Patrick Swayze-fliek laat haar die lig sien

Ek weet nie wat is die mees surrealistiese nie: die artikel self of die kommentare daaronder… :slight_smile:

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Patrick-Swayze-fliek-laat-haar-die-lig-sien-20120616

Patrick Swayze-fliek laat haar die lig sien

Nou kan gewone mense ook met die dooies praat.

In die TV-vrou Marietta Theunissen (57) se nuwe boek, Ultimate Transformation, leer sy die leser hoe om sy of haar sesde sintuig te gebruik om met geeste te kommunikeer.

Theunissen, wat Die anderkant op kykNET aangebied het, woon in Nieu-Seeland, maar is in Suid-Afrika om haar boek bekend te stel.

Die boek begin met hoe sy die eerste keer agtergekom het dat sy met geeste kan praat toe haar skoolliefde in ’n motorongeluk gesterf het.

Toe sy Peter (sy verstrek nie sy van nie) se begrafnisdiens bywoon, het hy heeltyd met haar gepraat en gesê hoe baie mense hom kom groet het. Steeds was Theunissen, soos baie Suid-Afrikaners, skepties oor die geestewêreld en sy bestaan.

Totdat sy die fliek Ghost (met Demi Moore en Patrick Swayze) gesien het. Toe begin alles sin maak.

In die boek waaraan sy die afgelope vier jaar lank geskryf het, vertel sy hoe sy geleer het om haar “gawe” te gebruik om mense te help, wat presies met mense gebeur as hulle sterf en hoe om geeste uit ’n huis te verdryf.

In ’n onderhoud met Rapport het Theunissen gesê sy voel dis tyd om mense in te lig oor energieë.

“Elkeen van ons kan geeste aanvoel. Mense weet net nie hoe om hierdie vaardigheid te gebruik nie.”

Oor die klippe wat dikwels na haar kant gegooi word, sê sy: “Mense kritiseer my omdat ek name verkeerd kry. Ek is nie goed met name nie. Ek konsentreer wél op die boodskappe wat geliefdes aan die anderkant aan hul lewende families wil gee.”

Theunissen sê sy word oorval met bedankings. “Ek voel bevoorreg dat soveel mense al vir my gesê het ek het hul geloof weer teruggebring.”

In Nieu-Seeland hou sy gereeld vertonings waar sy mense help om met geliefdes te kommunikeer.

En haar mening oor 21 Desember 2012, die dag van die vermeende wegraping? “Die aarde spoeg die mensdom se emosies uit met natuurrampe. Ons sal op daardie dag sien wat gebeur. Maar daar sal ’n skuiwing in die mensdom kom. Ek sê altyd leef vir vandag. Môre is nie verseker nie.”

  • Ultimate Transformation verskyn by Kima Global Publishers.

Ja nee, die kommentare is nogal insiggewend.
Veral as jy iets sien soos: Moenie jou ophou met sulke dinge nie: Gaan lees wat se die Bybel.. So click 'n mens die op of af duimpie vir daai een? :confused:

Rigil

Ja-Nee, sy’t die lig gesien, “hier is geld te make”. En glo my, sy maak baie, die antie wat my ma so elke drie, vier maande gaan sien, vra so om-en-by R600 vir 'n uur se kakpraat, en sy is WEKE vooruitgeboek.

Ek wonder altyd hoe veel die mense hul self glo en hoe veel weet hulle, hulle is vol kak?