Wens 'n vraatjie weg

Ek stel voor dat ons die SITPs met volmaan hou, dan kan die helfte van die skeptici met vratjies buite die kroeg staan en dit maan toe blaas. Met die volgende SITP kan ons dan die resultate met die kontrolegroep vergelyk. Skeptici wat so wetenskaplik vratjies maan toe blaas mag ander besoekers by die kroeg beïndruk en aanmoedig om by die forum aan te sluit.

Hermes, ek sê nie dit is noodwendig hardkoppigheid direk rond om hulle onlogiese stellings as sulks nie, maar hoe sal jy aspriste en gekose onkunde beskryf waar mense bewus uit hulle pad uit gaan om die leer van iets nuuts te weerstaan? Waar mense omtrent enige nuwe kennis wat nie in hul siening pas nie (of wat hulle te onnosel is om te verstaan) as ’n bedreiging opvat en waar hulle genoegsame rede en bewyse aktief verwerp? Waar hulle gereeld geregtig voel om hul heel en al oningeligde opinie as ystergekleë feit te verkondig?

Dit klink vir my baie na hardkoppigheid, al is dit van ’n ander soort.

'Luthon64

Mefiante hoe klink dit my jy’s ‘ongelowig’ >:D oor die wetenskaplike proses? Natuurlik moet mens die toets reg struktureer, statisties aanvaarbaar, ens ens wees. Of dit die moeite werd is, is natuurlik 'n ander vraag en almiskie is my konklusie dat die mite die nek ingeslaaan mag word, prematuur/naif. Hardkoppigheid is part en parcel van die woo woo environment, maar dit moet ons nie afsit nie (as dit die moeite werd is)
Natuurlik as die maanblaas groep beter vaar, dan het ons 'n interessante bevinding, placebo effek et al, maar indien nie, is ons ‘one small step closer’.

Sekerlik is daar hardkoppigheid. Wat ek probeer tuisbring is dat empiriese toetsing vir baie mense niksseggend is omdat hulle nie syfers - veral statistiek - begryp nie.

As jy dit inlees in wat ek geskryf het dan het jy my bedoeling heeltemaal gemis. Ek raai aan dat jy weer aandagtig lees.

Ek verstaan jou punt, maar myne is dat die hardkoppigheid al klaar begin waar sulke mense weier om hulself voldoenend in te lig sodat hulle statistiek en syfers wel kan bemeester – of tewel toe te gee dat hulle onbevoegd is om bedoelende menings oor die saak te lig.

'Luthon64

Popcorn anyone? :smiley:

Dit was tongue-in-cheek :wink:

Punt aanvaar.

Die probleem wat ek het met mense wat nie 'n empiriese benadering waardeer nie, is dat hulle oortuig is daarvan dat anekdotiese getuienis betroubaar is. Argumente soos “maar sê nou dit werk net vir party mense/bloedgroepe” is vir my 'n aanduiding dat mense nie verstaan nie dat die gemiddeld beïnvloed sal word, selfs al is 'n kuur net doeltreffend vir 'n (beduidende) gedeelte van die steekproef.

Persoonlik dink ek nie dis nie dat mense nie statistieke verstaan nie.
Almal sien dit uit hulle eie oogpunt uit en uit jou oogpunt is jy wel ‘spesiaal’.
So as dit vir een ander ou gewerk het sal jy altyd dink dit kan vir jou werk want jy is dan ‘spesiaal’.
Hulle sal bygelowe aanhou try, want sê nou maar net…

Hier is nog 'n datapoint(?) vir julle studie. Ek het omtrent agt jaar gelede opgelet dat ek 'n vratjie onder my voet het. Ek het niks aan hom gedoen nie, en glad nie daaroor gedink nie, behalwe om hom so nou en dan in die bad raak te sien. En nou die dag kom ek skielik agter hy’t spoorloos verdwyn!

:smiley:

:smiley: Hy het seker spore gemaak?

As hy weggegaan het tussen 23 oktober en 21 november dan beteken dit die planeet Plutu was in die skerpioen konstelasie. Pluto wag nie lat jy vir hom vraatjies blaas soos die maan nie, hy vat hulle sommer. 'n Skerpioen (23 oktober en 21 november) is 'n water teken, en daarom 'n positiewe tyd vir mense wat met hulle vratte speel in die bad. ;D

Gefix!!! ;D ;D ;D

OK het die vraatjie weg blaas ding ook probeer, sorry nie ek nie maar het boeta gehelp om dit te doen en wil nou nie almal se babbel bars nie maar dit werk toe nie! Het gaan soek vir boere raat en kom toe op die volgende af - Smeer 2 maal per dag LENNON’S se Turlington op met oorstokkie en drink sink pille. Het so 2 maande terug begin en religiously die muti opgesmeer en elke dag die sink pilletjie vir boeta gevoer. So maand en n half later kon ek sien dat die vraatjies begin uitdroog maar geen remarkable verbetering nie. Het so middel Desember besluit om die hele spul te los en boeta dokter toe te vat om die gedoentes te brand. Vanoggend kyk ek toe om seker te maak hoeveel daar is sodat ek die afspraak by dok kan maak, en zowaar nie n enkele vrat nie!!! Ons het op so 8 vraatjies gesmeer waarvan 2 so groot soos n 10c stuk was. Dis gone, daar is merkies maar geen trace van vraatjies nie. So helaas n boeren raat wat werk! Probeer gerus!

Dis heel moontlik ’n geval van post hoc ergo propter hoc.

'Luthon64