Watter doel kan 'n god dien as mens nie 'n siel het nie?

Kognitiewe Neurowetenskaplikes het al bevindings gemaak wat oa. die volgende bewys:

  • ons gedagtes, sensasies, vreugdes en smarte bestaan in geheel uit psigologiese aktiwiteite van breinweefstel (ons is dus breinweefsel in 'n verganklike liggaam);
  • elke aspek van bewustheid hou verband met die brein. Neurowetenskaplikes kan met MRI, deur die vloei van bloed deur die brein, presies bepaal waaraan 'n persoon dink - of dit nou aan 'n plek, beeld van 'n gesig, skoen of bottel is.
  • Twee bewusthede onstaan binne dieselfde skedel wanneer die 2 hemisphere van die brein op die operasietafel geskei word. Die bestaan van 'n siel is dus nie moontlik nie, want dan moet daar 2 siele wees.)
  • Wanneer psigologiese aktiwiteite van die brein ophou funksioneer dan staak die bestaan van alle bewustheid.
  • Die mens se ervaring dat daar iemand in ons verstand aan beheer van sake is - dit wat ons as die “ek” aanvaar, is regtig net 'n illusie.
    (Hierdie inligting kan verkry word o.a. uit die werke van Prof Steven Pinker, van die Harvard Universiteit in die VSA)

Mens het dus nie 'n siel nie of is ook nie 'n siel nie. Ons eindig by die graf.
'n Goeie en volle lewe is dus die beste wat ons tydens ons bestaan vir onsself kan doen.

Nou dis interessant. Hoe het hulle dit ondek - die pasiënt moes vermoedelik wakker gewees het tydens die skeiding. Twee bewusthede gelyktydig! Ek wonner hoe dit moet voel. En ook, dit sal lekker wees om met die een hand potlooodsketse te maak terwyl die ander hand skaak speel. Verbeel jou - twee vakansies in een!

'n Goeie en volle lewe is dus die beste wat ons tydens ons bestaan vir onsself kan doen.
Stem, maar hoe gaan ons weet of ons lewe [i]vol[/i] genoeg is. Moes ek nie maar nog 'n hond gekoop gegaan het nie? Skeep ek nie my liggaam af deur nie in die winter te swem nie? Hoe gaan ons weet?

Rigil

Een bron hieroor is uit die werke van Prof Steven Pinker, van die Harvard Universiteit in die VSA

Ek dink alles gaan oor, soos die Amerikaanse konstitusie lees: “The persuit of happiness”.

Want dit lyk my die mens kan nie werklik gelukkig wees as hy nie sien dat sy medemens ook gelukkig is nie. Om werklik selfvervulling te kan geniet, moet mens sy medemens dien.

Dit is deur evolusie in ons "ge-hardwire’ om goedhartig te wees - dieslfde as bv 'n labrador wat nie gelukkig kan wees as hy nie 'n bal jaag nie.

Dis dalk bv. waarom Bill Gates dalk nou van sy biljoene ontslae raak om armes te help. Hy het alles gehad, maar was nog nie gelukkig nie.

Ek dink hierdie is 'n bron oor 'n bietjie inligting oor hierdie tipe navorsing:

  • Center for volutionary Psychology onder Diekteurskap en medewerking van Prof. John Tooby, van die Universiteit van California se Department van Antropologie