Voorbidder ryklik betaal met bedroggeld

Kaapstad - Die King-broers van Wellington het R100 000 betaal sodat ’n Christelike raadgewer “kon bid” vir dr. Paul King, die broer wat selfmoord gepleeg het midde-in die R600miljoen-beleggingskandaal.

Mnr. Adrian King, stigter van die Kings se eiendomsbelegging­skema, het gister in ’n likwidasie-ondervraging in die landdroshof bevestig twee betalings van R50000 elk is aan sy broer se “Christen-raadgewer” gedoen.

Die geld is betaal aan ene mnr. Tommy Leigh, volgens inligting wat die likwidateurs van A&S King Makelaars, een van die King-maatskappye, bekend gemaak het.

Op ’n vraag oor watter soort raad Leigh aan Paul King verskaf het, het Adrian King geantwoord dié vraag moet aan sy broer gestel word. Paul King het homself in Augustus verlede jaar vergas.

Adv. Almero de Villiers, wat die ondervraging namens die likwidateurs behartig, het gevra of Leigh vir Paul King gebid het, waarop sy broer geantwoord het: “Ja, ek hoop so.”

De Villiers het gesê hy hoop die gebed het gehelp, waarop King weer gesê het hy hoop so.

Hy het later getuig ’n eertydse werknemer van die Kings, mnr. Jean Slabber, het Leigh aan hulle voorgestel. “Hulle het met Paul se kop gesmokkel dat die biesies bewe. Ek het daaroor baklei.”

King en sy gewese vrou, Louise, het gister saam by die hof opgedaag. Hulle het langs mekaar gesit en gewag om te getuig.

  • Die Burger

Goeie godsdienstige mense… >:D

Te Pragtig. Die Here is goed.

Kom ons vat hande… >:D

Hulle moes na my toe gekom het. My prys is slegs R99 999.99. Jou snooze you loose…

Moer, ek sou gebid het dat die byle huil…wat se hulle van 'n doos en sy geld? >:D

So that’s what I have to save up to get to heaven, huh?

But if you pay it to me (Official Agent in your area) you get a guarantee! (Terms & conditions apply)

Na Agnus Buchan se biddag vir reën in George (9 Oktober 2009) het dit geen verskil gemaak nie, maar wat verwag jy? Suinige bliksems in daai dorp wat swak betaal en die kerk se geld steel.