Die einde is naby - 21 Mei 2011

and the Teapot Atheist says:

This is what a sane response to Camping looks like. It isn't saying, no, he's got the Bible wrong, its that he might very well have the Bible totally right, but who cares? The Bible tells us that the universe is 6,000 years old and was formed in a week. It tells us that language diversity comes from a smitten skyscraper and that human ethnic variance came from Noah's family. It tells us that leprosy can be cured by bird blood, that pi=3, that the world would end within a generation of Jesus's death, and that a dragon will swipe a third of the stars from the sky with its tail at the end of the world. This is comedy. Forget correcting Camping on the Bible's specifics: lets correct the Christians on using the Bible at all.

Die Tyd is Naai

Ek sit met 'n dilemma - ek skryf Dinsdag 'n eksamen en het nog nie begin leer nie. Ek wou môre begin het maar dink dit is heeltemal sinneloos gesien in die lig van die einde van die wêreld môre een of ander tyd. Aan die ander kant wil ek nie die tyd regtig verloor indien die wêreld maar net gaan voortbestaan nie.

Het enige iemand 'n tyd wanneer om die Gebeurtenis te verwag? Dan kan ek indien die uur aanbreek sonder fanfare, nog 'n paar uur studie inkry?

supposedly gaan net 5000 lucky ones ge-rapture word. die res van ons is business as usual. en seriously, as 5000 mense skielik verdwyn, wie-de-fok gaan agterkom? die res van ons sal deal met earthquakes and whatnot. en supposedly, is ons klomp hier in die south heel ok. nie vreeslik tectonic action nie, omtrent niks geothermal goodies nie (to my infinite dispair), en in elke dooms-day scenario wat ek al om tv gecheck het, is ons klomp hier heel goed af.
so, bring it bitch.

Net 5000? So dit is nie die 144 000 van die JW’s nie?

hmm, ek dink nie ek gaan kan studeer met aardbewings en uitbarstende vulkane nie.

So hoe lank na die gebeurtenis gaan ons moet voort sleep hieronder in die Suide? Verbrokkel die hele planeet dan nie? Effe teleurstellend in die groter skema…

Gaan swot maar vir daai eksamen Cyghost, die wereld vergaan nie more nie, slegs die rapture neem plaas, die wereld gaan eers apparantly vergaan die 21ste Oktober, presies 5 maande later. Jy might as well plan for the future.

Wats so lucky aan harp speel op 'n wolkie??? Dit klink sieldodend vir my.

supposedly, is dit 'n laaaaang affere na die special klompie hemel toe ge-cart is. iets soos 2000 jaar van hel op aarde. niks nuuts dan nie. ek sou ook eerder 'n spectacular kablooeye verkies het.

:-[

ek wonder nou, as daar op een of ander stadium 'n moerse stuk klip na die aarde se kant kom, sal die governments even iets se? of sal hulle so stil-stil plan maak om die ding te divert/destroy, of plan maak vir al die belangrike mense om op die maan te gaan bly. en die res van ons om letterlik 'n lightbulb moment te he as die shockwave die heilige kak uit jou donner.

Ek dink jy kyk te veel scifi movies…as die groot klip kom se die wyse mense sal ons amper nie eers weet daarvan nie want 'n asteroide weerkaats lig baie sleg so die ding sal in ons in donner voordat ons boe of bah kan se… :confused:

maar track ons nasa gesiggies nie objects space nie, meestal russian missiles, maar ek hoor gereeld dat die of dat stuk klip ons met hoeveel myle gemis het of whatver.

Ja hulle doen wat hulle kan, maar meeste van die tyd is dit amateure wat dit optel, en baie keer sien ons eers die klip nadat hy verby is. Omdat sulke goed so donker is sien ons net party van hulle.

:smiley: :smiley: :smiley:

Kerkmense spot hom die meeste oor ‘oordeelsdag’ 2011-05-23 21:21

Nou is dit terug na die Skrif om te gaan kyk waar hulle dit verkeerd verstaan het. Hulle moet hulself deur die Skrif laat korrigeer.

So sê mnr. Johannes Coetzee, ’n ondersteuner van die boodskap van die Amerikaanse TV-evangelis Harold Camping, wie se boodskap dat daar op 21 Mei ’n groot aardbewing en wegraping van gelowiges sou wees, verkeerd bewys is. Coetzee het gister gesê hulle is teleurgesteld, maar dit gaan steeds goed.

