Christenskap van vandag en die Kerk

Die Kerk van vandag uiters verdeeld is. Dit word so gedoen met opset. As mense verdeeld is kan mense beter control word.

In die laaste 3 jaar het God my op 'n pad gelei waar ek ontdek het dat die Christenskap wat Jesus nagelaat het en die Christenskap wat van ons preekstoele af verkondig word nie dieselfde is nie.

Dit het my geloof diep geruk aangesien ek God gedien het volgens die pad wat in my kerk verkondig was vir 30 + jaar.

Eerstens het ek ontdek dat Keiser Konstantyn en sy rade van 325 NC 'n nuwe vorm van Christenskap aan die wereld bekend gestel het. Hy het 'n politieke motief gehad. Die Boeke en geskrifte is opgegaar, sorgvuldig aangepas en gewysig om hierdie nuwe godsdiens te staaf, en toe as een boek saamgebind, nl die Bybel.

Al die ander boeke is verbrand. Nie omdat hulle onwaar was nie, maar omdat hulle waarhede bevat het wat nie hierdie nuwe Godsdiens sou ondersteun nie. Die Nuwe Testament is aangepas deur Konstantyn se rade op sy versoek.

Tot op hierdie stadium was Christene verdruk, het in grotte en spelonke 'n redelike vreedsame anti-geweld geloof beoefen. christene was vervolg en gemartel en uitgemoor. Maar na 325NC het die prentjie verander. Christene het geweld aangeneem onder Konstantyn, en nou die swaard geswaai. Enige persoon wat nie die nuwe vorm van christenskap wou aanvaar nie was geweldadig vermoor. Geweld in die naam van God was nou aan die orde van die dag, en het so voortgeduur deur die middel eeue, die kruistogte en die Spaanse verowering van Suid Amerika. Miljoene mense is gruwelik vermoor in die naam van Christus onder die Kerk se beheer.

Toe was die Bybel in Latyns en mense was verbied om dit te lees. Dit was alreeds gewysig om die nuwe godsdiens te ondersteun.

Die Christenskap van vandag volg die dwaal leerstellig van Paulus en nie van Jesus nie. Paulus se briewe was vir Konstantyn van groot waarde en was populêr in Rome.

Van die nuwe dwaal leringe wat duer die Kerk verkondig was, was :
1)die doktrine van die 3 Enigheid van God (Holy Trinity - Father, Son, Holy Spirit) - Ingebring deur Biskop Gregory van Nyssa in die 3de eeu.
2)Die Ewige Hel - ingebring deur Jerome in die 4de eeu. Voor dit het die ou Kerkvaders die doktrine van Universele Saligheid geken. Hiervolgens sou alle siele eendag met God verenig word. Dit het ook saamgeval met die doktrine van reinkarnasie wat deel was van Christenskap voor die 4de eeu. Na Jerome, het hierdie verwysings in die briewe van die Kerkvaders verdwyn. Vandag word reinkarnasie bestempel as deel van een of ander lawwe Oosterse geloof.
Die feit is dat dit deel was van die Kerk beleid tot en met 553NC. Toe het die Rade van die Kerk finaal besluit om hierdie doktrine totaal te verban en verbied. Dit het verdwyn van Kerk beleid af.

Daarna het die Rade besluit om enige boeke wat hulle posisie mag waggee en hulle wandade mag blootstel, te verbrand. Sekere boeke het oorleef in die Nag Hammadi rolle en Dooie See rolle waar hulle in die 20ste eeu weer opgegrawe is.

Daar is nog ander doktrines en gods-kennis wat ook destyds deur die kerk verban en verbied was wat van groot geestelike waarde was. Hierdie kennis was deur die kerk eenvoudig as die Okkult bestempel en mense was verbied om daarmee iets te doen te hê. Die Kerk het die leuen verkondig dat die Okkult het te doen met duiwelaanbidding, Satanisme en allerhande Booshede. Dit was genoeg om enige mense die skrik op die lyf te jaag. Die feit is dat dit te doen gehad het met die Boom van die Lewe,.

Die Boom van die Lewe is geheime kennis wat God aan Abraham gegee het. Dit was oorgedra aan sy seun, toe ook aan Moses, aan Samuel, Dawid en Salomo, Elia en Elisa en al die Ou Testamentiese profete, en toe uiteindelik aan Jesus. Hierdie geheime kennis het hulle instaat gestel om wonderwerke te verrig.

Die Kerk wou nie hê mense moet dit weet nie of dit kan doen nie. Die Ou Testament self is vol van verwysings na hierdie kennis. Om dit te kan sien moet mens 'n Hebreeuse konkordansie hê, en dan 'n goeie kennis van die Boom van die Lewe self om dit raak te sien.

