Skaaptjops en koffie elders in die heelal

En ek het nogal al die jare gedink Verdoorn is min of meer rasioneel, maar lyk my toe nou nie so nie…

http://www.beeld.com/Rubrieke/Gasrubriekskrywers/Skaaptjops-en-koffie-elders-in-die-heelal-20120713

Quote: “Daar is soveel verwysings na ruimtewesens wat al hier op aarde was dat mens beswaarlik die bestaan van ander lewensvorme kan misken.
In Suid-Amerika het die Inkas en Majas reeds eeue gelede sketse gemaak van goed wat soos ruimtevaartuie lyk. Foto’s van vlieënde pierings doen gereeld die rondte, terwyl die Rosswell-insident in Nieu-Mexiko mens laat wonder of ons nie reeds ’n besoek van “Marsmannetjies” gehad het nie.”

Sug. En hy is 'n prominente meningsvormer:

http://www.whoswhosa.co.za/gerhard-verdoorn

Nou wonder mens of jy blerrie ENIGIETS kan vertrou wat die man sê. Dit is soos om uit te vind jou dokter skryf homeopatiese middels voor.

Ja, ons moet in gedagte hou dat dit ’n klomp KGMs was wat nou eintlik die waterput vergif het… :wink:

'Luthon64

Eerste keer wat ek van die ou hoor. Ek kan nie eintlik sê dat sy artikel vir my enige nuwe en oorspronklike waarde inhou nie - feitlik óf spekulatief. Byvoorbeeld, ek wonder of hy bewus is dat ons gedrag, indien ons wel kontak maak, glad nie so lukraak sal wees nie.

Rigil

Hy skryf baie gereeld rubrieke in Afrikaanse koerante, gewoonlik oor omgewingskwessies. Lyk my nie mens moet enige daarvan al te ernstig opneem nie. Nie dat ek ooit enigiets in die koerant ernstig opneem nie. :slight_smile:

Byvoorbeeld, ek wonder of hy bewus is dat ons gedrag, indien ons wel kontak maak, glad nie so [url=http://bigthink.com/dr-kakus-universe/un-to-establish-protocols-for-when-we-make-contact-with-aliens]lukraak[/url] sal wees nie.

En wat as die eerste ding wat ons van die ruimtewesens hoor is dat hulle ons bloot inlig dat ons planeet gesloop word om plek te maak vir 'n nuwe hiperruimte-snelweg? Dan is ons protokol 'n fok-kol. :slight_smile:

Al wat ons dan kan red is 'n gedigvoorlesing!