"Silence is Golden'

Is dit altyd so stil hier? Het ek op 'n stil tyd aangesluit? Of stem ons almal saam oor alles en daar is niks om te sê nie?

Ek wonder maar net :smiley:

Wonder nogal self hieroor… gehoop vir so bietjie “local” aksie, miskien is almal op vakansie? ???

Ek weet nie, ek sien die stringe kry nogal baie “hits” (blikke? kyke?) wat sou aandui daar is nogals aksie. Net nie so sigbaar nie. Baie gaste wat toekyk. :slight_smile:

Miskien maar threads create en kyk of ons die plek bietjie asem kan injaag? (skies my baster afrikaans, party woorde is moeilik om te onthou en ek het nie 'n afrikaanse dictionary nie!)

Dit is die plan!

Jou Afrikaans is verstaanbaar en dit is goed genoeg vir my. Ekself vind dit nogal vreemd om in Afrikaans te skryf en geniet dit eintlik baie. Die hele blêddie InterWeb is Ingils!

Ek maak gebruik van hierdie aanlyn woordeboek en daar mag dalk ander en beter wees (dit kry nie altyd die woord wat ek soek nie :frowning: )

Dankie, dankie ;D

Vir nou lurk ek maar deur die ou threads, daars 'n paar wat nogal interessant lyk, nee wat, eks lus vir so bietjie debate!

Maar min vroue hierso. :-\

he he Mens weet nooit werklik nie. As ek 'n vrou was sou ek dalk ook nie somemr erken het ek is een nie. Dit behoort geen ware verskil te maak of jy met 'n man of vrou gesels in die medium nie, maar ek verstaan tog jou dillema.

ag nee, nie 'n delemma nie, wonder maar net hoekom???

En uit interressantheid, (dis verkeerd gespel, kan sommer sien), never mind, uit interessantheid, hoekom sou jy nie erken het jy is 'n vrou nie?

As ek 'n vrou was sou ek dalk ook nie somemr erken het ek is een nie

oh-oh :o

;D Ek bedoel maar net dat dit dalk onplesierig kan wees. Ek weet nie, ek is nie 'n vrou nie en kan nie met enige sekerheid enige kant toe sê nie.

Wat ek eintlik bedoel, is dat mens nie kan weet nie. Op hierdie stadium weet julle nie werklik of ek 'n man of vrou is nie, en word ek op my woord aanvaar. Ek sou skepties wees as ek julle was :slight_smile:

Dit gesê, ek neem gewoonlik self aan ek praat met 'n man. Seksisities? Dalk omdat ek een is? As die persoon sê sy is 'n vrou, dan aanvaar ek dit so.

Die punt is, dit maak glad nie saak in iedergeval nie.

Ek verstaan nie mooi waarheen hierdie draad op pad is nie, maar dit lyk my hier word ’n klompie snaakse idees oor vrouens gehandhaaf… :stuck_out_tongue:

'Luthon64

;D Doen manne dan oor die algemeen nie? ::slight_smile:

Eintlik wonder ek hoekom vroue nie oor die algemeen lief is vir debateer oor intellektuele/philosophical sake nie. Op die oorsese sites is daar oor die algemeen 'n 50/50 spread, ek is half verbaas daar is so min van ons hier. Miskien 'n kulturele ding?

Ek sien nou volgens jou profiel dat jy 'n dame is. ;D My reaksie was nogal interessant. So oomblik van, my genade, en dan skouers ophaal. Soos gesê, dit verander niks nie in my opinie.

LOL. Dalk is dit in sekere mense se belange dat ek die thread sluit - ag wat waar is die fun daarin :stuck_out_tongue:
'n Gesegde met die woorde “assumption” en “mother” kom in my gedagtes op :wink:

Ek weet nie of dit ’n goeie idee sal wees om die draad te sluit nie. Hierdie self-beginende, ietwat informele sosiale eksperiment is myns insiens veels te interessant om stop gesit te word, al leer ons niks daaruit nie… :wink:

'Luthon64

En die stilte daal weer oor ons neer… :stuck_out_tongue:

wat van ‘string’ in plek van ‘draad’?

of is draad soos in aanvaarde Afrikaans?

Ek sien draad word redelik baie gebruik vir thread/topic, wat seker reg is - maar dit klink vir my baie lelik. String kan ook werk, maar almal sal dalk nie weet waarna verwys word nie…
Oor die algemeen verpes ek woorde wat net vertaal word sodat dit afrikaans is. Daar is baie terme, veral op die internet wat net eenvoudig nie 'n goeie afrikaanse vertaling het nie. Ek het dan geen probleem om die bestaande term te gebruik inplaas van om 'n nuwe woord te skep. As 'fish & chips" en pavement afrikaans kan word, kan thread en topic ook. :wink:

As jy noy regtig 'n afrikaanse woord wil gebruik, dink ek die beste is Voorwerp, die vertaling van topic. Maak vir my bietjie meer sin as 'n thread ook, solank die gesprek op voorwerp bly.

Sjoe, dit wasdat lank laas dat ek op die internet afrikaans gepraat het.

Uhm, “onderwerp,” is dit nie? Wat van “besprekingsvoortgang?” :-\ Hokaai, te lank! :frowning:

'Luthon64