Spirituele Intelligensie op SêNet

Ek vra om verskoning vir die lengte van hierdie skrywe. Diegene wat die forum op LitNet ken, kan gerus vanaf die horisontale lyn hier onder lees.

Vir ongeveer die laaste dekade, regeer 'n vuurwarm religieuse debat die forum van die Internet joernaal, LitNet. In 2004 is 'n boek uitgereik met uitknipsels van die forum, getiteld: Die omstrede God - Bestaan God of nie?.

Daarin adresseer “Thomas” 'n uitdaging aan ateïste:

Maak julleself (die uitgesproke ateïste) beskikbaar as proefkonyne aan die beoefenaars van voedoe, towery en ander swartkunste sodat hulle hul kragte op u kan demonstreer... ... As u ongeskonde daarvan afkom, het u die argument gewen, nie net ten opsigte van die bestaan van bose magte nie, maar ook ten opsigte van die bestaan van God. Indien nie... dan aanvaar ons dit as bewys ten gunste van die bestaan van die geestelike dimensie.

Nadat hy die uitdaging aanvaar het, skryf “Hendrik” op 11 Maart 2003:

Hier is ek nog. Lewendig. Gesond. Ongeskonde.

Vir die afgelope paar jaar het ek so nou en dan ingeloer en 'n paar van die briewe gelees. Ek stel nie juis belang om deel te neem nie, as gevolg van die moeilike formaat van die forum. (Elkeen rig 'n e-pos aan die redakteur wat dan twee maal per dag gepubliseer word. Lede kan ook nie maklik die verskeie onderwerpe volg nie. Glad nie so oulik soos South African Skeptics nie!)


Die nuwe onderwerp wat so nou en dan vorendag kom is Spiritualiteit en “Spirituele Intelligensie” (SI). :o

Die voorstaander van spiritualiteit en SI is KdeK oftewel Kobus de Klerk.

Spiritualiteit is, uit 'n suiwer wetenskaplike oogpunt beskou, daardie energie wat die mens in kontak bring met die "onsigbare" (verborge) reële energieke wesens wat die fisieke mens te alle tye omgewe, en wat, of die mens dit weet, erken, herken al dan nie, 'n wesentlike invloed op die mens se daaglikse bestaan het. In alle fasette daarvan.
Suiwer wetenskaplike oogpunt? ???

Sy definisie van SI volgens sy brief is soos volg:

Spirituele intelligensie is dáárdie vermoë wat die mens gekry het om bewus te word van daardie energieke wesens, met hulle interaksie te hê, en bewustelik met hulle te verkeer, spirituele keuses te maak, in die besef van watter voor- en nadele sekere spirituele optrede kan hê op die empiriese lewenswandel van elke mens.

Volgens KdeK, het ons SI nodig om met die spirituele taal van die Bybel te bind. Selfs “Thomas” se doktorsgrade en wetenskaplike kennis beteken niks teen sy SI nie.

Ek verseker jou, al het jy hoeveel doktorsgrade, baat dit jou niks waar dit kom by die onderwerp onder bespreking nie, die bestaan al dan nie van Spirituele Intelligensie, en die uitwerking daarvan by mense nie.

Dit blyk of “SI” die naam van 'n reeks van sielkundige simptome is.

Sentinel

P.S. For those who wish to comment in English, please go here

KdeK praat KáK.

'Luthon64

;D

“Angus” sê hy moet professionele hulp gaan soek:

Kobus, ek is nou ernstig; gaan spreek so gou as moontlik 'n dokter. Hy sal weet of hy jou na 'n psigiater of breinchirurg toe moet verwys.

Ek wonder wat hy bedoel met “bewus word” van energieke verborge wesens; is dit soos om geeste kan sien, of hoor 'n ou hulle net praat? My vrou het in KZN grootgeword. As klein dogterjie het sy blykbaar telkens 'n soldaat met 'n rooi uniform, wat snags in hul gang op en af marsjeer het, gesien. Hy het dan weer skielik verdwyn, soos spoke maar doen. Sy glo vandag nog vas daaraan. Daar was die een of ander geskiedkundige verband - 'n veldslag of iets - in die omgewing.

Nou wonder ek of kinders meer SIgent is as grootmense. Of is dit iets wat jy moet oefen?
Miskien moet ek maar opspaar vir Kobus se boek.

Goeie dag, Mintaka

Dit is iets wat 'n mens nie 'n direkte antwoord voor sal kry nie. Daar is ewe veel verslagte van albei. Die meeste mense wat dit beleef, sê dat die kommunikasie soos 'n idee of gedagte geskied, maar daar is geen bewyse dat hulle nie met hulself praat nie. Dan is daar die ander wat stemme duidelik hoor, en dit aan bonatuurlike wesens toeskryf.

