http://www.beeld.com/Wereld/Nuus/Vrou-wou-van-sonlig-leef-sterf-van-honger-20120425
As mens daai “infomercials” kyk waarin hulle mirakel-verslankingsmiddels adverteer, sien jy altyd sulke fynskrif onder-aan die skerm: “Works in conjunction with a calorie-restricted diet and exercise program.” Miskien is dit dieselfde met die sonlig-dieet: jy kan van sonlig alleen leef, maar die dieet werk saam met 'n gebalanseerde dieet van proteïen, koolhidrate en vette. Vermoedelik het hierdie dame die fynskrif misgelees. In ieder geval 'n sterk kandidaat vir die Darwin-toekenning.
Daars nie pille vir stupid nie.
Ek het al gelees van hierdie - sal ek dit 'n - “sekte” - noem, maar jare gelede, bleddie idiote…
Ek sal stem vir haar Darwin nominasie. Die groot vraagstuk is: Het sy gebroei voor sy haarself uit die DNA-poel kon haal?
Indien wél, is daar nogtans hoop. ’n Genetiese erfnis is nie absoluut 100% bepaald nie. Daar is ’n moontlikheid dat die vrou se kamstige kinders minder onnosel sal wees. Of miskien meer — d.w.s. die kinders sal op hulle dag dalk ’n diëet volg wat regte kos bevat, al is dit lig maaltjies. Op die ander kant, as hulle meer sotlik is, sal hulle seker ’n maanlig diëet kies. In ieder geval sal die domgene verdun word… 
'Luthon64
Switserland kry seker te min sonlig in die winter, dié dat sy dood is. >:D
Ja, hier in Suid-Afrika het sy straks aan vetsug gesterf. 