"Sodat Madiba ook van dié delusie weet"

Mens wonder waarom hierdie ouens nie 'n webwerf of ten minste 'n blog het nie (dalk het hulle, maar Google kon dit nie opsoor nie).

http://www.beeld.com/Rubrieke/Dana-Snyman/Sodat-Madiba-ook-van-die-delusie-weet-20130117

Dana Snyman se swak verbergde en spottende sarkasme tenoor die VVAA se Fanie en sy stellings wys eintlik net hoe vêr ateïsme nog het om te gaan in Suid Afrika. Snyman en sy tipe is slegs onnodige hindernisse op daai lang pad.

Terloops, Dawkins was al sommige kere tevore hier in Suid Afrika, maar nie openbaarlik nie. Sy besoeke was vir akademiese redes om besprekings te voer oor aspekte van menslike ewolusie met SA akademici en wetenskaplikes.

'Luthon64

Dana Snyman se skrywes is gewoonlik eintlik baie snaaks en/of tragikomies. Lyk nie of hy veel dink van ateïste nie. As ek reg onthou was sy pa 'n dominee.

Terloops, Dawkins was al sommige kere tevore hier in Suid Afrika, maar nie openbaarlik nie. Sy besoeke was vir akademiese redes om besprekings te voer oor aspekte van menslike ewolusie met SA akademici en wetenskaplikes. 'Luthon64

Dawkins het etlike jare gelede 'n openbare lesing gegee, by Wits as ek reg onthou. Ek was gelukkig genoeg om dit te kon bywoon. Daar was natuurlik toe ook kreasioniste in die gehoor wat almal geïrriteer het met hulle idiotiese vrae.

Die Vereniging vir Voorstedelike Afrikaanse Ateïste? Voorstedelikes nogal? Mag persone wat in die sakekern of die platteland woon nie aansluit nie? Is hier nie dalk een of ander parodie betrokke nie? Ek kan my so `n organisasie beswaarlik indink.

Ja, ek het self nogal daaroor gewonder. Kan in elk geval geen inligting oor hulle opgespoor kry nie.

'n Vereniging van Afrikaanse Ateïste is dalk nie 'n sleg idee nie…

Mmm, ja, maar jy weet hoe dit gaan. Die volgende sal ook eensklaps uit bogenoemde vloei:

Die Herstigte Vereniging van Afrikaanse Ateïste - vir verregse twyfelaars

Afrikaanse Ateïste Anoniem - vir diegene met 'n besigheid

Die Ongelowige Thomasse - braaipakke ingesluit by registrasiefooi

Die Goddelose Soetgebakklub - vir dames van alle ouderdomme

Jong Denkers Dinamiek - vir juniors en diegene jonk van gees*

  • Nota: Slegs by wyse van spreuke. Jong Denkers Dinamiek vereenselwig nie noodwedig met die idee van “geeste”, “spoke” of soortgelyke nie-korporale verskynsels nie.

Die een ding wat ek nog nie gesien het nie is 'n motorfiets-klub sonder een of ander bybel versie op die leer baadjie. Ek kan my skaars 'n ateïstiese ene indink… Dit sou nou noemenswaardig wees.

Sou dalk die eerste motorfiets klub wees met redelike gedrag.

Rigil Kent: Ja, jy maak 'n goeie punt. Jy ken mos die storie: Sit twee Amerikaners bymekaar en hulle stig 'n maatskappy. Sit twee Australiërs bymekaar en hulle stig 'n sportspan.

Sit twee Afrikaners bymekaar en hulle stig af.

goeie dag, ek is nieuw hier. hoe gaan dit met almal?

Hi coelacanth, en welkom. :slight_smile:

“waarskynlik die bekendste lewende ateïs”
eg waar? bekend soos Woody Allen, Brad Pitt, Gene Wilder en Richard Branson? Ek glo van nie :wink:

Hi Rigil! Ek woon in engeland, maar wil graag weet hoe is die situatie in SA.

