Die einde is naby - 21 Mei 2011

I weep for the stupidity of humanity… Can we have eugenics now please? I volunteer to be the prime arbitrator.

As ek hom ontmoet het met sy pamflet sou ek in sy gesig gelag het. Dis net lagwekkend hoe hierdie mense blindelings glo. Selfs na die aarde ni vergaan het.

facedesk
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vergewe-ons-20110524

‘Vergewe ons’ 2011-05-24 21:50

Nelspruit. – “Ons is geestelike hoere. Ons het gesondig deur mense te verwar.”

Umm??? Ja?

“Ons smeek om vergifnis by God. Dit is duidelik dat ons inligting wat in die Bybel is verkeerd vertolk het en daarmee mense op straat laat rondhol het.”

Coetzee en sy “broers” het gister op ’n mediakonferensie in hul klein kantoortjie in Samora Machelrylaan, Nelspruit, aan die media probeer verduidelik wat Saterdag nie gebeur het nie.

Bwhahahhahahaaa!!!

“Ons is wêreldwyd sedert Sondag druk besig om weer ’n studie van die Bybel te maak om vas te stel wat volgende gebeur. Ons het dit wat daar staan verkeerd geïnterpreteer.”

My goedige fok… besef tog net dat jy dom-onnosel is.

Hy het egter volgehou die datum van die wegraping (21 Mei) “is vas” en dat dit steeds deel uitmaak van die aanloop tot die einde van die wêreld.

HUH???

Coetzee verkondig steeds dat die wêreld op 21 Oktober deur “swael en vuur” vernietig sal word.

“Ons weet ons is die grootste fools op straat. Maar ons weet dat daar nou ten minste ’n stewige grondslag gelê is vir die einddatum.”
Volgens Coetzee was hulle oor twee aspekte verkeerd: die wegraping en die aardbewing.

HUUUUUUHHHHH???

Terwyl hulle Saterdag in die hotel in Johannesburg op die einde gewag het, was hulle nie bang nie. “Daar was vrede in ons harte. Maar toe niks gebeur nie, het vrees ingegryp en ons het bang geword.”

Sy seuns, Johan (22) en Joubert (21), het die internet Saterdagnag voortdurend dopgehou op soek na tekens van aardbewings.

“Hulle het my omstreeks 01:30 wakker gemaak en gesê: ‘Hier kom dit nou.’ Dit was toe hulle tekens op die internet gesien het van aardbewings in Nieu-Seeland.”

Soms wens ek daar is 'n hel, twee gesonde jong seuns is in hulle moer in ge-indoktrineer en useless vir die toekoms.

Coetzee het tydens die mediakonferensie in ’n stadium in trane uitgebars.

“Ons smeek God om vergifnis. Blameer my. Ek was eintlik baie onkundig oor die hele situasie.”

Shamepies, my hartjie bloei.

Hy het ook sterk teen leraars uitgevaar.

“In die kerke lieg hulle vir die mense. Satan sit in die kerk en hulle besef dit nie.”

WTF??? Dude, gaan loop check die badkamerspieel, daars 'n balk in jou oog…

Op ’n vraag van Beeld of hulle op 22 Oktober weer ’n mediakonferensie gaan hou, het hy beslis geantwoord: “Nee. Kom ons kyk wat gebeur.”

sigh

Die fokin ironie!

En die twee briewe van Estelle Kellerman en Robert Nel onderstreep dit deeglik - ons glo kak so dalk is die kak wat hierdie betottelde Camping en sy volgelinge verkondig moontlik waar… ::slight_smile:

Goeie God, nou moet ons dit weer deur gaan in Oktober - êrens langs die pad gaan die humor uit die spul stront verdwyn vir my en humor is al wat my min hare red op die stadium!

Quote Terwyl hulle Saterdag in die hotel in Johannesburg op die einde gewag het, was hulle nie bang nie. “Daar was vrede in ons harte. Maar toe niks gebeur nie, het vrees ingegryp en ons het bang geword.”

Sy seuns, Johan (22) en Joubert (21), het die internet Saterdagnag voortdurend dopgehou op soek na tekens van aardbewings.

“Hulle het my omstreeks 01:30 wakker gemaak en gesê: ‘Hier kom dit nou.’ Dit was toe hulle tekens op die internet gesien het van aardbewings in Nieu-Seeland.”

Soms wens ek daar is 'n hel, twee gesonde jong seuns is in hulle moer in ge-indoktrineer en useless vir die toekoms.

ex-fokken-actly

ek wil net sê, Oktober is om die draai! 0:)

Sh*t, I invited my mother in law for a visit on the 30th October. Sy sal beslis weggeraap word, fundie of note. Ek het nog gedink ek moet iets Halloweenish doen net om haar te irriteer en my swaer se kinders in die verderf in te lei - altwee bloedjies gaan met die nonne skool.

Dink julle daar gaan Zombies wees?

jippie. ek word sommer nat van anticipation.

Ongetwyfeld.

Dit is dan ook al waarvoor ek nog uitsien!!

ek het my tiger crane kata mooi ge-oefen, met ketana. daai zombies gaan klippe kak.