Die einde is naby - 21 Mei 2011

Heh! Laat on sien! :smiley:

http://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/1078/ad2c52f90a4b4895aaa6cef40f44e42b.jpg

Die wêreld gaan op 21 Mei eindig’ 2011-02-06 21:30

Mnr. Johannes Coetzee by sy bakkie wat ook die boodskap oor die naderende einde van die wêreld verkondig. Foto: Neels Jackson
Mnr. Johannes Coetzee is ’n besige man.

Sy wêreld vergaan oor net meer as 100 dae en die boodskap moet die wêreld bereik.

Coetzee is deel van ’n groep gelowiges wat glo die einde van dié bedeling breek op 21 Mei aan.

Dan, so glo hulle, sal die wederkoms van Jesus Christus plaasvind, gelowiges sal weggevoer word en ’n verwoestende wêreldwye aardbewing sal die planeet skud.

In die daaropvolgende maande sal chaos op aarde heers met lyke wat oral sal rondlê.

Die finale einde breek op 21 Oktober aan wanneer die aarde met vuur verteer sal word en die nuwe hemel en nuwe aarde tot stand sal kom.

Coetzee laat hom nie van stryk bring deur die algemene oortuiging in kerke dat die dag van die wederkoms van Christus ’n geheim is nie.

Hy meen dis ’n leuen wat kerke verkondig op grond van ’n Bybelvers wat verkeerd vertaal is.

Hy glo ’n kalender kan uit die Bybel saamgestel word waarvolgens die aarde in die jaar 11013 v.C. gemaak is.

Die sondvloed was in 4990 v.C, presies 7 000 jaar voor die einde op 21 Mei 2011.

Dié insigte kom van ’n Amerikaanse groep wat om die radiostasie Family Radio gesentreer is en wat die boodskap van die einde nou in 60 tale wêreldwyd verkondig.

Coetzee, vroeër ’n stads-en-streeksbeplanner, werk as vrywilliger vir hulle.

Hy sê hy het hul boodskap gekontroleer en glo dit heelhartig.

Hy leef van sy spaargeld en sit nou alles in om die boodskap oor die naderende oordeel uit te dra.

Byna 1,5 miljoen pamflette met die boodskap op is al gedruk.

Hulle het 300 000 daarvan in Kaapstad uitgedeel en nog meer in Johannesburg.

Die naweek het hy en sy medegelowiges in Pretoria gewerk.

Hy het ’n landkaart waarop al die treinroetes aangedui is.

Die stasies is vir hom poorte waar tienduisende mense daagliks bereik kan word.

Daar is mense wat aan hom sê hulle wil graag op 22 Mei by hom koffie drink of braai.

Vir hulle vra hy of hulle nie maar liewer voor die tyd wil kom nie.

Hy weet nie wat hy die laaste paar dae gaan doen en hoe hy die einde gaan inwag nie, sê Coetzee.

Sy gedagtes is nou eers besig met ander goed, soos groot buitelugreklameborde met die boodskap van die einde.

Daar is al sulke borde in verskeie buurlande, maar nog nie in Suid-Afrika nie.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Die-wereld-gaan-op-21-Mei-eindig-20110206

Half verbysterend dat dit nou juis voorbladnuus moet wees, so al asof daar nou niks anders is wat interessanter is nie.

Ek wonder of hy reeds sy huis verkoop het en sy kinders uit die skool gehaal het… jissie, kan jy nou indink in watse stront hy gaan wees as die dag kom en gaan sonder enige drama of vuur?

Family Radio advertensie foefie?

ek sit gister so by myself en dink. as almal dan nou so oortuig is ons vrek, of nou in mei, of volgende jaar, vir wat teel almal nog so druk, en trou, en studeer, en koop huis… dis mos dan pointless, of hoe? sit dan nou maar op jou ass, en wag vir die wereld om te eindig. beter nog, gaan plak in die kerk, dis seker tog die beste plek om te wees as die bollie die fan gaan strike. sal sien hoe vinnig begin die kerk daai kak stories teenwerk, as hulle honderde mense het wat die kerk se banke vol-plak, wat wag op die einde.

ons moet 'n reeling maak om kameras ens op te sit sodat ons die groot gebeurtenis kan rekord…weet nie vir wie nie maar miskien het Jebus nog nie homself op TV gesien nie. >:D Hierdie ding het oorgewaai vanuit die VSA maar hulle wou nie toelaat dat ons kameras by die busstop wat dit geadverteer het, sit nie…toe se die ou vir my…"Look around you…the world’s in a disastrous state … End of Times etc etc…wat de fok! En gisteraand watch ek “The book of Eli” jisses nog 'n nuwe generation/civilisation word ge-indoktrineer met …“And in the beginning”…

maar, hoorhieso, is dit nie al end of times, soos in, 2 jaar na jebus supposedly ge-peg het nie? elke keer as die virgin mary se gesig in 'n komplassie verskyn, is dit 'n sign dat die einde naby is. al hierdie kak van 2012, irk my. in a most irksome way.
ek wonder, hoeveel civilizations se kalenders het al jarre terug opgehou, of neuk nog allie pad voort?

