Taking God out of school - first episode....

AfriForum onderneem om enige iemand wat 'n teensand wil maak teen OGOD te ondersteun en self die geld daarvoor op te dok

[spoiler]

In ʼn demokratiese land waar ons almal regte het en in gelykheid moet saamleef, voel dit deesdae maar moeilik. Ek kan nie help om te voel dat party mense dink dat hulle sê groter is as ander se sê nie.

As daar in ʼn Grondwet voorsiening gemaak word om godsdiens te mag beoefen in skole, waarom moet dit dan nou beëindig word? Waarom word daar so streng en kras na Christen-skole verwys en hoekom pryk opskrifte soos: “HAAL GOD UIT SKOLE” op lamppale?

Dis eenvoudig, mense met geen fundamentele waardes wakker sulke situasies aan. Hulle het nie ʼn geloof om te beoefen nie en nou mag niemand anders hulle geloof beoefen nie. Is dit nie ironies nie? Beskuldigings word rondgegooi dat leerlinge se regte aangetas word as hulle tydens saalopening moet bid of Christelike liedjies moet sing, maar die waarheid is dat geen leerling nog ooit gedwing is om aan hierdie praktyke deel te neem as dit nie sy geloofsoortuiging is nie en/of as hy/sy nie gemaklik voel daarmee nie.

Om godsdiens heeltemal uit skole te neem, beteken nie net dat hierdie organisasie, met die afkorting Ogod, hulle siening op skole afdwing nie, maar dit beteken ook dat leerlinge wat wel Christene is, ontneem word om ʼn keuse te maak ten opsigte van hulle geloof, want daar is klaar vir hulle besluit. As Christen weet ek dat my geloof nie iets is wat ek net sekere tye van die jaar beoefen nie. Dit is nie iets wat op spesifieke tye uitgevoer word nie. My Christenskap is deel van my, hetsy ek by my werk, huis of oral waar ek gaan, is. Een van die grootste voorregte vir my is om by ʼn organisasie te werk waar ek openlik my geloof kan beoefen. Wat dit wonderlik maak is dat daar ruimte vir geloofsbeoefening by my werk is, net soos daar nog altyd ruimte vir dit op skool ook was. Waarom word ons nou deur dié probleem in die gesig gestaar? Hoekom voel mense, wat aan geen geloof behoort nie, altyd so geïntimideer deur ander gelowe? Dit was mos jou keuse om nie in iets te glo nie? Nie deel te wees nie, nie te behoort nie. Omdat jy nou daardie leemte het, nou moet almal afstand doen!

AfriForum kan nie sulke teengodsdiensfundamentaliste steun nie. Ons is ʼn burgerregte-organisasie wat daar is vir al ons landsburgers, maar ons is ook ʼn Christelike organisasie en steun Christelike geloofspraktyke in skole wat reeds uitgevoer word om nie op tone te trap nie en almal akkommodeer. AfriForum sal hierdie geveg tot in die hoogste howe beveg. Ons sal die regskostes dra van die skole wat opstaan teen dié organisasie vir godsdiensonderrig en demokrasie. Ons sal ons kinders se regte beskerm, want op die ou end van die dag is die gesaghebbendste persoon wat kan kies oor die beoefening van geloofspraktyke in skole, die leerling SELF en dit waarmee hy/sy gemaklik is.


[/spoiler]

    -https://www.afriforum.co.za/land-skool-god/

Lyk my daai battle lines waarvan julle gepraat het is definitief in die sand getrek

If you do wish to do a prenup, remember the accrual system applies by default, if not expressly excluded

Indeed.
Funny how people sometimes miss that a marriage is also a legal business relationship, and not just a happily ever after, drive off into the sunset thing.

leerlinge wat wel Christene is, ontneem word om ʼn keuse te maak ten opsigte van hulle geloof, want daar is klaar vir hulle besluit.
Wat 'n belaglike argument. Asof die skool nou skielik al moontlike plek is waar kinders afgerig kan word om in jirrejissis te glo! En om nie eers te praat van al die ander gelowe waaraan hulle [i]in elk geval nie[/i] blootgestel word om hulle te help met hulle kwansuise "keuse" nie. 'n Groot pot retoriese snot as jy my vra.