Die mense wat jy noem is nie hoofsaaklik bekend vir hul ateïsme nie, terwyl Dawkins met die publikasie van sy boek The God Delusion heelwat meer roem verwerf het as ’n uitgesproke ateïs as ’n wetenskaplike van etlike jare.

In elk geval, hi coelacanth, welkom. Ek wil amper dink jy’s Hollands. Nietemin hoop ek dat die forum na jou smaak is.

'Luthon64

Hulle is hoogs bekend en ook ateïste. Dit kwalifiseer vir daai sinsgreep, selfs al weet ek nie waar dit vandaan kom nie.

In elk geval, hi coelacanth, welkom. Ek wil amper dink jy’s Hollands.

Baie welkom van my ook. Ek sou raai Belgies, dalk Vlams?

Die kwessie gaan oor “waarskynlik die bekendste lewende ateïs,” ’n direkte aanhaling uit Snyman se artikel. Ek lees dit as dat die persoon se ateïsme die beduidende kenmerk is. Ek is oortuig dat as jy vir mense die name Woody Allen, Brad Pitt, Gene Wilder en Richard Branson noem, sal die meerderheid van hulle onmiddelik dink “filmster × 3, innoverende sakeman” en die gedagte “ateïste” sal eers later kom, indien ooit. In teenstelling, noem vir hulle Richard Dawkins en die grootgetal sal onmiddelik “radikale ateïs” dink en miskien later “ewolusie skrywer.” Omgekeerd, as jy vir mense vra om aan enige bekende ateïs te dink, sal baie van hulle Dawkins noem voor die ander name.

Ek betwis nie dat hulle hoogs bekend is nie, selfs meer so as Dawkins oor die algeheel. Ek betwyfel egter die implikasie dat hulle meer bekend is as Dawkins in die samehang van ateïsme. Dit is hoekom ek geskryf het “ [hulle] is nie hoofsaaklik bekend vir hul ateïsme nie”.

'Luthon64

Ek verstaan jou bedoeling heel goed. As ek moet vra “Wie is die bekendste ateïs?”, is dit heel aanvaarbaar vir my om iemand te kies wat hoogs bekend is vir iets anders maar ook 'n ateïs is. Selfs al weet omtrent niemand van daai persoon se oortuiginge nie. Dit is nogsteeds 'n korrekte antwoord op daai vraag, soos coelacanth en ek dit interpreteer.

Al wat ek se is, jou interpretasie is nie die enigste geldige ene nie.

In dié geval moet jy dan ook “Albert Einstein” aanvaar as ’n geldige antwoord op die vraag, “Wie is of was die bekendste vioolspeler ooit?”

'Luthon64

:smiley:

Baie dankie vir die warme welkom van almal. Julle het reg, ek is nie 'n engelsman nie. Maar ek is ook nie 'n nederlander nie, maar 'n duitser. Ek verstaan goed wat julle sê, en hoop julle sal my ook kan verstaan.

Ek vind dit snaaks dat mense kan bekend wees om nie aan iets te glo nie. Maar goed, ek begryp die bedoeling wel. Al jare ken ek Dawkins en ek het 'n hoge opinie van hem. Sy uitleg en verklaring is altyd so klar, en hy sien altyd die kern van die problem.

Dana se artikel is baie interessant. Ek het nie geweet dat iemand Dawkins se werke in Afrikaans gaan vertaal nie. As die klaar is sal ek 'n kopie gaan koop.

Madiba is Mandela?

Haha, dat laat my herinner van hierdie gedeelte uit - nee, nie die bybel nie, maar uit Shakespeare’s Twaalfe nag:

Viola. Save thee, friend, and thy music: dost thou live by thy tabour?
Feste. No, sir, I live by the church.
Viola. Art thou a churchman?
Feste. No such matter, sir: I do live by the church; for I do live at my house, and my house doth stand by the church.

Klink eintlik presies soos 'n antwoord wat ek sal gee op so 'n vraag. Bv. een van my gunstelinge:

“Het enigiemand sleutels vir die hek?”
“Ja”
“Jy het?”
“Nee, maar iemand het.”