Tandemuis

Ek het besluit om myself van die tandemuis te distansieer. Na my mening kan daar weinig goed kom van enige irasionele gelofie - hoe vlugtig dit ookal is, en hoe onskuldig dit op die oog af mag lyk. Dit maak vir my sin om - veral kinders - se redenasievermoëe sommer vroeg al te staal teen nie net die katastrofiese impak van geloof nie, maar ook die mikro-inbreuke van sogenaamde bygeloof. Ek vermoed hierdie het my siening geraak sedert daardie bespreking oor die moontlikheid van langtermyn verandering in die breine van gelowiges elders op hierde forums.

Maar ongelukkig is die ideale modelle wat jy in jou kop opbou en vir jou kinders beplan selde uitvoerbaar in die regte wêreld - nog meer so as jy getroud is. Die ander volwassene in ons huishouding is verreweg meer, erm, romanties as ek, en daarom ten gunste van die hierdie tradisionele kinderfantasieë, of dit nou sterte, ore, of 'n baard en 'n rooi boilersuit het. Sy reken dat dit selfsugtig is om kinders van hierdie “plesiertjies” te ontneem. Nou, ek weet nie of die ongetroudes hier ten volle besef hoe 'n huwelik werk nie, maar dis tot 'n groot en irriterende mate 'n toetsgrond vir alles wat al ooit geskryf was oor konflik en onderhandeling - van Freud en Jung, deur Gandhi en Buddha, tot Neumann en Nash.

Dus is ons laaitie voetstoots oortuig van die bestaan van al drie die tradisionele kiddy-icons.

In die begin was ek grommig oor die hele storie toe hy sy eerste tandjie op instruksie in die pantoffel druk. Die volgende oggend het dit in geld verander. (Meer geld as wat ek dink enige enkele tand werd is, en ek het die tandemuis later gekonfronteer met 'n boek Human Anatomy and Physiology wat ek 'n paar jaar terug op 'n skip se boekwinkel aangeskaf het. Ek was nogal geamuseerd om te sien dat die tandemuis effe geskok was toe sy lees hoeveel tande kinders nou werklik wissel - 'n paar honderd rand s’n ;D)

So gister, met die val van nog 'n premolaar, het ek verwag dat die episode weer sal herhaal. Maar helaas, die tandemuis was in vir 'n verassing: geen pantoffel onder die bed nie. Hoe die tandemuis ookal soek, kon sy net nie laasnag die tandjie opspoor nie. Die tandemuis het egter haar slaap nodig, en het toe maar opgegee na 'n halfuur.

Vanoggend moes ons hoor dat boetie sy tand in die hoek van 'n laai weggesteek het, binne-in 'n ou radio. Hoekom? Want hy wou toets of die muis sal weet waar om te kyk. Ek is nie trots om te sê dat ek my openlik verlustig het aan die ingewikkelde en onsamehangende verskonings wat Mev Kent moes uitdink nie. En as ek so na sy gesiggie kyk, dink ek hy het min of meer dieselfde gedagtes gekoester.

Miskien is daar tog hoop. :slight_smile:

Rigil

Fantsties! :smiley:

My eie tandmuis storie is dat ek die tand vroeg die oggend in die pantoffel gedruk het en toe ek van die skool af kom was die pantoffel in die kas gesit deur die bediende en die tand was spoorloos! Na 'n gesoek en 'n gespartel en 'n traantjie of twee, het Moeksie 'n briefie geskryf aan die tand muis en dit in die pantoffel geplaas! Die tand was êrens in die kas en die die muis moes maar net soek daarvoor asseblief.

Die volgende oggend was daar 20c in die pantoffel! Die tandmuis kon lees! en het die tand gevind! (dit klink my of inflasie ook die tandmuis wêreld betsaan want 20c was sommer baie geld! en nou praat jy van rande!)

Die gevolg hiervan is dat ek in die tandmuis geglo het tot lank nadat ek Sinter Klaas opgegee het - ek het dan bewysse gehad vir eers genoemde! een dag in die bad terwyl ek lê en tob het oor die dinge, het dit my soos 'n vuis getref dat die een is nes die ander.