You can register a civil union at home affairs, and set up an antinuptial contract along side.

My husband and I got married for financial reasons… I work for a financial institution and he could get staff rates for loans etc only if we were decently married. So we popped into Home affairs, dragged two witnesses out of the neverending queues and got married, went to the bank straight after with our little piece of paper and changed our marital status for the sake of a lower interest bond.

I’m with Boogie though, if it wasnt for the huge difference in interest rates on his half of the bond, we wouldnt have bothered at all. We dont celebrate the anniversary either, although my MIL phones every year to congratulate us…

Not as romantically idealized as you imagine. I understand there are legal implications and impositions being placed on us out here in the real world, but marriage still means nothing to me personally. I find the idea that the state has to get involved a bit repulsive.

Thor forbid it should ever be an issue, but if you do split up less that amicably, common law will dictate that you share your belongings 50:50 .... which may or may not be a good thing depending on the details.

I know some couples who were doing the living together thing, and they all indicated their satan spawn lawyers told them this is not as much the case as most believe. Anywho, we will do the court thing at some point. Because, you know, bullshit.

@Rigil, beslis belaglik ja, maar nietemin verwagte, religieuse mense is experts met die victim card -game, dit word immers van kleins af in gedrill dat christene vervolg word, die bybel leer ons mos so mooi hoe christene vervolg WAS.

Die ander saak wat my heeltemal suur maak is die vals beskuldiging dat mense sonder geloof, nie fundamentele waardes (wat baiekeer geimpliseer word as gebrek aan morele waarde) - whatever fundementele waardes ookal mag beteken.

Die bybel/koran/torah ens is mos kwansuis die finale woord op morele waardes, as jy mos nie jou waardes onderskryf aan 'n skynheilige boek nie, het jy mos geen moral policy nie en kan jy dus nie met hulle eens saampraat oor moraliteit nie.

What’s more, Afriforum is supposedly big on sticking up for the rights of minorities. And here we are considering the rights of children from secular parents attending nominally Christian public schools: how much more of a defenseless minority can you be!

Well, as long as you do it, you know, for the right reasons! 0:) ;D

Ja, nee, ek dink nie ek was al onder daai wanindruk nie. Afriforum gee om vir die “regte” van 'n konserwatiewe christelike wit “minderheid” solank dit hulle pas. Hulle was nie in my insiens ooit veel gepla met enigiemand anders nie. Ek dink nie hulle sou eers skroom om die regte van ander te verpletter nie… En toe daar het jy dit nou.

Dit moet moeilik wees om 'n minderheid te wees as jy die ander kant van die debat heeltemal oordonder.

But wait there’s more… (wtf!!)

Volgens Carien Bloem, hoof van AfriForum se onderwysveldtogte, vind die organisasie dit onaanvaarbaar dat teengodsdiensfundamentaliste nou skole viktimiseer in ʼn poging om kinders te dwing om nie hulle godsdiens te beoefen nie.Bloem meen verder dat dit ironies is dat die teengodsdiensfundamentaliste daarop aanspraak maak dat hulle nie kinders onder dwang aan skoolgodsdiens wil blootstel nie, maar nou self hulle teengodsdienstige siening op alle skole wil afdwing.

Ek dink sy neem haar gameplan direk uit die spelboek van amerikaanse fundementalistiese replublikeine, sover ek kan herroep is presies dieselfd resep gevolg met die O’Hair storie.

Nee, ek dink nie OGOD probeer “hul teengodsdienstige siening afdwing” op skole en leerders nie, ek betwyfel dit sterk dat hulle enigeiemand se geloofsvryheid wil afneem.

Dieselfde taktiek word gebruik in die VSA waar die idee om nie godsdiens op kinders af te dwing nie gelyk gestel word met kinders/mense mag nie hul godsdiens beoefen of uitleef ens nie, maar dis 'n taktiek wat nietemin werk, en moontlik die saak kan kos.

