Vervelig

Wat 'n vervelige lewe. Ek vat my dogter (1ste jaar Tukkies) terug en sien die Rapport se voorblad nuus. 7de Laan! Is dit die hoof nuus berig van die week? Laat 'n mens amper wens dat Malema iets sê.

Volgens die berig het matrone iemand met 'n motordeur raakgeslaan. In die regte lewe. My vrou het die storie hardop vir my gelees in die kar vannoggend. :-[

Ek skat daar’s 'n mark vir als.

Mintaka

Moenie te gou wens vir kak nie…ek kan onthou hoe’t ek jare terug gewens dat ons koerante net brood en botter stories eendag so dra…hulle was desyds vol nasionale party strond en propaganda en ‘terrorisme’ en rassisme…agter elke bos het 'n kommunis geskuil…ek’t gesweer as my seun grens toe moes gaan en dood geskiet sou word sou ek persoonlik vir Gnl Magnus Malan skiet. Hy (my laaitie) was gelukkig die laaste ‘intake’ en het net op Mozambique se grens op ‘wilddiewe’ jag gemaak. ???

ek lees nie koerant nie, en ek kyk nie nuus nie. dis vir my erg depressing. ek gaan elke nou en dan op wikipedia om te kyk wat is nou regtig belangrik.
ek raak bemoerd vir stupid mense op die nuus, en ek kan niks aan die situasie nie, so ek maak myself net upset vir niks.

Wel, as jy nou iets soek om oor te lag, en dan na effe nadenke skoon terneergedruk te word, gooi 'n oog oor die SA Idols op DSTV. Het per ongeluk daarop afgekom gisteraand en was skoon histeries van die giggels. Aan die ander kant, dit raak nogal gou oud om te kyk hoe afikaners hul name krater maak…

ongelukkig is ek een van hierde arm blixems sonder DSTV of 'n yskas. so ek hoor maar die stories deur Gareth op 5fm.

antwoord is koop 'n yskas oppie never never met 'n TV in (smaak my dis beskikbaar (wtf!!)) dan kan jy voor die yskas sit, 'n bier uithaal en kyk… ;D

ek weet noggie hoekom hulle heeltemal die tv staties uitgeskakel het nie. ek skeem, maak jou tv sommer jou pc, dan kan jy jou programme direk van die net af kyk. jou groceries in die adbreak koop, jou facebook update, en as jou hele huis op bluetooth werk, dan kan jou yskas jou vertel die melk is op.
my gat sal effe groot raak as ek voor die tv/yskas moet sit, ek sal myself in 'n koma in vreet. dis te veel moeite om te loop na die kombuis. wat soos in 5m van die couch af is. luigatgeit is baie erg.

smaak my jy’t 'n sugardaddie nodig >:D

ek het 'n sleepsel wat nie te kak af is nie, maar ek is heeltemal te hardegat om so te leef. ek bogger maar voort en sit sonder 'n fridge. ek kon die wasmasjien fix, maar van fridges weet ek net mooi boggerol. ek suspect die gas is op. maar om een van die mak wetters by jou huis uit te kry om die ding te service, is nogals nie goedkoop nie.
en ek moet eers my kar se licence, en my drivers gaan renew.
maar ek sal like om allerhande gadets te he. dis die tomboy in my.

GG pm my dan vetel jy my biki wat maak daai Fridge van jou, dalkies kan ek jou help!
Ons is al teveel keer ini lewe deur geld wolwe ingedoen en het maar ‘n ding of twee so
Deur die tyd gevang. Onder andere dat ‘n “fridge” se gas nie kan “klaar” raak nie, tensy
Jy nou onlangs getrek het of hom ernstig rond gestamp het en daar ‘n gas lek is! Daar is
‘n groot moontlikheid dat dit die “Thermotstat” is wat foutief is!

‘n Ander “nice handy tip” wat ek altyd vir almal gee is, wanneer jy dat jou microgolf opgepak het, toets hom eers self (anders word jy vinnig vir ‘n microtron gecharge)
Sit ‘n glas water in die microwave en sit ‘n bayonet tipe lig bulb in die water sodat bulb op glas rus en
Staal deel heeltemal onder water is. Sit die mikrogolf aan en as die bulb verlig, makeer jou
Microtron niks nie en is dit heel waarskynlik ‘n “fuse” in die mikrogolf wat geblaas het. Ons moes maar opi harde manier leer, die blikskottels charge jou ‘n mase klomp geld en ruil net ‘n “fuse”

Jis nou lyk dit soos 'n “Soooo maak mens” Tread ;D

Ek het 'n spaar yskas in die laundry, die ding staan net daar en vat spasie op, as jy belangstel en 'n bakkie en 'n paar sterk hande kan organise, dan kan jy die ding kom haal. Nou nie die modernste ding nie, en so bietjie gekrap van al die trek, maar het maklik nog so 5 jaar se lewe in hom.