As almal gaan peg 21 Mei, hoekom is die tipe ouens altyd so gretig om die hele wereld te vertel anyway? Sekerlik gaan die gelowiges (allegedly) gered word so als is knop-disselboom.

As hulle reg is, gaan daar geen tyd wees om vir ateiste te se “Kyk! Ek tune jou mos! Ha! REPENT!”, siende dat ons almal gaan beswyk. Miskien wil hy 'n game “I told ya so!” in die hemel gaan speel?

Religion: Tax for stupid people. - en in hierdie geval, moer die ou sommer alles weg. Kry vir jou, hopelik leer hy 'n les en dink volgende keer. (Yeah, ok, miskien vra ek bietjie baie)

ek wonder, hoeveel civilizations se kalenders het al jarre terug opgehou, of neuk nog allie pad voort?

Ek dink so daaraan: Die mayans het die balls gehad om 'n kalender optestel tot die jaar 2012, whereas die westerse samelewing hulle rekenaars geskep het met 'n kalender wat eindig 'n sekonde voor die jaar 2000, is daar nou rerig enige rede om te dink die computer-boffins wat daai besluit gemaak het 'n hoer insae in die werkings van die heelal gehad het?

So wat doen / dink die spul as 22 Mei aanbreek sonder enige voorvalle?? :-\

The Lord works in mysterious ways…

Die ou fallback…

seker die selle as na junie 6, 2006… stilstuipe…

Ja, maar jy kan dit nie op jou bakkie plak, op jou hemp druk en dit wyd en syd verkondig en dan wanneer jy soos 'n totale doos lyk met eier op jou gesig, skouers optrek en sê die Here werk in vreemde weë nie!

Dan is die Here besig om jou vir 'n pop te vat en sou ek aanraai dat jy diep besin of al die aandag aan Hom die moeiete werd is al dan nie.

Ja, maar julle verstaan nie, sy gebede is beantwoord!! Hy het gevra op sy kniee, dat ons sondaars gespaar word en net nog 'n kansie gegun word! Miskien is hy juis besig om soos Lot met die here te redeneer om net EEN goeie man te vind in the duisende sondaars!

ek reken dan, as die woo ons dan nou vra, hoe kan ons nie in god glo nie, seg vir hulle ‘die here werk in mysterious ways…’
bazinga!

Seker soos altyd ’n klomp verdommende en verstommend swak verskonings opmaak, b.v. dat hulle berekeninge ietwat foutief was omdat hulle dit of dat nie in ag geneem het nie. Dan sal hulle ’n hersiende datum met hernuwe entoesiasme verkondig en vir die hoeveelste keer in die mensdom se geskiedenis sal ons weer deur dieselfde onsin gaan. Harold Camping, die ou wat met hierdie Family Radio strooi begin het, het dit al ’n slag tevore gedoen, in September 1994. Uit hulle aard uit, is hierdie mense heeltemaal onbevoeg om te kan erken dat hul idees op niks meer as sand gegrond is nie, en hulle sal dus aanhou om dit as waarheid aan mense te probeer verkoop.

'Luthon64

And lo, that day will be upon us, and it will be heralded by great tragedies, and a guy in shorts and slops with his bakkie.

True story.

Ah gods!! BWhahahahahahaa!!! Sitting here in my corner ducking my head under the laptop’s screen snorting hysterically!

silverton translation:
and chekkit; there can like to be day, ne, that serious kak will moer you. And this oke wearing his kiff blou bull broeks, and his plakkie, and his ford, he will be the oke bringing the kak. this oke wil the same oke, that in the gym, will be gooi-ing the leg-press ding, and his eiers will fall from his polyshorts. THAT oke, is that guy will that kan like to bring the kak. buy him a beer. or give him your daughter. your gefok anyways.

julle verstaan nie…die ou se sign se prepare to meet thy God o Israel…die hulle wat gaan afkak…ons is OK.

volgens zuma hou hy die keys to paradise, so vote ANC, en jy is oraait.

Ek wil hierdie ounens wet dat niks sal gebeur nie. Ek kan nie verloor nie. As die aarde sou vergaan sal die wettenskap die minste van my probleme wees. Indien nie, moet hulle uitbetaal. Probleem is dat die bybel se jy mag nie dobbel nie.