SA se eie ‘kaal keiser’

SA se eie ‘kaal keiser’

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/SA-se-eie-kaal-keiser-20120121

Eintlik baie snaaks. Ek sien hierdie kalant is OOK op totaal onkritiese wyse deur Carte Blanche aan die wêreld voorgestel. Hulle het nou al 'n lang geskiedenis daarvan dat hulle kwaksalwers se loopbane bevorder - so paar jaar gelede was dit ook Carte Blanche wat ene Danie Krügel en sy wonderbaarlike kwantummasjien, wat kwansuis vermiste persone kon opspoor, aan ons voorgestel het.

Selfs wyd gerespekteerde “ondersoekende joernalistiek” moet maar met 'n knippie sout geneem word…

Sal nooit kan verstaan hoe beleggers/klante goeie geld kan neersit agter/vir 'n tegnologie wat skynbaar so nuut en innoverend is dat daar niks soortgelyk bestaan nie. In so 'n geval, sal jy nie ten minste eers die beginsel waarop die werking van so 'n instrument gebasseer is wil bestudeer voor jy jou hard verdiende geldjies in die skema inpomp nie? Wil mense nie tenminste net 'n idee hê van die fisika agter so 'n wonder nie?

Volgens die artikel toon “die keiser” nie simpatie toon teenoor sy slagoffers nie. Ek kan dit amper so half verstaan.

Rigil

wee jy, laat my dink aan iets wat ou Tolla geseg het: as jy dom is, moet jy sukkel.