Die Afrikaanse Vrydenkersbeweging (AVB) het ontstaan uit 'n behoefte onder Afrikaans-sprekende ouers om skole aan te moedig om omgewings te skep waar kinders hulleself vrylik kan uitdruk sonder vrees vir konformering en groepsdruk. Die beweging is in 2011 opgevolg deur die Organisasie vir Godsdienste-Onderrig en Demokrasie (OGOD).

OGOD wil toesien dat staatshulpbronne nie vir bekerings-aktiwiteite misbruik word nie, net soos dit nie vir politieke oorreding misbruik mag word nie. OGOD streef daarna om ons kinders se opvoeding van ons Calvinistiese verlede te bevry soos wat die Voëlvry-beweging in die tagtigerjare vir Afrikaanse musiek gedoen het.

http://www.hulle.co.za/1801/19801.html

The idea that barring any and all religious observances from schools during ordinary hours somehow discriminates against a majority is as absurd as it is contrived. You could with equal cogency claim that a school declining to offer, say, tennis as a sport is discriminating against the majority who believe pupils must have that option.

The linked-to Rapport article earlier cited a Cassie Aucamp, dominee, as pontificating the same ludicrous nonsense as AfriForum’s Carien Bloem in the above regard. These people need to sit down and think coherently about the nature of responsibilities and rights, both positive and negative, or they will keep mumbling past the feet they have in their mouths.

'Luthon64

Hulle sou ook goed doen om te onthou dat daar slegs kapsie gemaak word teen publieke skole wat 'n sekere godsdiens afdwing.

Geen klag is gemaak teen 'n private instelling nie. Die feit van die saak is hierdie skole is nie beskore vir net hulle gebruik nie. Daar is talle christelike privaat skole wat, as hulle nou verkeerdelik sou voel hulle “mag” nie bid of christene wees sonder explisiete permissie van 'n skoolhoof nie, natuurlik en grondwetlik enige christelike “belewenisse” mag uitvoer wat hulle wil.

En weet jy wat, daai selfde privaat skole bevat ook talle ateïste wat dit gaan afsluk sonder veel van 'n probleem. Ek ken self sulke mense wat maar net die hele ding geïgnoreer het. Die punt is, dit is hulle keuse en niemand anders sin nie, en my belasting geld betaal nie daarvoor nie.

As jy nou rérig wou aspris wees kon ons altyd aandring dat kerke 'n spesiale belasting moet betaal wat gaan aan 'n spesiale fonds om tempels/kerke/ens vir ander “minder bevoorregte” gelowe te bou. Dan sal jy sien hoe die snot spat.

Maar nee, dis net OK as christene dit met my geld doen, nie anders om nie.

Ja, maar ongelukkig geniet christene soveel VOORREGTE, dat hulle dit as REGTE beskou, dit maak my boos kwaad dat hulle hulle so snot pikkerig is om sulke bisarre gelykenisse te maak en nog die vermetelheid het om in soveel woorde te se dat ongelowiges geen waardes het nie of in niks glo nie.

As nie-christene, moet ongelowiges, Jode, Muslims, Buddhiste ensomeer, soos jy se, Boogie, hierdie praktyke en onregverdige voortrekkery in christene se guns maar net stilletjies verdra en jou mond hou - as jy by party groepe net durf se jy is 'n ateis dat word jy summier uitgestoot, Afriforum maak dit dan ook juis duidelik:

Hoekom voel mense, wat aan geen geloof behoort nie, altyd so geïntimideer deur ander gelowe? Dit was mos jou keuse om nie in iets te glo nie? Nie deel te wees nie, nie te behoort nie.

Die stelling dat leerders nie verplig is om deel ten neem aan christen praktyke nie is ook heeltemal onakkuraat - miskien tegnies volgens die wet wel, maar as dit by implementering kom kan jy nie die maandagoggend kerksessie in die saal mis nie, dit word verplig en wanneer leerders by afsluitingstyd kom en daar word gevra wie gaan bid mag jy net opstaan en loop nie, die enigste manier om hierdie spesiale regte aan leerders te voorsien is na ouers van bv. muslim kinders eers met die hoof moet gaan praat dat hulle bloedjies nou spesiale gunsies moet kry om nie daaraan blootgestel te word nie, as ongelowige kinders word dit dikwels net verdra.