Van spoke en “verborge energieke wesens” sien, weet ek maar min.

Ek het in 1995 by die kasteel in Kaapstad 'n foto geneem van die 102 sitplek eetkamertafel, waar dit verbied word om foto’s te neem. (Dit beskadig glo die skilderye). Op die foto is 'n persoon met 'n wit uitrusting, en mens kan 'n stoel in die agtergrond, deur hom sien. Ek het dit ongelukkig vir 'n vriend geleen wat dit met sy dominee wou bespreek, en dié het daarmee verdwyn. Ek sou eerder wou glo dat daar fout was met die blootstelling van die film, as wat ek sou spekuleer dat dit 'n spook was. Daarvoor word vele meer toetse benodig. (Diegene wat in Kaapstad woon sal dalk 'n paar toetse kan doen!?)

Sekere mense is meer genyg om verslag te lewer van sulke gebeurtenisse, veral kinders. Ek kon wel hierdie studie vind deur 'n teoretiese sielkundige van Nederland. Hy sê dat bonatuurlike of spirituele ondervindings 'n sielkundige verdedegingsmeganisme is. Volgens oosterse legendes neem dit jare om spirituele insig te kry, maar party mense glo dat hulle daarmee gebore word.

Ek lees vanaand dat “Angus” navorsing gedoen het oor SI. Dit verskyn as môre oggend (11 Des 2008) se Bokomo-Brekfisbrief. Soos ek hom ken sal dit 'n gespottery wees. (Dit was toe, maar die konsep is is amper korrek volgens sekere Indiese en “New Age” gelowe.)

Ek is sonder SI gebore, en ek glo nie dat meditasie sal help nie. Vir my is dit moeilik om in die konsep te glo, omdat ek dit nog nooit ondervind het nie. Toe ek jonger was, het ek gedink dat ek dit ondervind het, maar as ek nou baie eerlik met myself moet wees, wou ek net baie graag gehad het dat sekere bonatuurlike mites waar is. My brein het vir die res gesorg…

Dit beteken natuurlik nie dat dit bestaan en ek dit net nie kan sien nie. Daarvoor is ek te skepties.

Groete.

Helo Sentinel,

Dankie vir die link. Die skrywer maak van talle voorbeelde gebruik ter ondersteuning van die bestaan van paranormale gebeure, en noem ook dat daar goeie bewyse is vir die tipe ding. Ek wonder net hoekom hoor 'n mens so min van sulke bewyse. Ek meen dit behoort die wereld aan die gons te he!

Ek dink op die ou end kom dit maar neer op die individu se interpretasie van ongewone omstandighede waarvoor hy nie onmiddelik 'n verklaring het nie. Neem daardie skim op jou foto. Hoekom sou ons hoegenaamd verwag dat dit bonatuurlik* van aard kan wees? (Terloops, ek wonder of die hoeveelheid spookbeelde op foto’s afgeneem het sedert die digitala kamera era, wil glo dubbelblootstelling is nou skaarser). Mense wat hulself as spiritualisties sensitief sien, sal noodwendig 'n bonatuurlike interpretasie soek/ verkies inteenstelling met die oorgrote meerderheid van mense was 'n materiele verklaring soek.

(*ek het 'n probleem met die woord “bonatuurlik”. Dit impliseer dat daar iets buitekant die natuur bestaan. NMBM , bestaan niks buite die natuur nie, howel somige goeters nog ondek moet word. Bo-gewone sou dalk beter gewerk het.):

Hoe dit ookal sy, ek sien nie wat die evolusionere voordeel daarin is om SIent te wees nie. As dit 'n voorvereiste vir oorlewing was, so almal van ons mos spoke gesien het op 'n gereelde basis, nie net 'n elite groepie nie. Nee wat, ek dink jy moet jouself baie hard probeer oortuig voordat jy permanent met spookbrille kan rondloop.

Maar tog is ek skrikkerig om te arrogant te wees - ek wil nie so closed-minded raak dat my brein nie suurstof kry nie! Dit lyk my nie daar is veel laboratorium reproduseerbare bewyse vir iets soos, se maar PK os ESP, nie. Maar tog … al daai stories wat jy hoor …

Die eerste gedeelte van die dokument handel oor die sielkundige aspek van die saak. Teen die einde noem die skrywer dat daar baie voorbeelde en bewyse is, maar noem nie sulke bewyse nie.

Ek glo nie SI speel 'n rol in natuurlike seleksie nie, maar wel relegie. Mense wat in groepe saamgestaan het, vir watter rede ook al, het 'n beter kans op oorlewing gehad. Vandag is dit nie meer slegs vir beskermings doeleindes nie, maar deel van 'n kultuur. Op 'n Christelike plattelandse dorpie sou 'n atteïs rekenmeester maar brand arm wees en ook nie welkom wees om vir enige boer se dogter te gaan kuier nie!