@ faeire - dankie hoor!!! ek sal kyk wat ek kan organise. dis effe 'n pyn in die gat om sonder 'n fridge te sit. mens vergeet hoe afhanklik mens van die ding is.

@ Jane - simptome soos volg - eers het die fridge deel nie so lekker koud gemaak nie, toe sommer glad nie. sommer later warm daar binne begin raak. soos in erg. toe het die freezer box ook sommer gevrek. nou is hy oorlede. die masjien gaan nog druk aan, en ek het die grid agter skoongemaak. en die ding het nie 'n cooling fan nie. en ek het geen fokken clue waar die thermostat is nie. die hele agterkant is sealed, so mens kan niks oop maak om te kyk nie. al wat mens kan sien en bykom is die compressor. en van daai goed weet ek net mooi niks.

die hele DIY thread is eintlik nie 'n bad idea nie, mens kan netsowel idees deel.

GG ek is nou nie 'n qualified nie maar praat maar uit ondervinding, ons onself het ook maar lank “einde van
die maand salty crackers” geeet :wink: maer jare gehad! Het so bietjie ondervinding langs die pad opgetel!

Klink my so al dit is jou yskas se “Defrost heater” wat buggered is. Kan nie verseker se nie, want dit is tussen
hom en die “Thermostat” Ek het gou vir jou twee sites opgesoek wat so bietjie van die simptome beskryf, jy sal
dit kan vergelyk met wat jy ervaar het!

http://www.applianceaid.com/defrost_cycle.html

Ons het maar alle hakkies en skroefies los gemaak in die yskas en so
die goedjies ontdek. Die “Thermostat” is sigbaar, dit is die draai knoppie waarmee jy die temperatuur in die yskas verstel en lyk so in die agterkanthttp://shop.ukwhitegoods.co.uk/images/596249_fridge_thermostat.jpg Die pypie wat koue gelei veroorsaak dat die “thermostat” die sein na motor gee om aan en af te skakel. Jy kan hom toets, deur die pypie versigtig uit te trek (moet nie knak nie) yskas aan te sit, en dan soveel moontlik
van die pypie in 'n lang glas ys + water te druk. Sorg net dat jy die water weg hou van die elektriese drade! ::slight_smile:
Stel die temperatuur “setting” maar op sy warmste, anders staan jy voor die fridge vir 'n leeftyd.
Obviously, as die “compressor” uitskop, beteken dit jou “thermostat” is honderd en ‘n redelike kans
dat dit eerder die “defrost heater” is. Ons het voorheen die “defrost heater” vervang en maar gehoop en “bid” dat dit hy was. Maar as iemand vir jou ‘n multimeter het om te leen, kan jy op bogenoemde “site” sien hoe om die “defrost heater” daarmee te toets!
As jy ‘n “appliance spare shop” naby jou het, kan jy hul vra om net vir jou te kyk op hul “spares” lys of jou yskas ‘n “defrost heater” in het of ‘n “timer”! Ook nie nodig om “original parts” ten duurste te koop nie, mens kry goedkoper weergawes!
Toets gerus jou yskas en laat weet of jy iets wys kon raak! :wink:

jA-NEE,hierdie thread het behoorlik van die bus af geneuk… van 7de laan na yskaste toe… :smiley:

Wel om die waarheid te sê…selfs yskaste is interesanter as 7de laan :-X
(net soos in enige ander sepie, mis 'n maand se episodes en vang als op in
slegs een episode ;))

ek mind eintlik nie ou sewende laan so erg nie. dis ten minste meer realisties as hierdie evil twin brother/ zombie/ alien/ abducting nonsens.
once in a blue moon, as ek vir een of ander rede vroeg by die huis is, dan sit ek die tjol op die kassie en kyk. en ek wonder, waar die moer kom hulle met die idees op. ek meen regtig. x files se gat.
even egoli het op 'n tyd mense wat uit die dood opstaan. en almal pomp almal. en dink ek kyk dit om te lag vir die stront.
maar ou swewende laan het ook maar biekie boring geraak. maar hulle at least deal met goed waarmee ek kan associate. nie demonic posession en whatnot nie.
ek dink daai peoples rook hectic stuff en sit om 'n kampvuur en kak uitdink. Days of Stoned Lives.