Re: Afrikaanse Boeke

Hi Armando,

Ek is nie veel van 'n resensent nie,maar sal baie graag jou boek wil lees. Is dit al te koop erens?

Groete,
Mintaka

Hi Armando,

Ek sou baie graag 'n kopie van jou boek in die hande wou kry. Dit is hoog tyd dat iemand 'n ordentlike boek oor ateisme skryf.

Groete.

Mintaka en Sentinel, dankie vir die belangstelling. Soos ek gesê het sal ek die boek aanstuur. Ek sou net graag ook terugvoering wil hê, as julle klaar is daarmee, oor bv of die taalgebruik aanvaarbaar is en of die boek “lekker lees”. Ek is amper seker daarvan, as ek na julle “posts” kyk, dat julle die inhoud sal goedkeur. Nou, bel my by xxxxxxxxxx en gee my julle posadres asb.
Groete, Armando.

Gebruik asb PM of email vir kommunikasie - ek dink nie dis 'n goeie idee om jou tel nr so op 'n publieke forum te los nie :wink:

Dankie Bluegray, ek wou dit self voorstel. Die selnommer het wel sy doel gedien. (Ons is almal vriende hier)

Ek verneem dat ek en Mintaka albei vanoggend met Armando kontak gemaak het. Ek sien daarna uit om sy boek te lees.

Goeie more, almal. Bluegray V, jammer oor die foonnommer. Ek het dit nie so gesien nie. Dankie vir die afhaal daarvan. Dit hét egter, soos Sentinel sê, die doel gedien. Ek het geen inligting meer van jou ontang ivm 'n posadres nie.
Armando.

Het u my posadres en my e-pos gekry? Indien nie, gaan lees Private Messages (PM) of selekteer hierdie skakel

Hallo. Ek’s nuut op hierdie forum.
Ek wil graag weet enige een (Mintaka en Sentinel?) al Armando se boek gelees het, en wat julle daarvan gedink het?
Ek het dit 'n maand terug gelees, en het gedink dit nie te sleg nie. Aangesien dit my eerste post ooit op 'n forum is wil ek ook weet of dit slegte etiket is om so 'n ou thread weer aan te roer; het die goed 'n raklewe?

Hello Watookal en welkom.

Ja, Armando was gaaf genoeg om vir my 'n kopie van sy boek te stuur, en ek het hom my volledige resensie gegee.

In opsomming dink ek dis 'n goeie, dapper en selfs 'n landmerk boek. Die inhoud is puik, en die argumente onbetwisbaar. Die skryfstyl is nogal kompak en ek het gevind die boek lees as gevolg daarvan nogal aan die stadige kant, en jy moet wakker bly om niks te mis nie.

Ek kan nie wag om dit op die rakke te sien nie, en - durf ons hoop - in skoolbiblioteke.

Ek weet party forum admins raak ontsteld oor ou drade wat oopgekrap word, maar ek het dit nog die hier ondervind nie. Ek kan egter nie namens Bluegray praat nie.

Cheers,
Mintaka

Nee wat, pla my nie. Solank dit op topic is :wink:
O ja, welkom Watookal!

Hi

Ja, die probleem is net watter topic. Die onderwerp is hier bespreek, maar is ook in Armando se boek.
Volgens Armando se boek is daar nie so iets soos Christen kinders nie, net kinders van Christen ouers. Ek stem saam hiermee, maar stem nie saam dat hulle dus ateïste is nie. Ek dink my kinders glo net dieselfde manier in jesus, kersvader en die tande muis. Die oudste glo nog net in jesus, die middelste nog net in jesus en die tande muis, en die jongste glo nog in al drie. Ek hoop om hulle dieselfde verduideliking te gee wat my pa my gegee het op 14 dat daar niks mee verkeerd is om te glo in jesus, kersvader en die tande muis as hulle wil nie; maar dat ek self dit ontgroei het. Ek sal ook byvoeg dat “the meek shall inherit the earth” en ek nie myself daaronder tel nie.

Ek het gehoop ek kan ander se opinies kry oor of ek my kinders 'n onreg aandoen om hulle te laat glo; en of ek hulle 'n groter onreg doen om hulle die enigste kinders in 'n laerskool te maak wat nie glo nie. My opinie is dat hulle (klein kinders) die kapasiteit het om te glo, maar nie die kapasiteit het om anders as die norm te glo nie. Dit is dus vir my beter om hulle te laat glo wat die huidige norm is in hulle omgewing.

my siening - jou eerste skrywe was piekfyn, die tweede dalk beter onder die ander spraakbaan. Tensy jy verkies het om in Afrikaans te kommunikeer. Maak nie regtig saak nie.

Wat dit ook al mag werd wees, geen onreg mbt jou kinders nie. My ma het my elke blêddie Sondag, Sondag skool toe geneem en dit terwyl sy self maar getwyfel het. (nie self kerk toe gegaan byvoorbeeld nie)Sy het 'n belofte aan God gemaak sien? ::slight_smile: Ek het heel duidelik oor dit gekom en anders as ander, wel dinge geleer by Sondag skool wat ek vandag nog toe onthou. (obskure Bybel stories spook nog by my soms) Moeder lief is vergewe (en op haar ou dag self meer ateïsties as iets anders en verlief daarmee)en geen skade is gedoen nie.

Dalk teen die tyd wat hulle skool toe gaan sal ek anders voel. Want skool het nogal letsels gelaat.

Verder het ek George Claasen se boek gelees (tydjie terug) en dit interessant gevind. Ek sal Armando se boek koop wanneer dit beskikbaar is en julle my die titel meedeel.

Gesplit hierna toe:
http://forum.skeptic.za.org/afrikaans/ateisme-en-kinders/