Hy meen mense wat soos hy dink, is nou in dieselfde posisie as wat Jesus se dissipels was toe Hy gekruisig is terwyl hulle verwag het Hy sou koning word.

Hy erken dat hulle verkeerd was en vra om verskoning, maar sê dit was net met sekere aspekte, soos die wegraping en aardbewing. Hy is oortuig dat daar iets baie belangriks in die gees gebeur het. Daar het ’n enorme wêreldwye proklamasie plaasgevind dat die einde naby is.

Hy verwys na die gelykenis van die vyf wyse en vyf dwase maagde waarin daar gesê word die bruidegom het getalm. Hulle probeer nou peil waarom Hy talm. Coetzee bly oortuig dat die finale einde van die wêreld op 21 Oktober gaan aanbreek wanneer dit met vuur en swael verteer sal word. Hy sê hul hotelrekening en elke ander rekening is volledig vereffen.

Hy is materieel swakker af as vroeër, maar hy het nou skatte in die hemel. Hy wil geen ander God dien nie. Terug kerk toe sal hy egter nooit nie.

Hy beleef die ergste veroordeling en spot juis van kerkmense

Amper siestog… nie heeltemal nie, dis moeilik om jammer te voel vir stupid.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Kerkmense-spot-hom-die-meeste-oor-oordeelsdag-20110523

daar’s nie pille vir dom nie

http://hackedirl.files.wordpress.com/2011/05/epic-win-photos-costume-and-sign-win.jpg

:stuck_out_tongue:

daai dude behoort 'n medal te kry!! ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

http://zapiro.webvanta.com/Cartoons/m_110524tt.jpg

Ag junne, kyk die skoentjies en die antie met haar brakkie!!!

;D

ag frek, nou is dit Jannie Jammergat en Berta Bitterpis se beurt:

Dit was net die foon, net die wind deur Estelle Kellerman 2011-05-22 18:36

Ek skryf vanoggend, die Sondag ná 21 Mei, ’n brief vir jóú meneer, wat beweer het dat gister die oordeelsdag was.

’n Brief, nie “fancy” nie, want ek is woedend vir jou.

Ek het op 21 Mei heeldag soos ’n hen gevoel wat haar kinders onder haar vlerke wou hou en beskerm. Ek was so bang.

Ek is lief vir my Here en het baie gebid dat ons tog veilig bly. Ek glo altyd in Sy liefde, barmhartigheid en almagtigheid. Wat moet Hy nie nou van my dink nie, ek het Hom wantrou.

Ek kon nie gisteraand slaap nie. Het die skaduwee buite dopgehou, het lig gesien, maar ek het besef dis die selfoon. My seun het ’n nagmerrie gehad – ek het gedink dit is dit… maar hy het net gedroom.

Sien meneer, ek het ook dalk tekens gesien, maar het nie vir buurman wakker geklop en gesê daar is oorlog in ons dorp nie. Dit was maar net die selfoon, dit was maar net die wind.

Ek is kwaad vir jou, meneer.

Toe ek vanoggend wakker word met voëltjies wat sing en buurman se vier honde wat blaf, voel ek skaam.

Estelle Kellerman

Wellington

en

Wag op vuur en swael eis sy tol deur Robert Nel 2011-05-22 18:36

Dit is Sondagoggend en ek is uitgeput. Ek het die hele aand, met my kop onder die kussing en in ’n koue sweet, die Onse Vader saggies geprewel.

Met die kleinste kraakgeluid of die blaf van bure se honde het ek opgespring en by die venster uitgeloer. Verwagtend om vuur en swael buite te sien wat ons buurt verswelg.

My ore was gespits vir die gekerm van stemme. My familie in Nieu-Seeland is hoogs die hel in vir my omdat ek hulle drie-uur in die oggend (by hulle) geskakel het om te hoor of die einde al daar aangebreek het.

Wat is daar van my verwag ná die volbladadvertensie in kleur (DB, 21.05) wat die volk se aandag gevestig het op die einde van die wêreld wat sou aanbreek?

Mag ek hierdie godsdienstiges vir pyn en lyding dagvaar? Verwag hulle om in die toekoms ernstig opgeneem te word?

Vir eers gaan ek druppels in my bloedbelope oë gooi en wag vir hierdie narre se encore.

Robert Nel

Strand

http://www.dieburger.com/MyDieBurger/Briewe

En die mense is nie eens skaam om hul egte name te publiseer nie…

as jy dom is moet jy sukkel