Ysverskynsel

Ons hou bietjie vakansie in die oos Vrystaat naby Clarens en die Maluti berge. Na 'n yskoue nag en hewige winde is ons vanoggend begroet met 'n spierwit landskap. Ek dink dis dalk sneeu wat laasnag geval het. Maar hoekom het dit nie op die sement paadjies geval nie? Weet julle binnelanders dalk wat hier aangaan?

http://forum.skeptic.za.org/afrikaans/ysverskynsel/?action=dlattach;attach=817

http://forum.skeptic.za.org/afrikaans/ysverskynsel/?action=dlattach;attach=819;image


Is it not frost rather than snow? Not that it really matters. The thermal capacity of a tar or concrete road is much higher than that of loose soil and grass, which means that, mass for mass, it is able to store more thermal energy. The road is darker and absorbs more incident infrared radiation during the daytime which energy it retains in the form of a higher temperature. Finally, the contact area between the road and the frost/snow is greater, resulting in more rapid heat transfer between the road and ice, whereas the loose soil and grass traps small pockets of air that provide good thermal insulation for the ice. The net effect is that if it’s snow, it melts very quickly on the road or if it’s frost, the road doesn’t get cold enough fast enough for the condensation to freeze.

(Dis te koud om vanoggend Afrikaans te skryf!)

'Luthon64

Dankie, dit klink meer waarskynlik as ons beste hipotese op hierdie stadium - my laaitie sê die sneeu het afgewaai van die sement af, en aan die gras vasgehaak. Ek wens ek het 'n termometer gebring om the check vir temperatuurverskille.

Rigil

nee man dis die liewe jesus wat die paadjies vir sy mensies skoonhou…bewys my verkeerd!

’n Soortgelyke situasie gebeur op ’n lekker warm somersdag as jy kaalvoet loop. Op ’n teer of sement pad word jou voete heelwat gouer brandwarm as op gras of los stof, selfs in die laat middag of vroeë aand wanneer die son al sak of weg is. As jy op die strand loop en jou voete kry te warm hoef jy hulle nie baie diep in die sand in te grou nie om hulle af te koel. Al dié verskynsels is weereens verklaarbar deur die verskeie hittekapasiteite, energiehoeveelhede, insulasieeienskappe en temperatuurverskille wat saamspeel.

Liewe Jesussie is eintlik die bliksem wat die dorings in die gras sit.

'Luthon64

Mens kan ook 'n houtskoolstukkie wat uit 'n vuur geval het vinnig optel en terugooi sonder enige skade aan jou vingers. Maar as jy dieselfde probeer doen met 'n stukkie staal (soos bv. 'n spyker) wat uit dieselfde vuur kom, sal jy sommer gou jou gat sien.

Rigil

Juis só — op voorwaarde natuurlik dat Liewe Jesussie nie ’n klomp spykers in die houtskool gelos het nie.

'Luthon64

Glo darm nie - al Jesus se spykers is in besit van die Roomse Kerk, nie waar nie?

(Ek moes eintlik gedink het aan die hele hittekapasiteit-ding as verklaring vir die skoon sementpaadjies. Minder as twee maande gelede het ons nog met loodballetjies, 'n Bunsenbrander en 'n geïsoleerde kampbeker rondgespeel in F101.)

R.

Ja, al 31,627 van hulle.

'Luthon64

Wel, as daai Romeine jou hang, doen hulle dit ordentlik!

Juis my punt. Hulle het ’n houtkruis gebruik wat 1,358 ton geweeg het en wat later in 811,534 gedeeltes opgebreek was. Hul ophang metodes het so uitmuntend geslaag dat na jou dood jou geraamte 127,422 beendere het, insluitend 2,437 skedels…

'Luthon64

Dit klink nie soos ryp (frost) nie. Dit ryp gewoonlik nie as daar 'n wind waai nie. Ook, ryp in die oggend beteken ook dat die wind daai dag nie sterk gaan waai nie.

Jy’s natuurlik heeltemaal reg, dit ryp gewoonlik net wanneer die lug redelik stil is. Nogtans, as die temperatuur vinnig genoeg daal en die lug vogtig is, kan dit wel ryp, veral in bergagtige gebiede. Dit is moeilik om op die foto’s te sien presies wat aangaan. As dit wel sneeu is, was dit ’n baie ligte sneeutjie gewees en soos ek gesê het, maak dit min verskil aan die antwoord op die vraag wat gevra is.

'Luthon64

Tweefo, dit was so 'n poeierige fynerige ys, as jy dit nou van naby bekyk. En jy kan dit saampers tot een helder koekie. Ek neem aan ryp vorm op die grond, en sneeu tuimel van bo af? Ons ken nie eintlik al die verskillende yse in PE nie … behalwe vir bietjie hael soms, en die mensgemaakte grootboetie wat jy saam met jou G&T geniet.

R.

Dit is dan ook die geheim van die mistici wat kaalvoet oor kole kan loop. Ek wil hulle altyd uitdaag om 'n sinkplaat oor die kole neer te lê en te wag tot hy dieselfde temperatuur bereik het. As hulle DAN nog kaalvoet daar kan oorloop sonder beserings, DAN sal ek glo hulle het dalk bonatuurlike magte. :slight_smile:

Hah! Occam se lem dui duidelik aan dat dit eintlik 'n Yeti is wat dit doen, vat so!

Hi julle,

Ek was laasjaar in die winter ook in daai wereld, en ons het dieselfde ding gehad een aand. Ek was van mening dit is n tipe ys reen, waar die vog/water/druppeltjies in die lug vries. Sneeu is mos anders, dit maak ligter vlokkies, en ryp vorm op die grond.

Hier is n effe nader foto wat ek gevat het. Jammer ek het nie gedink om n goeie makro foto te neem nie.

http://www.flickr.com/photos/hyper7/5891243183/#

Johann, dit lyk vir my na 'n soortgelyke ding, ja. Hier is van die goed op die kar se windskerm. Dit gee 'n bietjie beter idee van die tekstuur. Vir wat dit werd is, ek’t sederdien met die “locals” gesels, en hulle verseker my dat dit wel 'n ligte sneeuval was. :slight_smile: So wat die skoon paadjies betref, die sneeu moes eenvoudig op daardie areas gesmelt het, kort ná die feit.

http://forum.skeptic.za.org/afrikaans/ysverskynsel/?action=dlattach;attach=821


In Europa strooi hulle in die winter sout op die paaie om die sneeu te laat smelt; dalk het iemand hier dieselfde gedoen?

brianvds, ek het gou 'n paar spot checks gaan doen tot Mev Kent se ontsteltenis. Die paadjies proe wel vars.

Rigil