Watwou! Waar val hierdie man uit?

Ek het nog nooit hierdie program gekyk nie (dankie tog, ek glo nie ek sou my irritasie kan beheer nie), maar as dit nou die kwaliteit man is wat 'n goeie afrikaner meisie soek, dan bly ek eerder single tot in lengte van dae:

http://www.beeld.com/Vrydag/Nuus/Daar-dop-al-drie-girls-die-toets-20111110

Die man is 53, klaarblyklik 'n suksesvolle boer iewers in Limpopo en soek nou vir homself 'n vrou slaaf.

Kyk ’n mens na die lysie van ­dinge wat die regte vrou moet hê, is aanpasbaarheid die heel belangrikste.

Dis ononderhandelbaar. Sy moet ook nie ’n snob wees nie. En haar kinders moet ordentlik wees; nie rebelle nie. Dáárvoor is hy nie lus nie.

Let wel: HAAR kinders… (wtf!!)

Dan, baie belangrik, Van Zyl soek nie ’n lui vrou op sy plaas nie. As hy van die werk af kom, wil hy kos hê om te eet. Hy wil nie eens vra daarvoor nie. As vriende of sake­kennisse kom kuier, moet die kospotte op die stoof ook regstaan.

“Daar moet warmte in my huis wees; mense moet welkom voel. Sy moet die huis mooi maak. Daar moet beplanning wees.”

Maar wat hom nou régtig kicks sal gee, is as hy vroutjie-lief soms so ’n bietjie kan rondstuur.

“Dis moeilik om altyd ’n sleutelpersoon by die werk weg te neem. Dit sal vir my nice wees as ek haar kan stuur om goed te doen of as sy met takies in die kantoor kan help.

“Of as sy oor middagete sommer ’n hele skinkbord met kos vir álmal kan bring. Op ’n reëndag sommer die Cruiser vat en ’n moerse skinkbord met 200 pannekoeke na die plant toe bring. Ons bly op ’n plaas; ons hou van pannekoek op reëndae.”

Maar moenie verkeerd verstaan nie. Sy hoef haar nie af te sloof nie. Sy moet net ’n steunpilaar wees.

n’ steunpilaar wat 200 pannekoeke kan bak op 'n reenerige dag…

“Sê nou maar ek gaan iewers heen, of oorsee, dan kan sy my tas pak. Maar sy moet hom volledig pak. Ek wil nie daar anderkant aankom en dan is daar nie onderbroeke in nie.”

Boet, pak jou eie donnerse onderbroeke, daar is 'n REDE hoekom jy op 53 nog enkellopend is…

Ten slotte:

En nou, noudat Boer amper op ’n einde is en hy nié die liefde van sy lewe gevind het nie?

Wat is die plan?

Om mee te begin, vertel Van Zyl, gaan hy weer deur daai stapel briewe werk.

Dalk is daar ’n versteekte juweeltjie iewers. Hy het immers nie almal deurgelees nie. Sommer so 300 eenkant toe geskuif op grond van die kiekies.

“Hoekom gaan ek iemand kies vir Boer soek ’n vrou en as ek daar kom, is die looks van die girl vir my so afstootlik dat ek niks met haar gaan doen nie?”

Dan sal hy eers ontslae raak van die stadsmeisies.

Wat my gat se deksel is, hoe del hel kan enige ordentlike vrou haarself op so 'n manier gaan verkoop, mind you, mens kan seker die kwaliteit “ordentlik” ook debatteer!

Bleh, kyk dan net hoe LYK die man… die vroumense is duidelik op drugs…en nie baie lekker drugs nie.
Dis goed soos die wat my skaam maak vir my halfpad afrikaanse heritage. :-[

die bra moet darm met my kom kaksoek. ek sal so balsak uitmekaar haal met genot. poesnatis.
ja, maar, die vrou wat haarself aan so-iets ten bloot stel, verdien elke biekie 5am-pannekoek-bak bullshit wat haar kant toe kom.

Hopelik doen natuurlike seleksie sy wonders met hierdie ou, laat hy kan uitsterf.