TV maak kind boef

Nie dat ek juis 'n voorstander van TV is nie, maar hier is nou nog 'n voorbeeld van 'n naïewe korrelasiestudie sonder enige beduidende substansie:

TV maak kind boef

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/TV-maak-kind-boef-20130219

Die probleem in die wetenskap vandag is nie te min fondse nie, maar te veel. Elke Jan Rap en sy span is nou “navorsers,” en meer en meer “navorsing” bestaan uit hierdie tipe van ding. Steeds groter kwantiteit en steeds laer kwaliteit. Waar is die goeie ou dae toe 'n patentklerk of 'n teoloog wat 'n natuurhistorikus op 'n skip geword het, in sy eie tyd en sonder grootskaalse befondsing dinge deeglik kon deurdink sonder om onder groot druk te wees om ten alle koste so gou moontlik iets te moet publiseer?