"SA is nie alleen in dié verval"

Leopold Scholtz se ontledings is dikwels nie te vrot nie, en dié een is ook interessant:

SA is nie alleen in dié verval
http://www.beeld.com/Rubrieke/Gasrubriekskrywers/SA-is-nie-alleen-in-die-verval-20130222

Dit sit uiteen hoe lande in suidelike Europa, soos Italië en Spanje, met presies dieselfde probleme worstel as ons, naamlik toenemend korrupte politici en regeringsamptenare. In noordelike Europa is die probleem nie naastenby so erg nie.

Maar ek vind een paragraaf aanvegbaar:

“Die redes is kompleks, maar die agteruitgang van godsdiens en die groei van ’n siellose markgedrewe ideologie en aanbidding van geld en materiële goedere het sekerlik iets daarmee te doen.”

Sover my kennis strek, is dit juis in noordelike Europa waar godsdiens die meeste “agteruit gegaan” het, en is dit juis in suidelike Europa waar die kerk nog 'n beduidende rol speel. En dan wel die Katolieke kerk, in sigself straks 'n volslae korrupte geldmaakskema. Siellose materialisme speel na alle waarskynlikheid wel 'n rol, maar dit is baie opmerklik dat dit juis in die mins godsdienstige lande in noord-wes Europa is waar mense minder geneig is tot materialisme, en juis in die meer godsdienstige lande, soos Amerika, waar materialisme hoogty vier.

En hier in Suid-Afrika? Wel, as ons politici nie in hulle luukse huise en motors ontspan nie, sit hulle in die kerk, waar karakters soos Pastoor Ray McCauley ('n ou wat lyk of hy self nogal die goeie dinge in die lewe geniet) sy seën oor hulle uitspreek…

Sover my kennis strek, is dit juis in noordelike Europa waar godsdiens die meeste "agteruit gegaan" het, en is dit juis in suidelike Europa waar die kerk nog 'n beduidende rol speel.

Ek dink, jy het gelyk. Dis presies soos jy sê.

Dit kan ek beaam. Ek woon al meer as vier jare in Holland en dit is opvallend hoeveel minder materialisties die Hollanders as Afrikaners is. 'n Eks-meisie van my was verbaas met hoeveel duur karre op die pad in Suid-Afrika is.

Die lande met die meeste maatskaplike beskerming - Skandinawiese lande eerste en dan lande soos Nederland - is ook toevallig redelik goddelose lande (alhoewel Nederland verbasend genoeg ook 'n Bybelgordel het met streng gelowiges).

Dink hy is verkeurd.
Dit is duidelik dat daar 'n sterk korrelasie is tussen hoe nader 'n land is aan die evenaar hoe meer korup.