Man ek BID vir die dag dat kerke belas word, hulle is immers ook net besighede.

Afriforum het to dusver soms heel goeie werk verrig. Helaas, daar het hulle my nou verloor. Die punt hier is dat in spesifieke skole, godsdiens in die leerlinge se kele afgeforseer is. Dit is beslis NIE wat die grondwet voorsiening voor maak nie.

In ieder geval, ek het nie veel hoop dat die hofsaak gaan slaag nie, juis omdat die grondwet voorsiening maak vir godsdiensbeoefening in skole. Mens kan hierdie spesifieke skole verbied om met hulle praktyke te volhard, maar dit sal moeilik gaan om godsdiens heeltemal uit skole uit te kry.

Nou ja, dalk maar mens se kinders nie in die eerste plek in staatskole plaas nie. Ek sou dink daar is nogal 'n mark vir 'n paar uitdruklik sekulêre skole…

Dit maak sin (en sover ek onthou het Faerie gesê haar kinders is juis in so 'n skool) in stedelike gebiede, maar op die platteland gaan jy sukkel om die onkoste vir 'n baie klein getal kinders te regverdig. Dis juis hoekom staatskole die platteland bedien! Dus is dit ook nie vir my aanvaarbaar dat ongelowiges maar “'n ander skool moet gaan soek” nie. Die staatskool op 'n klein dorp is heel moontlik die enigste skool.

Ek stem daarmee ooreen, alles gaan oor wat sy klagtes alles behels, ek reken dit mag suksevol wees as die regte benadering gebruik workd - blykbaar het hy soortgelyke dinge in 2011 probeer, kom ons hoop hy het al iets geleer oor die regte strategie, Die grondwet maak wel voorsiening vir godsdiensbeoefening, maar dit beskerm nie diskriminasie, intimidasie en die afdwing van spesifieke opinies nie - en geloof is maar net 'n opinie.

Meantime gebruik kunstunaars dit as gratis advertensie geleenthede:

Artikel:Skole vir Jesus skop af by Oos-Rand Akademie
MET die dreigende hofsaak oor die beoefening van Godsdiens in openbare skole het die sanger, Rudi Muller, sy projek, Skole vir Jesus, Maandag met ‘n besoek aan Oos-Rand Akademie afgeskop. Lees meer (Kempton Express)

Dis net pure kapitalisme vir jou, dalk is hy regtig gekant teen die storie in 'n jesus-freak episode, maar ek wed hy kla nie oor die publisiteit nie!

Ek moet bieg, ek dink die hofsaak is ook vir publisiteit. Klaarblyklik werk dit heel goed.

Ek dink rerig nie die “afkorting” OGOD is 'n baie groot toeval nie.

En ek dink ook nie dis als 'n slegte ding nie. Dis min dat mense herhinder word daar ís ateïste in hierdie land.

Die histeriese mense gaan histeries wees, maar ek wet hierdie petalje laat tog 'n groot groep christene nadink oor wat dit beteken om waarlik saam te leef met mense van ander oortuigings. Ek dink ook daar is 'n stil groep onder hulle wat wel nie so erg omgee nie.

Litnet artikel: Godsdiens in skole: Wat sê die Grondwet? - Marinus Wiechers

[i]Ons regsgeleerdes dink miskien te maklik dat die reg alle probleme in die samelewing kan oplos. En as die reëlings soos dit nou geld, nie genoegsaam is nie, dat hulle aangepas of gewysig kan word. Soms is hierdie samelewingsprobleme egter so verwikkeld en kompleks dat hulle buite die draagwydte van die reg val.

Soos die kwessie van godsdiens in skole.

