en ek het trots vir Ester megedeel presies wat alles met haar argument vekeerd is. Tot my verbasing het sy nie saamgestem met my dood logiese verduidelliking dat sy in alle waarskynlikheid 'n skisofreen is nie, en toe moes ek hoor ek het nie respek vir ander se opinies nie.

Daaroor moes ek eers bietjie dink. Teen middagete kon ek haar my gevolgtrekking gee:

Ek het nie respek vir jou opinie as dit -

  1. nie eers 'n poging aanwend om my te oortuig nie
  2. geheel en al gebrekkig is aan logika
  3. gebasseer is op onbevestigbare bewyse
  4. nie ten minste interessant of komies is nie

Toe ekstrapoleer sy dit na: jy respekteer nie ander mense nie. Dit moes ek egter ontken. As my medemens is jy geregtig op my respek. Jou opinies moet my respek verdien.

Is ek reg of praat ek twak?

Groete,
Mintaka

PS - ek beter maar gou 'n “slab” gaan koop …

Basies gesproke, nie eers dit nie. As my medemens is jy net geregtig op my respek vir jou grondwetlike regte. Niks meer as dit nie. Enige ander respek van my sal jy moet verdien. Of afdwing.

Prakties gesien, is dit natuurlik nie hoe mense hulself gedra nie. Dikwels gee ons respek voor vir die eenvoudige rede dat dit die lewe vir almal ’n bietjie meer gemaklik of verdraagsaam of aangenaam maak. Ons is, ten einde, sosiale skepsels.

'Luthon64

In Utopia behoort dit anvaarbaar te wees om etiket oorboord te gooi tydens 'n debat. Sosiale protokol hang soos 'n anker om die nek van 'n goeie argument. In die raamwerk van die argument, behoort 'n mens so ongeskik te wees as wat jy wil.

Maar nou ja, soos jy hierbo noem, die praktyk is 'n ander storie. Om 'n opinie te verkoop, gaan dit nie net oor die substansie daarvan nie, maar ongelukkig ook oor die kleur van die verpakking.

Terselfde tyd, behoort dit in Utopia anvaarbaar te wees om te verwag dat jou teenstanders jou argumente (1) ordentlik verstaan, (2) ordentlik aandag daaraan bestee, en (3) ordentlik teenargument daarvoor sal aanbied.

In die praktyk is die bogenoemde baie skaars die geval. Die onderliggende gedagte is dat dit baie meer belangrik en waardevol is om beskaafd te wees as om die waarheid met beslistheid te soek. Ek dink ons persoonlikhede is te maklik geneigd om sommer in te meng waar rede en/of kennis faal.

'Luthon64

Miskien 'n bietjie off topic, maar ek is 'n newbie, verskoon…

As ek nog EEEEEEN!!! soetsapige daaglikse godsdienstige wensie per email kry…

Die boodskap gaan net nie deur nie. Ek het al gevra dat ek van hul email-lyste verwyder word, ek “delete” sonder om te lees, ek se vir mense dat ek 'n ateis is, maar ek ontvang steeds daagliks my blommerige, kruiserige kruise.

Ek het nou 'n lieflike arsenaal “quotable quotes” voorberei. Die volgende een wat my openlike wense so disrespekteer deur sulke gemors aan te stuur, gaan in dier voege terugbetaal word.

Woo-Hoo! Dinge het pas lewendig geword by die werk. Ek het al vergeet hoe lekker dit kan wees as dinge kontroversieel begin raak.

Dinge het pas lewendig geword by die werk.

Dietyls, dude, wasie djoesie dietyls? :wink:

Mintaka

Na ontvangs van my daaglikse dosis, het ek hierdie quote teruggestuur (na die CEO se sekretaresse):

Religions are all alike & shy; founded upon fables and mythologies. -Thomas Jefferson, U.S. President, author, scientist, architect, educator, and diplomat

Please do not send me religious stuff, I find it really offensive.

Ek verklaar die volgende paar maande as 'n “high fallout period”.
Bring it on ;D

Dis verseker. Sterkte!

Tydens weeklikse vergaderings wil sommige staatsorganisasies godsdiens hou. 'n Vriendin van my se baas, 'n ateïs, sê hy is nou heeltemal deurmekaar.

Hy weet nie of hy melk moet uitsit vir die onsigbare kobra, 'n hoender se kop afsny of die Bybel uithaal nie.