Prometheus Ongebonde - George Claassen se joernaal

Goeiedag, ek is nuut hier en moet bieg dat ek net aangesluit het omdat ek op soek is na George Claassen se joernaal “Prometheus Ongebonde” (of hoe dit ookal vandag heet, indien dit ooit nog bestaan).

Ek het gister sy boek “Geloof, bygeloof en ander wensdenkery” gekoop en bietjie op die internet gesoek toe ek sien hy het 'n joernaal by WordPress gehou onder bogenoemde naam. Alhoewel die amptelike Skeptics South Africa-webwerf nog na die WordPress-joernaal skakel, bestaan daardie joernaal nie meer nie of het dit geskuif.

Help 'n bietjie uit hiersô.

By voorbaat dank.

George se oorspronklike blog, Prometheus Ongebonde, bestaan nou al omtrent sedert Oktober 2009 nie meer nie. Die hele ding is summier verwyder kort nadat George ’n inskrywe oor geloof in skole daar gepos het. ’n Maand of wat daarna het hy ’n nuwe WordPress blog, Prometheus Liberated, geskep wat na drie inskrywes binne minder as ’n maand ook heeltemaal verwyder is. Ongelukkig blyk dit dat daar geen argief van die materiaal bestaan nie.

Soos ek dit verneem het, was George se vrou wie ’n boekwinkel op Stellenbosch bedryf, bedreig en daardeur is hy gedwing om sy skrywes teen geloof te staak en al die bestaande artikels te verwyder, maar ek kan dit nie bevestig nie.

'Luthon64

The reaction to the blog on religion in schools seems to have set the cat amongst the pigeons and the word was very definitely of threats made against his wife’s business.
A true example of freedom of thought and speech!! The truth that George expressed was too much for the bullies instead of putting their case into the public arena they resorted typical strong arm tactics and economic censorship.
I miss his writing!!

But it’s always been in religions’ ethos to meet opposition with violent oppression and forceful silencing rather than with reason and considered argument. Because, evidently, it has none of the latter. The tradition is as long as it is proud, and it is apparently the only way that religion manages to “withstand” critical scrutiny.

'Luthon64