Was Racheltjie eintlik ’n Amerikaner?

http://www.beeld.com/By/Nuus/Was-Racheltjie-eintlik-n-Amerikaner-20121005

Was Racheltjie eintlik ’n Amerikaner?
2012-10-06 06:00

G. Olwagen en Leo Kritzinger

Die vermoede dat die Voortrekker-heldin Racheltjie de Beer ’n versinsel is, bou al lank op omdat genealogiese navorsing geen getuienis kan vind wat met die gegewens in dié bekende verhaal strook nie. Die joernaliste G. Olwagen en Leo Kritzinger voer aan dat die verklaring dalk by die enigmatiese Eugène Marais gesoek moet word.

http://www.beeld.com/By/Nuus/Was-Racheltjie-eintlik-n-Amerikaner-20121005

As die storie wel eers in 1921 die lig gesien het, is dit 'n goeie 80-90 jaar nadat die gebeure volgens oorlewering plaasgevind het!

DIE WOORDE IS VERGETE
EN TOG, DIE DEUNTJIE DRAAL
SOOS VAAG-BEKENDE GREPIES IN
'N BAIE OU VERHAAL
- Koos du Plessis

Volgende gaan hulle ons vertel dat ons nie die uitverkore volk van God is nie.

Daar was so paar dae gelede ook 'n artikel wat in detail uiteengesit het dat Piet Retief basies 'n swnedelaar was wat aan die Trek deelgeneem het om sy krediteure te ontsnap. So tuimel die hele Afrikanermitologie, waaraan die ou NP so hard gewerk het, nou inmekaar. O wee, o wee!

En mense leer eenvoudig nie: die ANC is hard aan die werk om nou hulle eie mitologiese geskiedenis van Suid-Afrika uit te werk en in almal se kele af te druk. In vele ander lande sien jy presies dieselfde ding: die Turke se aggressiewe ontkenning van die Armeense slagting, die Japannese se ontkenning van hul oorlogsmisdade in China en elders, die Amerikaners se onwrikbare oortuiging dat hulle uitverkore is om die wêreld vir ewig te regeer (of seker ten minste tot Jesus kom). Die Duitsers moes eers in twee vernietegende oorloë te pletter geskiet word voor hulle hul eie nasionale mites kon laat vaar. Die Russe ontwikkel skynbaar elke paar dekades 'n nuwe stel mites, wat die vorige stel tot kettery verklaar. Ens. ens.

Nog een rede vir skeptisisme: denkende mense weet ons is ALMAL 'n blerrie trop chimps, waar ons nou ook al gebore word. :slight_smile:

In Gustav Preller se biografie* van Piet Retief, wat minstens 1 000 bronverwysings bevat, word daar wel gemeld dat Retief eens insolvent was en sy eiendom alles op vendusie verkoop is, maar dit was in 1824 en hy het eers in 1836 getrek. Uit die korrespondensie tussen Retief en Lt.-Goewerneur Stockenström is dit duidelik dat die koloniale regering bewus was van sy voorneme om te trek. Dit word gestaaf deur die manifes waarin Retief die redes vir die trek uiteensit. Voorstellings van Retief as `n swendelaar wat slinks weggeglip het, is strydig met hierdie feite.

  • Hierdie boek is meer as 100 jaar oud - in Afrikaans.

Nou ja, dit kan ook wees - ek het nooit gebodder om by die feite te probeer uitkom nie.

Piet Retief se ou (voor-trek) woning is minder as 5km van waar ek bly. Piet Retief is een van my dorpie se claims-to-fame. :slight_smile:

[dominee stem] Snaaks hoe die ou mensdom geneig is om aan te neem dat sy helde ten volle goed en deugsaam moet wees. Te gou ontneem ons diegene die lof wat hulle toekom vir die een of twee werklik uitsonderlike dade weens 'n geskiedenis van talle minder edel optredes. [/dominee stem]

Daar is natuurlik uitsonderings: Isaac Newton word steeds vereer vir sy bydrae tot wetenskap, en dit spyte van sy bewyfelbare geloofsoortuigens.

Andere van my helde, soos Lance Armstrong en Milli Vanilli, moet ek nog my maaind oor opmaak… :wink:

Ek was by die klas in Graad 2 uitgejaag omdat ek my onskuldige handtjie opgesteek het en die juffrou gevra het of Rageltjie geen skaampte gehad het om haar klere sommer so in die veld uit te trek nie… Die hele storie was vir my skeef, was die seuntjie dan nie veronderstel om na sy sussie te kyk nie? Hoe nou dat sy moes doodgaan en die bleddie seuntjie oorleef. There is no justice.