My eie laaitie is nou net oor die twee en ek het geen idee hoe ek die dinge gaan hanteer nie :stuck_out_tongue: Ek sal julle laat weet!

My eerste gevoel is dat ek deur tandemuis, klaas vakie, sinter klaas en jesus is, sonder te ernstige nagevolge maar ek twyfel of ek jesus oooit sal kan ondersteun. Terwyl kersfees moerse pret was, maar so was verjaarsdae en daar het ek geweet dit is van die ouers af… Ons sal maar sien.

Julle sal maak dat ek my toekomstige kinders allerhande kak vertel net om hulle skeptiese neigings uit te toets. Ek sou baie trots gewees het as my laaitie sommer so self 'n wetenskaplike eksperiment uitgevoer het om die mietiese muis te toets.

Ek het nog nooit issues gehad met die tandmuis, kersvader en die Faeries en dwergies in die tuin nie. Die tandmuis is handig vir ekstra sakgeld (ek het 'n lysie opgemaak van hoeveel 'n tand werd is na aanduiding van toestand van genoemde tand - vulsels was en is maar skaars in my huishouding) en die muis is weg sodra die laaste tand gewissel het in elk geval, kersvader kom net tot jy so 9/10 jaar oud is en mens nie meer weet wat de hel om vir die kinders te koop nie, en jy eenvoudig vir hulle die geld begin belowe vir wanneer hulle op iets afkom wat hulle wil he (ek het 'n aparte spaar rekening met 'n paar duisend rand se kers en verjaarsdag “geskenke” in, sal die maar iewers langs die pad uitdeel).

Die verskil, vir my, van die “kiddie icons” (hou nogal daarvan), en liewe jesus is dat die een geheel en al in hulle kele afgedruk word todat hulle die nonsens glo, en die ander is korttermyn, nie 'n enkele volwassene wat ek in my lewe teegekom het glo aan die dwergies onder in die tuin nie.

Gun hulle die R20 in die pantoffel vir die tand, die kersboom (dis tog so lekker om die ding te versier), en die helderkleurige pakkies op 'n kersoggend en (in my geval) my kinders wat sjokolade in die tuin loop soek het wat die faeries daar gelos het (dit het my 'n kans gegee om 'n lekker bad te vat terwyl hulle elders besig was). Ek het net seker gemaak dat daar nooit 'n konnotasie was met geloof in hulle fantasie wereld nie.

Mnr Kent, jy het elke reg om trots te wees op jou mannetjie, sy kop is reg aangeskroef, maar gun hom daai ekstra sakgeldtjie en so bietjie simpelgeite (sy ma ook)

R20!!! :o

for a pristine molar… :-[

Ek het al teegekom wat in faeries glo, en moenie daai dudes vergeet wat elke aand op DSTV in die woude rondhol en bigfoot soek nie.

Bigfoot haal nie tande uit 'n pantoffel uit nie, en daar is 'n verskil tussen dom-onnosele grootmense en kinders met 'n gesonde verbeelding. Dit is 'n probleem as die ouers vas in snert (enige snert - van liewe jesus tot bigfoot) glo en dit oordra na die kinders, my oudste het 'n maaitjie op laerskool gehad wie se ouers sogenaamde “abductees” was, die kind was van sy knaters af en kon nie wag om ook weggerokkel te word deur grys mannetjies nie.

Ek hou nogal van faeries… :wink: die enigste probleem met die bleddie goed is dat hulle nie die skottelgoed wil doen nie…

My broer het lekker saamgespeel met die Kersvader-ding toe sy kinders klein was. Hy wou juis hê hulle moet ervaar hoe dit is om absoluut onwrikbaar aan 'n ding te glo, sodat hulle sal verstaan hoe maklik dit is om in volslae irrasionele idees verstrengel te raak. Hulle is nou tieners - mens sal seker maar nog moet sien of hulle skeptiese volwassenes gaan uitdraai. :slight_smile:

Mmm … heel interessant. Beide subtiel en tru-sielkundig. 8)

Het jy al `n baie groot pantoffel probeer?