Daar is dinge wat die Kerk nie vir ons vertel nie. Jesus en die OT Profete het dinge geweet wat ons nie vandag weet nie, en dit het ook te doen met die boodskap van Jesus oor - Soek eers die Koninkryk van God…

Die Kerk het ons as mensdom mooitjies al vir 17 eeue in die woestyn van onkunde laat rond dwaal.

Email my gerus as julle my studiemateriaal oor die Boom van die Lewe wil bekom. Wees gewaarsku dat jou lewe daarna nooit weer dieselfde sal wees nie. Jy sal nooit weer die Kerk en sy gebooie en doktrines in dieselfde lig sien nie. Jy sal God sien in dieselfde Lig as Jesus en die OT profete van daardie tyd.

Na 30 jaar in die kerk waarin ek aktief betrokke was, het my siening in die laaste 2 jaar totaal verander. Ek distansieer my van hierdie Kerk van vandag en volg nie meer die leerstellinge daarvan nie. Dis Jesebels in alle opsigte. Die mensdom moet wegbreek uit hierdie bande van bedrog wat ons bind. En ek sien dat daar is reeds miljoene mense wat besig is wereldwyd om te besef dat die Kerk is 'n Jesebelse Instansie. Hulle vind weer die ou Pad, die oorspronklike Weg waarvan Jesus gepreek het. Die Weg wat bestaan het voordat Paulus en Konstantyn dit kom verdraai het. En mense betree weereens die Koninkryk van God waarvan Jesus gepraat het!

Gister het ek hierdie topic op 'n ander forum gepos. Binne minute was daar 'n forum moderator op my spoor om my topic te verwyder sodat ander mense dit nie mag sien nie. Hy het my dadelik aangespreek oor hierdie siening. Die waarheid is dat hierdie Godsdienstige Instansie genaamd die “Kerk” se soldate is steeds daar om 'n wakende oog te hou oor diegene wat vasgevang is in die web van onkunde en duisternis. Vandag kan hulle darem nie my kop afkap of kruisig soos Konstantyn se soldate gedoen het in daardie jare nie. Ek kan steeds omdraai en wegloop en die stof van my voete afskud. Dan het hy nog die waan en arrogansie om te sê dat DIT is die kerk wat deur Jesus geinisieer was. Wat 'n bedrogspul!

Het iemand al die movie “Zeitgeist” gesien? Dis 'n skokkende onthulling van die wereld waarin ons vandag leef, waar die mensdom as slawe van ekonomiese, politieke en godsdienstige stelsels aangehou word.

Dit is online op hierdie link:

:slight_smile:

Seenwense
Len

Niemand sal jou vra om die topic hier te verwyder nie. Dit is teen vrye spraak. Solank jy kan staaf wat jy beweer, mag jy enigiets skryf.

Indien jy verder geskok wil word, lees gerus oa in die Catholic Encyclopedia oor die vergadering van Konstantyn in 325CE.

Nie net het hulle gekonkel nie, maar dit was ook waar Jesus geskep is. Na 'n lang sirkus, moes hulle stem oor wie die nuwe God van die Romeine moet wees. Daar was vyf, oa Horus en Mithra (Nie Jesus nie). Konstantyn het besluit dat nie een van hulle sal doen nie. Hy kombineer toe die name van twee van sy voorsate, en kom af op die naam, Jesus Christus.

Indien jy belang sou stel, kan ek dit gaan naslaan en vr jou die spesifieke name gee.

Ahhh Sentinel!
Jy is 'n man so na my hart!!!

Ek waardeer die inligting, en kan dit self op my eie website gebruik (met jou toestemming asseblief!)
Dis tyd dat die mensdom uit hierdie juk van onkunde uitkom. En dis mense soos ons wat hulle bewus maak daarvan dat hulle om die bos gelei word.

Ek het so paar artikels in Engels ook gepos.

Ek hoor graag van jou

:wink:

Groetnis

Len

Jy is welkom om enigiets wat ek skryf te gebruik, met of sonder verwysings.

Indien jy meer wil weet oor die waarheid aangaande die Bybel, lees gerus Biskop John Shelby Spong se boeke, soos Why Christianity must Change or Die, maar veral Rescuing the Bible from Fundamentalism: A Bishop Rethinks the Meaning of Scripture.

Ek kon dit nog nie opspoor nie en Amazon lewer nie meer af in Suid Afrika nie, maar iemand het vir my al 'n paar bladsye per e-pos gestuur. (Dit neem hom seker ure om dit te tik of dalk ocr-scan hy dit, wat ook ure kan neem om na die tyd reg te maak.)

Spong is baie gekant teen die letterlike interpretasie van die Bybel en veral hoe dit gebruik word om bv ongelowiges, vrouens en homoseksuele mense te vervolg. Dit is moeilik om te glo dat hy 'n Biskop is - ek het nooit kon dink dat een van hulle uiteindelik eerlik sal wees oor die oorsprong van die Bybel en die Christelike geloof nie.