Ek ken min voorstaanders van SI wat die evolusieteorie verstaan of probeer verstaan. Só min weet hulle van evolusie, dat hulle dink dit gee voor dat ons van ape afstam.

Primitiewe mense het SI gehad om natuurlike verkynsels wat hulle nie verstaan het nie, te verduidelik. Intussen het die wetenskap die nut van SI oorgeneem.

Ek weet ook nie vir seker nie, en glo nie dit kan in 'n laboratorium getoets word nie. Totdat daar bewyse van enige aard is, sal ek skepties wees.

Ons moet dus onthou om die balans te handhaaf. Moenie so closed-minded wees dat die brein nie suurstof kry nie, maar moenie so open-minded wees dat dit uitval nie!

Dit is juis die punt wat diegene wat in sulke goed wil glo dikwels miskyk. As iets met ons gewone werklikheid een of ander interaksie kan openbaar dan moet dit uit sy aard uit ’n sekere minimum gewone werklikheid besit of beheer hê daaroor. Die oënskynlike waarneming dat spoke met ’n kamera opgeneem kan word wys daarop dat sulke spoke ons werklikheid kan beïnvloed en ’n inwerking daarop kan hê. As hierdie beïnvloedingsvermoë wel bestaan dan moet dit ook objektief meetbaar wees deur ’n metode wat nie ’n mens se brein benodig nie, en dit is waar die probleme begin want daar is eksperimente gedoen in beweerde spookhuise met baie sensitiewe toerusting wat ’n hele reeks verskillende fisiese eienskappe meet maar niks beduidends opgetel het nie. Die wat glo sê of dat die verkeerde goed gemeet word of dat ’n mens se brein baie meer sensitief is. Die laasgenoemde lyk nou eintlik soos gemakstwak en boonop weet ons wel dat die menslike brein in sekere situasies geneig is om sintuiglike inset heeltemaal verkeerd te verwerk. Dit is seker ook hoekom hulle daarop aandring dat statistiese metodes van resultaatontleding gebruik word – meer as in enige ander toegepaste wetenskap.

Dis ewe moontlik dat dit op ’n sekere gesamentlike geneigdheid of eienskap van die menslike brein dui wat mense, dalk almal, wydverspreid in gemeen het.

'Luthon64

'Luthon64 skryf:

“Dis ewe moontlik dat dit op ’n sekere gesamentlike geneigdheid of eienskap van die menslike brein dui wat mense, dalk almal, wydverspreid in gemeen het.”

Dit is reeds bekend dat daar sekere neuronbane in die brein bestaan wat bekend is as 'spieel neurone" (mirror neurons). Die aansteeklike “gaap” is 'n goeie voorbeeld hiervan.

Ek sou maklik op die tema kon uitbrei om aan te toon dat dieselfde soort neuronbane gebruik word in kommunikasie. Dit funksioneer selfs oor spesies heen: bepaalde liggaams houdings word redelik dieselfde deur verskillende spesies interpreteer.

Maar ek wou eintlik net se dat ek saamstem dat KdeK kak praat. :-*

:)Welkom by die forum Objective !:slight_smile:

Dit is reeds bekend dat daar sekere neuronbane in die brein bestaan wat bekend is as 'spieel neurone" (mirror neurons). Die aansteeklike "gaap" is 'n goeie voorbeeld hiervan.

Volgens die Wiki aktiveer spieelneurone beide wanneer 'n dier 'n aksie verrig, of dieselfde aksie waarneem terwyl dit deur 'n ander dier uitgevoer word. Die “doel” van sodanige neurone lyk op die oog af nog redelik spekulatief en sluit in die aanleer van taal of gedrag, en empatie sodat die aksies van ander ge-interpreteer kan word. Maar dit lyk of ons ten minste vir nou kan aanvaar dat die spieelneurone 'n vorm van na-aping bewerkstellig.

Dit verduidelik nog nie vir my so lekker hoekom enige iemand hoegenaand ernstig sal glo dat sy 'n spook teegekom het nie. As die werking van spieelneurone 'n dryfveer is vir kopieering van aksies en denke, sou jy nie eerder verwag dat dit die populasie sou wou laat neig na óf 'n homogeen skeptiese toestand óf 'n homogeen liggelowige toestand nie? Spieelneurone behoort dus net mooi die teenoorgestelde effek te hé, en nie slegs enkele gevalle van liggelowigheid in die samelewing toelaat nie.

