Wittes Woeker - Rapport hoof artikel

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Wittes-woeker-20121103

Nog 'n verassende uitkoms van die sesus is dat wit mans, ten spyte daarvan dat hulle reeds agtien jaar lank gebuk gaan onder belemmerende regstellende aksie, steeds die laagste werkloosheidssyfers in die land toon. Die redes wat daarvoor aangevoer word is nogal interessant … onder meer dat Afrikaanse skole se standaard in Wiskunde en Wetenskap baie goed bly, selfs in vergelyking met die VSA en Nieu-Seeland!

Rigil

Ek vind dit eintlik verrassend, die kalibre van die jong wit kinders wat ek elke einde van die jaar mee onderhoude voer is maar swak. Die oorgrote meerderheid het 'n selfeiende houding en dink die lewe skuld hul iets. Ek is soms traag om van hulle in diens te neem ten spyte van die feit dat ek nie die kwota gevul het nie. My gevoel oor meeste van hulle is gewoonlik ook korrek en die wat ek inneem om die nommers mee op te vul val gewoonlik van die trok af drie maande later. Bygese, hierdie is 18/19 jariges vars uit matriek uit, hulle het nog baie grootword om te doen. Ek sien dieselfde met die swart dogters maar eienaardig genoeg byna glad nie by die swart seuns nie.

So … wie is almal skepties oor hierdie data?

Dit lyk of heelparty van diegene wat kommentaar lewer nie eers getel was nie … ek dink ons huis was ook gemis.

R.

Ek glo nie ons was getel nie. Hulle het die vorms afgelewer maar dit nooit kom haal nie, as ek reg onthou.

Is dit waar dat die vorms in potlood ingevul moes word? Eweneens, die sensusprosedure het darm ietwat verbeter van die dae toe hulle van jou verwag het dat jy met jou goddelik beswangerde vrou op 'n donkie in 'n stal moes gaan inboek vir die nag. :wink:

Rigil

daar was/is geen getuienis dat sulke tellings destyds gedoen is nie…net nog 'n mite.

Om nie te praat daarvan om na jou geboorte dorp te reis om daar getel te word nie… wie glo sulke stront?

Luk. 2:

  1. En in daardie dae het daar 'n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moet word.
  2. Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cirénius goewerneur van Sírië was.
  3. En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.

Ek het nie Wikipedia se bron nageslaan nie, maar skynbaar is daar wel rekords van sulke tellings:

The Gospel of Luke links the birth of Jesus to a "world-wide" census ordered by Augustus carried out while Quirinius was governor of Syria. This is thought to be a reference to the census of Judea in 6/7 AD; however, Luke also, like the Gospel of Matthew, dates the birth to the reign of Herod the Great, who died in 4 BC, ten years before the census of 6 or 7 AD.
Rapport het ’n paar kenners gevra om die afgelope week se sensussyfers, wat bevind het net 5% van wit mans was in 2011 werkloos, te ontleed.
Dit is algemeen bekend dat blankes in veel groter getalle as ander rasgroepe emigreer wanneer hulle werkloos raak. Dít moet in aanmerking geneem word wanneer die impak van regstellende aksie gemeet word.

Ek stem saam want as mens kyk na census data het die wit getalle eers af geneem en is nou amper weer terug na waar dit was in die eerste telling.

Dis reg. As baie werklose wittes waai, sal dit beide die totale wit populasie én die persentasie wit werkloosheidssyfer verklein. Snaaks dat hulle dit nie genoem het in die artikel nie. ???

En Tweefo en ek is nog nie eers by nie! :wink:
Het die wit bevolking dieselfde gebly ook relatief tot RSA se totale bevolking?

Rigil