Baie nice - ek het sommer die 2 boeke hier op Amazon.co.uk bestel.

Dankie hiervoor. Is dit hierin waar hulle die dinge bespreek wat jy hierbo noem: Oor die Raad van Nicea 325AD, en hoe hulle moes kies tussen die 5 deities se name en die hele sirkus affere?

Dit sal help om bietjie daaroor op te lees en dit ook te versprei.

Len

Dit is in Tony Bushby se Crucifiction of the Truth. Daarin noem hy sy bronne oa die Catholic Encyclopedia.

Sentinel en Len, is dit wat Len sê werklik die kwessie (of “issue” in goeie Afrikaans)? Ek wil geensins die man (Len) ipv die bal speel nie, maar 'n kriewelrigtheid het by my ontstaan oor of Len werklik besef dat by baie skeptici die vraag nie is of Jesus “reg” of “verkeerd” aangehaal is, en of daar met die Bybel gepeuter is ens nie, maar dat die vraag eerder is “Bestaan God?” Want hoe mens ookal die konsep van god (of God) interpreteer, sodra jy nie meer in sy/haar bestaan glo nie, word alle argumente oor Jesus, die Bybel, die kerk ens, ens sinloos en dié wat dit predik sinneloos.

Ek dink dat die wese van skeptisisme die bevraagtekening is van alles en enige iets wat nie kwantifiseerbaar, bewysbaar en verifieerbaar is nie. Dat mens dus 30 jaar lank aan die neus gelei is, maar nou glo dat jy die “waarheid” gevind het terwyl jy steeds in 'n bonatuurlike “wese” glo, verteenwoordig dus nie 'n verbeterde insig nie, maar eerder steeds 'n totale gebrek aan insig. Dit maak nie saak hoeveel bewyse mens gevind het dat daar 'n sameswering bestaan tov die verdraaiing deur die eeue van “die boodskap” nie: as die sg “boodskap” van die begin af 'n versinsel is, is daar nie veel sin in argumente oor of dit wat ons vandag het, dieselfde is as wat dit was 2000 jaar terug was nie. Dit bly 'n versinsel, of platter gestel 'n liegstorie.

Armando.

Bravo. Mooi gesê.

'Luthon64

Terwyl ek steeds die reg voorbehou om te glo wat ek wil, soos jy dieselfde reg het,
is dit wel waar dat ek vir 30 jaar die Pad van die Christelike Kerk gevolg het.

Ek het oorgeskakel na die Pad van die Okkult. Die Okkultiese pad is nader aan die waarheid as die pad van die Kerk. Ek se egter nie hiermee dat my pad die volle waarheid ontdek het nie, eerder dat die waarheid subjektief is. Jou waarheid is nie my waarheid nie. Die waarheid verskil van mens to mens en is onderhewig aan konstante ewolusie en verandering. Waar ek in die verlede geglo het die waarheid is konstant en wik of weeg nie, is ek nou van mening dat die waarheid konstant onderhewig is aan faktore wat mens op 'n pad bring om dit gedurig te heroorweeg en evalueer.

Daar was 'n tyd dat die mensdom volstrek vasbeslote was dat die aarde die middelpunt van die heelal was. Daar was selfs die geloof dat die aarde plat was, en daar is steeds die wat hierdie idee vandag aanhang MET hulle eie wetenskaplike bewyse op hulle website (Flat Earth Society).

Die idee met waarheid is dat ons nie een kan se “Ek het nou die nuwe totale waarheid ontdek nie”. Ons het elkeen maar net 'n klein brokkie van die geheel.

Al wat ek kan se is dat ek nie meer glo die aarde is plat nie. Beteken dit dat ek as skeptikus nou moet twyfel of die aarde rond is? Ek glo OOK nie meer dat die aarde die middelpunt van hierdie heelal is nie. Beteken dit dat ek skpeties moet wees dat die Son wel die middelpunt is van ons sonnestelsel? Miskien, ja. Dis egter my prerogatief. Waar trek jy die lyn wat jy vir my probeer voorskryf oor wat ek mag en nie mag glo nie?

Wel, dis vir die individu om vir homself te toets en uit te vind wat WAAR is en wat is NIE.

Ek toets dinge en vind dit uit. Ek verwag nie dat julle dit OOK moet doen nie. Maar as julle wil gaan ek julle nie keer nie.

Life is a journey - geniet die reis!

