Satanisme

Hier in die Middelburgse tronk is een van die gevanges nou met 'n aap se hand en ander “Satanismiese voorwerpe” betrap. Hy is volgens die koerant 'n selferkende satanis en dit het natuurlik die gemeenskap ophol. Pastore het die tronk gaan “salf” (wat dit nou beteken weet ek nie), die demone is uit die tronk gejaag en ouers word gemaan op hul kinders op die regte pad te hou en so aan.

Dit pla my. Die tronk het 'n dik muur (ek hoop) en 'n dubele heining om. Ek het nog nooit 'n demoon op die dorp raakgeloop nie, so hulle was ook gevangenis in die tronk. Nou is hulle uitgejaag… Die dorp is nie meer veilig nie.

Wie is Satan? Ek dog daar is net een God, so waar kom hy vandaan?

Wie is Satan? Ek dog daar is net een God, so waar kom hy vandaan?

Sover ek weet is Satan in die lewe geroep om die kwaad wat in die wereld bestaan te verduidelik, iets wat onmoontlik sou wees as daar net 'n algoeie god bestaan het.

En alle voorspoed met daai demone wat nou los is. Ek hoor 'n knoffel halsnoer kan dalk help. :wink:

Mintaka

Ek hoor 'n knoffel halsnoer kan dalk help.
Is dit nie vir vampiere nie? Wag, ek weet, 'n kruis! Probleem opgelos! 8)

Toe ek op skool was, het die hoof een maandag oggend met ons meegedeel dat daar 'n VET halloween party gaan wees by die local ysskaatsbaan.

Ons was natuurlik bly om dit te hoor, ons het niks geweet van hierdie cool party nie… MAAR, is ons vertel, die party was sekerlik die werk van Satan, en ons kon nie bywoon nie. Die verrigtinge sou seersekerlik BAIE satanisties wees met donker rituele en dwelms en verkragtings en so voorts. (Nie my woorde nie, als die hoof se stories)

Heel verbaas het ek by die huis gekom en dieselfde story by my ouers gehoor… Die storie het dus begin versprei deur die dorp.

(Dis snaaks dat selfs as 'n gelowige tiener, hierdie als na 'n spul bog geklink het vir my…)

Van die ouens het natuurlik gedink hierdie is net die ding vir 'n vervelige weeksaand, en het gaan ondersoek instel. Ongelukkig het hulle toe net 'n gewone halloween kostuum party gevind met mense wat ysskaats en hulself geniet. Nie eers beskikbare dwelms nie. Hoe vervelig!

Die antwoord is eenvoudig. Satan is deur mens geskep, nes God, in sy eie beeld.

(Ek reken vandag nog, daars iemand op die dorp wat iets het teen die Ysskaats-baan se eienaar.)

Vaseline ::slight_smile: 'n lopende uitgawe in 'n tronk lol ;D

Die liewe Satan is net geskep om skeptiese mense soos ons twee keer te laat dink
voordat ons gawd verlaat :wink: en die hel net 'n plus puntjie, as jy nie meer bang is
vir dit nie, is daar nie meer hoop vir jou nie (volgens hul nou) Nes ek in 'n vorige “post” gese het, party mense gaan nie eers meer kerk toe nie, maar hul bang nog daardie mannetjie met die vurkie ;D