Maar ek het dalk my oorspronklike vraag 'n bietjie vrotterig gestel. Om te her-bewoord: Waarom is daar soveel hedendaagse anekdotise beskrywings van kontak met die bonatuurlike.

Gou 'n paar moontlikhede uit die duim :

  1. Spoke bestaan wel en is in wisselwerking met die fisiese wêreld en enige normale persoon kan hulle waarneem met behulp van sy standaard sintuie as sy op die regte tyd op die regte plek is.

  2. Spoke bestaan wel, maar is nie in wisselwerking met die fisiese wêreld nie, so slegs diegene met spesiale vaardighede kan hulle waarneem.

  3. Spoke bestaan wel, of bestaan nie, maar niemand kan hulle waarneem nie. Vertellers lieg (vir aandag, geld, vermaak, ens.).

  4. Spoke bestaan wel, of bestaan nie, maar niemand kan hulle waarneem nie. Vertellers interpreteer 'n gebeurtenis selektief op 'n bonatuurlike wyse.

Mintaka

Welkom ók, Objective. :slight_smile:

Ek kan natuurlik nie namens Objective praat nie, maar ek dink die punt was dat sulke spieëlneurone tot ’n mate my voorstel staaf van ’n gesamentlike eienskap van die (menslike) brein. ’n Sekere stimulus kan amper presies dieselfde reaksie in die grote meerderheid van mense produseer, en om iemand b.v. te sien gaap is mos net ’n stimulus.

Susan Blackmore bied ’n generiese verklaring vir die s.g. “Near Death Experience” (NDE) wat ook berus op so ’n idee van die brein se algemene gelykvormigheid van gedrag.

Maar dalk kyk ek mis.

'Luthon64

Ja die idee was om te antword op die voorstel van gesamentlike eienskappe van die menslike brein.

Daar is baie meer soos byvoorbeeld dat bepaalde gedragspatrone (soos bv. taal) outomaties deur die brein geproduseer word - die inhoud van taal en nie noodwendig die klanking daarvan nie : die laasgenoemde is onderworpe aan die hoor van 'n klank en die assosieering daarvan met 'n bepaalde begrip wat deur die brein geproduseer is.

Miskien moet ek net byvoeg dat die aanleer van spook idees (gode, geeste, siele duiwels engeltjies ensomeer) eers moontlik is wanneer 'n kind/mens reeds taal magtig is want hoe word idees soos “god” or “duiwel” aangeleer as daar nie reeds 'n inhoudelike taalvermoe bestaan nie?

Hierdie konsepte het inhoud nodig om te kan funksioneer in die brein en dus moet die inhoud reeds bekend wees wanneer 'n kind geleer word van goed waarvoor daar nie empiriese getuienis bestaan nie.

Byv. Waar kom alles vandaan? God het dit gemaak. wat is god? Dit is die persoon wat alles gemaak het. Wie het vir god gemaak? niemand nie…god bestaan altyd. O!

Sou jy reken dat mens skepties of liggelowig gebore word? Met ander woorde, is 'n mens inherent liggelowig of skepties?

Mintaka

Richard Dawkins het voorgestel dat geloof die byproduk is van ‘n evolusionistiese oorlewingsmeganisme.

Ek sou sê dat die mens gebore word met 'n oorlewingsmeganisme wat onder andere veroorsaak dat ons gewoontes en gedrag aanleer by ons ouers. Indien dit korrek is, sou dit beteken dat ons as kind heeltemal gelowig is en gesag nie bevraagteken nie.

Later in ons lewens, veral in ons tienerjare, begin ons sekere konsepte bevraagteken. Dit hang egter af hoe diep die indoktrinasie posgevat het en die ontwikkeling van die logiese brein, wat bepaal hoe 'n mens realiteit beskou.

Party mense is nie meer in staat tot logiese denke nie. Die proses van indoktrinasie beskadig die brein se vermoë om sekere konsepte logies te analiseer.

Hoe anders kan ‘n mens dan in sulke twak glo?

Verder, is die meeste mense skepties oor alles in hulle normale dag. Probeer byvoorbeeld om 'n nuwe konsep aan iemand te verduidelik. Wanneer dit by geloof kom, pas hulle nie dieselfde logika toe nie.

Ek dink dat die mens ateisties gebore word en dat die aanvanklike proses van kennisvorming nie dinge insluit soos die bonatuurlike nie, want daar bestaan niks in die werklikheid waarvanaf kennis gevorm word wat aanleiding kan gee tot sulke idees nie.

As jy dan sou vra hoe mense by die idee van die bonatuurlike uitkom kan ek slegs spekuleer dat hulle ongegronde afleidings maak deur konsepte willekeurig te skep. Hierdie laasgenoemde proses is egter slegs moontlik wanneer 'n groot aantal konsepte reeds bestaan.