Pot noem die ketel swart

Ek het gisteraand 'n planetarium vertoning vir die Voortrekkers (het nie geweet hulle bestaan meer nie) by 'n kerk aangebied. Terwyl ek wag het iemand 'n geselsie kom aanknoop. Ek het eers later agtergekom dis die hoof domenie van die betrokke kerk. Ek wys hom toe vinnig wat ek binne in die koepel vir die kinders wys, onderandere, die ou Griekse sterrebeelde. So terloops noem ek dat dit natuurlik nonsens is maar dat 'n mens tog kan verstaan dat die ou mense hienin geglo het aangesien hulle nie van beter geweet het nie. Hy trek toe los en gee my 'n hele preek oor hoe simpel mense is om nog steeds hierdie nonsens te glo, tenspyte van al die bewyse daarteen. Ek merk toe op dat daar baie ander gelowe soos hierdie een is en as 'n mens maar net die woorde “sterre voorspel” met die geloof sin vervang, die argument dieselfde sal bly. Hy stem toe met my saam en noem as 'n voorbeeld mense wat in spook stories glo.
Ek wonder wat hy sou sê as 'n mens daai preek kon tape en “Sterre voorspel” met “Christendom” vervang.

In “The God Delusion” vertel Richard Dawkins 'n soortgelyke storie van 'n dominee wat hom dood wil lag vir die praktiseerders van die “cargo cults” in die Stille oseaan…