Nee, Len, ek glo nie ons is eers naby mekaar wat die basiese argument betref nie. Soos jy sê, elke een glo wat hy wil. Maar as jy wil hê dat ons 'n sinvolle argument wil voer (en dit is nie te sê dat jy so 'n argument wil voer nie), moet ons eers besluit waaroor ons praat. Nou vra ek jou: As jy van God praat, waarvan praat jy? Voordat jy vir ons (of vir my, maar ek wil hierdie nie 'n persoonlike saak maak nie, daarom “ons”, dus ons almal) vra om te verstaan wat jy sê, en om te glo wat jy glo, moet jy verduidelik wat dit is waarvan jy praat. Daarom vra ek jou: Wat is “God”?
Armando.

(Hi Armando) Dit is juis my punt. Die enigste “bewys” dat die Bybel korrek is, kom uit die Bybel self. Die enigste “bewys” dat God bestaan, kom ook uit die Bybel. Geloof is gebaseer op fiktiewe karakters (God en Jesus).

Sonder die basis van die Bybel, God en Jesus, val geloof heeltemal plat. Dit geld natuurlik vir alle gelowe en hulle mites.

Presies. Dit is wat dit beteken om skepties te wees. Ons soek objektiewe feite.

Watter metode gebruik jy om te bepaal wat jou waarheid is?

Jy vra of jy moet skepties wees of die son die middelpunt van ons sonnestelsel is en noem die ‘Flat Earth Society’. Dit som die saak op. Die metode wat gebruik is om te bepaal dat die son die middelpunt is en dat die aarde rond is, is herhaalbaar en ander toetse dui ook op dieselfde data.

Voorheen het iemand sommer op 'n berg gestaan en gesien dat die aarde plat is. Hy sien die son aan die een kant opkom, oor die plat aarde beweeg en aan die ander kant sak. Hy teken dit toe aan in 'n heilige geskrif wat veroorsaak het dat mense vir duisende jare in onkunde leef. Diegene wat daarteen stry is in olie gekook ens.

Die ‘Flat Earth Society’ klink vir my net so mal soos die ‘Creationists’. Nuwe bevindings, gemaak deur deeglike wetenskaplike ondersoek, word verwerp en vervang deur hulle eie nonsens. Luister na hierdie strooi:

...the planet Earth is supposed to be a large, spherical shaped ball of rock flying through space at hundreds of thousands of miles per hour. But how... If outer space were a vacuum, then there would be no problem. But space is not a vacuum, it is instead filled with ether.
???

Ether! C’mon… Ons almal weet dat dit 'n mitologiese stof is (Aether) wat deesdae gebruik word om hospitaalvloere mee skoon te maak (CH3-CH2-O-CH2-CH3). :wink:

Noem een persoon van die ‘Flat Earth Society’ wat al die ruimte ingeskiet is, 'n monster van die “ether” teruggebring het en hierdie bewering gestaaf het. Hulle sit hier in hulle studeerkamers en suig sulke twak uit hulle duime.

Dit bewys nie dat huidige waarhede bevraagteken moet word nie, dit wys daarop dat die metode wat gebruik word om waarheid te bepaal, bevraagteken moet word.

Ek stem saam met Armando dat ons moet definieer waarvan ons praat. Ek wil dus nie die kern van sy vorige post verloor nie. Hy skryf:

Noem een persoon van die 'Flat Earth Society' wat al die ruimte ingeskiet is, 'n monster van die "ether" teruggebring het en hierdie bewering gestaaf het. Hulle sit hier in hulle studeerkamers en suig sulke twak uit hulle duime.

Ek was nog altyd onder die indruk dat die Flat Earth Society grotendeels bestaan as 'n “thought experiment” en wie se lede vir die pret kyk of hulle alternatiewe rasionele verklarings kan vind wat die oorweldigende bewyse vir 'n sferiese aarde weerle.

Ek dink darm nie enige van hul lede glo werklik dat die aarde plat is nie. Ten minste, ek hoop nie so nie…

Mintaka

Ek hoop ook so, maar dit keer nie dat mense hulle ernstig opneem en dit gebruik in hulle argumente nie. ;D

Psa 53:1 Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie! Hulle het sleg gehandel en hul onreg afskuwelik gemaak; daar is niemand wat goed doen nie.

Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie! Hulle het sleg gehandel en hul onreg afskuwelik gemaak; daar is niemand wat goed doen nie.

En wat presies, mnr Wilde, is jou definisie van “goed doen”? Hoe “goed”, volgens jou, is sulke God-geinspireerde dade soos menslike brandoffers, babamoord, plundery en verkragting? Hoe sal hierdie “dwaas” in jou bybelversie ooit naastenby kan kompeteer met die aktiwiteite van jou liefdevolle God?

Mintaka

…en dít is dan seker die eerste en laaste wat ons van Oscar se gekreun in die woesteny sal hoor.

'Luthon64

Mat 5:22: …en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.

LOL! ;D Touche Bluegray! Jy moet erken, die Bybel het iets vir almal!

Mintaka

Perfekte antwoord, Bluegray.