Grondwetlik is die hele kwessie oënskynlik nie so moeilik nie. Volgens ons Grondwet mag openbare skole wel godsdiensonderrig toelaat, op voorwaarde dat sulke onderrig volgens publieke riglyne geskied, dat dit op gelyke grondslag uitgevoer word en dat bywoning daarvan vry en na eie diskresie moet wees. Die Skolewet en nasionale beleid van 2003 lê sulke riglyne neer en bevestig beheerrade se mag om godsdiensbeleid in openbare skole te bepaal, met herhaling van die vereiste dat godsdiensonderrig en -praktyke in die skole vry en volgens eie keuse moet wees.[/i]

Lees verder

Ou Kobus de Klerk het blykbaar ook 'n artikel geskryf, maar die link wat ek raakgeloop het is skynbaar gebroke.

Dit lyk my hierdie debat oor geloof in skole is nog lank nie verby nie, in vandag se burger se Piet Croukamp:

Skole is die openbare eiendom van alle Suid-Afrikaners. As jy ’n Moslem-, ’n Jode- of ’n Christenskool wil hê, behoort jy self daarvoor te begroot. Wanneer jy jou belasting aan die staat oorhandig het, moet dit aangewend word in die algemene belang, nie in sektariese belang nie.

-Die Burger

En in nog 'n rubriek in Rapport 13/9 word daar aaggevoer:

In die skoolgodsdienskwessie is twee benaderings tot maatskaplike verbetering besig om te bots. Die een groep dink dieselfde oplossing is die beste vir almal en wil dit met staatsmag afdwing. Die ander groep dink verskillende oplossings is beter, al sal nie almal perfek wees nie.

Alhoewel, ek nie soseer saamstem met Croukamp se opmerking dat ongelowige ouers graag hulle kinders wil isoleer van religieuse idees nie, is sy punt om geloofs neutraliteit heeltemal 'n gesonde standpunt, maar Le Roux voer weer aan dat 'n skool nie neutraal oor geloof kan wees nie, blykbaar as daar niks oor geloof gepraat word deur die wat gesag het in skole nie, voer hulle skynbaar net waardes van 'n ander geloof aan, nl “die geloof van die ateis”

Ek stem wel saam dat OGOD dalk 'n bietjie sterker aanslag het as om bloot neutraliteit en gelykheid te bevorder, maar die “ander oplossing” is wat? Om stil te bly terwyl een geloof bo al die ander afgedwing word op jou? Kom on wees eerlik, enige ander oplossing wat kinders toelaat om hulle “vrye keuse” uit te oefen is moellikheid soek, ons weet mos hoe word (veral in 'n skool opset) mens vinnig eenkant toe uitgedruk, nie te praat van die geboelie en druk wat teen sulke kinders gerig word nie.

Not that one should always have to compromise, but one model that may work OK-ish in South Africa comes to mind.

Constitutionally, clearly kids can’t be forced to participate in religious studies, prayer meetings or the likes.

In practice I doubt that this is generally adhered to. My own child is lucky enough to attend a school that I think is really, really good at what it does, and there is very little I would want to change. But, he has confirmed that he didn’t know that he is allowed to leave the class when Jesus is about to kick off. Would HE want to leave? Would Miss let him do so? Open questions, all, but I suspect things just work out this way due to practical considerations rather than a flagrant disregard for the law. Frankly, I too would rather have my child listen to Bible stories in the safety of a classroom than have him roam around in the yard for half an hour.

Still, I would be even happier if, for now, two things happen in traditionally religious schools:

  1. They clearly define and set aside a period for worship applicable to the whole school.

  2. Concurrently, a proper class offering alternative “entertainment” must be provided for. Such a class will be manned by either a teacher or a parent-volunteer (or a skeptic ;)), in which pupils can be told some interesting factual stuff, receive extra mathematics tuition, have discussions, or be entertained with science experiments.

I dare dream that such alternative studies could prove so interesting that more and more kids will opt to attend them.

If a school wishes to continue practicing religion it will clearly be in it’s own interest to set up such a classroom. That way the school can easily demonstrate that it is constitutionally compliant.

Rigil

There has been recent rumblings on these forums about skeptics wanting to DO things in the community. Perhaps the time is ripe to jointly start working on a non-examinable “Secular Studies” syllabus aimed at having as much fun as possible within the confines of a classroom.

Rigil

ETA: It’s just occurred to me that the expression “The time is ripe” is rubbish. If ripeness is a function of time, then calling time itself “ripe” is a bit self-referential.