Wens 'n vraatjie weg

Dis bietjie stil hier, en ek’s lus om die hok te skud; so kom ek vertel julle 'n storie. Toe ek klein was, omtrent so tussen 6 en 9, het ek 'n vraatjie gehad op my hand. My pa en ek het een aand in die veld ingestap oorkant die huis na aandete. Ons het daai aand skaap vleis geëet. Ek het’n rympie opgese (wat ek nie kan onthou nie), ‘n skaap beentjie oor my skouer gegooi, en die vraatjie maan toe geblaas. Die vraatjie het obviously weggegaan, anders was hierdie maar ‘n dom storie.

Meer as 6 jaar terug het ek weer ‘n vraatjie gekry op my enkel. Ek het hom daar gelos, want ek’s nou bietjie groter en ek weet die goed gaan vanself weg. Na 6 jaar het ek besluit hy gaan nie self weggaan nie, en ek het een aand in die bad gesit en vir myself gesê, “Self, hierdie vraatjie is nie welkom nie en jy moet hom verwerp” ‘n Paar weke later was die vraatjie weg. Ek’s nie seker hoe lank later nie, want ek het nie opgelet nie, net eedag gesien hy’s weg. As ek moet raai was dit so tussen 1 en 2 maande. Ek het niks medisyne gedrink or salwe of smere of goed probeer om hom weg te vat nie. Net een keer hom weg"gewens" en vergeet daarvan.

Ek weet dis nie wetenskaplik nie, maar aangesien dit so ‘n algemene ouvrou storie is het ek gewonder of enige iemand anders ook al hiervan gehoor het of heaven behold al ooit so iets beleef het. Voel asb vry om my af te skiet, uit te lag, ens. Hierdie is nie ‘n grappie nie, dis ‘n ware verhaal van ‘n epidermiese proporsie.

Dis moontlik, hoe dit werk weet ek nie. Ek het ook so 'n verhaal, ek het so paar jaar terug (eintlik 'n vrek lang tyd terug), 'n nuwe high-flying werk gekry, op dag een staan ek op met 'n koors wat die water van my afspoel en nie 'n spier of klier in my lyf wat nie pyn nie. Die middag is ek dokter toe, die man doen bloedtoetse en ek sleep my lyf huis toe en sak neer in die bed - ek was nog nooit voor or na dit ooit so siek nie - in elk geval, volgende oggend skakel die dok my - dis klierkoors, hiers vir jou pyn pille, gaan suffer maar dit uit vir die volgende twee weke of wat. Ek sit die aand op my bed, en vertel my lyf, “Lyf, hierdie werk is belangrik, ek het die geld broodnodig, more oggend is jy reg”.

Ek was perdfris die volgende oggend.

Go figure. Dis 'n kop-ding.

As 'n mens deur 'n verkyker of teleskoop na die maan kyk, kan jy sien dit is vol vratjies.

ek’t dieselfde ervaring gehad…met 'n moewiese doringvrat op my duim, seker so tien jaar lank pla die donnerse ding my…blaas hom moertoe na 'n vol maan…woeps waps 'n paar weke later is hy weg… nou wat de fok?

The skeptic in me says ya’ll are scratching them off in your sleep. ;D

try scratching off a plantar wart(Verruca plantaris) bru…doring vrat in Afr.

Weet nou nie van weg wens nie maar hier is 'n boereraad wat werk. Maak 'n earbud (weet nie Afrikaanse woord) nat met battery suur en dan die vraatjie. Jy kan die suur af was na 'n minuut. Blykbaar is dit 'n virus of iets wat nie van die suur hou nie. Dit is pynloos, veral vir kinders en is weg na 'n week. Die vraatjie moet net “rof” wees, nie 'n jong een nie.

Jip - ken daardie raad van vraatjies maan toe blaas al te goed. As jy hom met jou eie asem blaas, neem dit so 1 to 9 maande om te verdwyn. As jy hom blaas met 'n bietjie krioterapeutiese stikstof, selfs gouer.

Jy moet natuurlik net sorg dat jy nie weer aan 'n padda vat daarna nie!

Mintaka

Jy moet natuurlik net sorg dat jy nie weer aan 'n padda vat daarna nie!

Well, that’s going to ruin my evenings…

Kry prinsesse vratjies op hulle lippe as hulle paddas soen?

Ek dink dit sal van die padda afhang, en deur wie hy laaste gesoen is.

Mintaka

die laaste padda wat ek gesoen het het my gebyt…sukkel nog steeds! ;D

hel brian, volgende vat 'n weed-wacker saam lat jy eers kan check of daai padda tanne het bru!

ek het al paddas gesoen, en gelek… wag, waarvan praat ons nou?

Yippeee … the good old days! ;D

Om terug te kom op “topic”. Die enigste toets resultate wat ek kry vir die vratjie ding is hier . Ek’s nie 'n wetenskaplike nie, maar 48% persent sukses met placebos klink vir my hoog. Is 'n placebo nie amper soos 'n maanblasery of wegwensery nie?

Die suikerpil effek sal waarskynlik net waargeneem word indien die pasient glo dat die middel wat hy neem wel die ware geneesmiddel bevat. Maar 'n vratjie is waarskynlik 'n beter toets vir die placebo-effek, aangesien die resultate beter waarneembaar is en mider subjektief as die gewone “ek voel nou baie beter” verslag.

Miskien moet 'n 100 mense hulle vratjies maan toe blaas een aand, en 'n ewe-groot kontrole groep dit nie doen nie. Na so ses maande kan die vratstatus van die twee groepe weer ge-evalueer word, en dan kan 'n mens soek vir statistiese beduidende verskille.

Mintaka

stem saam Mintaka…miskien moet dit by 'n openbare skool gedoen word as 'n wetenskap les en die resultate gepubliseer word…kanse is dat die mite die nek ingeslaan sal word. Dan is ons 'n stappie verder om mites en bygelowe hel toe te stuur!

Ek meen jy onderskat miskien hoe vas mense aan hulle bygelowe wil en kan klou. Die enigste moontlike manier hoe daar dalk ’n vermindering in die mites sal gebeur deur die toets wat Mintaka voorstel, is as die twee groepe presies dieselfde resultate wys. Indien die maanblaas groep beter vaar, sal hulle sê, “Sien jy, maan toe blaas verwyder vratjies!” Indien die kontrole groep beter vaar, sal onmiddelik ’n nuwe bygeloof ontstaan, nl. “Pasop, moenie vratjies maan toe blaas nie want dit keer hulle verdwyning!” Al wys die twee groepe wel dieselfde uitkomstes (wat statisties heel onwaarskynlik is), sal jy seker g’n einde van opgemaakte verskonings hoor nie. Om ’n bondige aanhaling aan te pas, “As jy met bygelowiges kon redeneer, was hulle nie bygelowiges gewees nie.”

'Luthon64

Ek is nie seker of hierdie vasklou aan onlogiese begrippe noodwendig hardkoppigheid is nie. Min mense begryp statistiek - selfs 'n gemiddeld is vir sommige mense 'n vae, betekenislose begrip. Daar is natuurlik mense wat syfers goed kan verstaan, maar nog steeds onsin glo.

Klink na 'n plan. Waar kry ons 200 vrattedraers. Iemand se padda gaan moet besig raak.

Die probleem met vratjies is dat hulle in elkgeval vanself weggaan, so as jy lank genoeg wag sal jy 'n 100% sukses kry met wat ookal jy doen.