Versprei die Woord

Ek soek na verniet sagteware vir my slimfoon en kom op hierdie af:

Die Bybel '83 Description MOENIE AFLAAI NIE. Hierdie weergawe werk nie. Die weergawe is net hier om almal in kennis te stel dat Die Bybel '53 sovel as Die Bybel nie meer deur my versprei mag word nie. Ek is gekontak deur die Bybelgenootskap van Suid Afrika (wat se missie is om die Bybel so goedkoop moontlik aan soveel moontlik mense te versprei) om dit af te haal. Die kopiereg (ja daar is kopiereg op die Bybel) behoort aan hulle.

Sien is glo

ek dog ek deel die pret >:D

Kopiereg!? Op die Huilige Babbel!? Dit is dan sekerlik ook dieselfde klomp huigelaargefrete wat heel voor in die lyn sal wil staan as dit kom by beweer dat godsdiens nooit en nimmers ’n besigheid is nie…

'Luthon64

En dan 10/1 sal vra dat hulle nie hoef belasting te betaal nie.

Mens weet natuurlik nie die hele storie nie, dit is een kant van die saak, ek het dit net amusant gevind :smiley:

Sover ek weet is daar nie kopiereg op die Bybel as sulks nie, maar wel op spesifieke vertalings daarvan. Nou ja, so skiet hulle hulself dan nou maar in die voet.

Dit is natuurlik wel so dat Dawkins se “God Delusion” OOK kopiereg op het en dus ook nie versprei mag word nie… :slight_smile:

Nie dat mens jou in die era van die internet nou juis aan kopiereg hoef te steur nie.