The PHOTOGRAPHY thread

More. As jy die kamera aan jou teleskoop gaan koppel dan is die lens se f-stop vasgestel, so jy kan nie daarmee peuter nie, en aperture priority (Av) is dan irrelevant. Jy sal dus of shutter priotity (Tv) gebruik vir exposures tot op 30", of Manual (M) vir enige lengte exposure. M is waarskynlik die beste om te gebruik.

Rigil

Dankie, sukkel met die exposure ding maar dit gaan darm beter met die fokus storie. Ander ding, wat is die "Old Syringa tree Observatory " se afmetings? Veral die vloer - muur hoogte.

New improved Dead Syringa Observatory (now with bird feeder, rain guage and shade net for Clivias :D) is kinda compact: Inside floor is 2.30m x 2.30m , and wall height is 1.65m.

Moon Canon camera through scope.
http://i296.photobucket.com/albums/mm196/Tweefo/Regi_zpscxnsdcjn.jpg

Saturn webcam.
http://i296.photobucket.com/albums/mm196/Tweefo/Regi%20Sat%20small_zpseuuh8uts.jpg

Saturn Canon through scope.
http://i296.photobucket.com/albums/mm196/Tweefo/IMG_0165_zpspbed7c8o.jpg

Progress but still focus! In my favour the seeing was not good, and the Moon was quite low.

Love that last shot of Saturn, diminutive, hanging in that huge expanse of black. Somehow seeing it look so small underscores the vastness better than a more magnified or traditionally spectacular shot does.

Daai is 'n enkel foto. Ek het ongeveer 20 geneem wat ek wou stapel met Registax maar Saternus is so klein dat die program nie oplyn (align) punte kan kry nie. Ek het die fotos toe “ge-crop” en vergroot maar dan is hulle nie skerp nie en beteken niks. Maar jy is reg, dit gee 'n mens meer respek vir die afstand.

Lyk of hierdie my fokus probleem kan oplos How to Make Bahtinov Mask, PDF Templates - DeepSky Watch.

Aside from lurking here and periodically checking up on what ya’ll are up to. I have to say this is all pretty neat and keep doing it all concerned. :slight_smile:

IMHO seeing Saturn though a ‘real live’ telescope, as an experience, is definitely something that doesn’t translate well into picture. But I find it super cool that an amateur can get up to these shenanigans nonetheless.

Ek sit met vieslike verkoue, so het nog nie die “Bahtinov fokus masker” probeer nie, maar sal dalk vanaand.

My Bahtinov masker 2.0. Hierdie een is uit plastiek gesny, 'n ou estate agent bord om 'n langer leeftyd te kry as die eerste model. Moeilik om 'n reguit lyn te sny met die “sinkplaat” laag. Die 1.0 tot 1.3 modele was uit karton gesny. Ek het dit getoets Vrydag aand op een van my sidewalk astronomy aande maar het nie die kameras byderhand gehaat nie. Ek kon die kruise sien en het 'n skerp fokus gekry. Gaan vanaand probeer fotos neem met 2.0 en as dit goed werk sal ek dalk laser cutting op 3.0 laat doen.
http://i296.photobucket.com/albums/mm196/Tweefo/IMG_0174_zpswaysojmt.jpg

Dit werk, maar nog is dit einde niet. Die webcam is nie presies opgelyn nie, as jy dit insit moet jy eers die ster soek. Probleem is dat dit sover uit fokus is dat 'n mens dit nie kan kry nie. Maar hier is Rigil Kent deur die Bahtinov 2.0. Die lang middel spike lê lings of regs as dit uit fokus is maar in die middel is Gouelokkies.
http://i296.photobucket.com/albums/mm196/Tweefo/IMG_0183_zpspnhcqzof.jpg

Baie interessant. Hoe het jy nou weer die masker gemaak …karton en Stanley mes?

1.0 is met karton gemaak, karton wat jy in die skryfbehoete winkel kry. Dit het te maklik gebuig, vandaar die 1.1 en 1.2 modelle. 1.3 het ek 'n laag verf op gesit om dit effens dikker te maak, ek dink lig het deur die papier geskyn. Met 2.0 het ek, met 'n Stanly mes die lyne uitgesny uit 'n ou estate agent se bord. Dis soos verpakkings bokse se karton maar van plastiek. Agterna het ek met 'n soldeer bout die stukkies weggesmelt wat ek nie met die mes kon bykom nie.

Jammer - het jou vorige post gemis. Ek sien nou hoe jy gemaak het. :slight_smile: Ek wonder of hierdie masker sal kompenseer vir verskillende mense se oë … m.a.w. sal die diffraksiepatroon vir almal dieselfde lyk as hulle deur die oogstuk loer. Ek neem so aan. ???

ETA: Nou ja, hier’s my poging ôk om Rusland met China te versoen. Nou moet dit net donker word. En die wind ophou waai. En die wolke verdwyn. ::slight_smile:

Splash o’ paint and … telescope now looks like something from the Death Star. :o

Maar Mev. Kent gaan nie gelukkig wees oor die suiker houer wat uit die kombuis verdwyn het nie.

Life’s too short dude …amateur astronomy has a proud history of hacks and petty theft … you know mos. :stuck_out_tongue:

Hoop jy ken 'n prokureur. :wink:

Mnr. Faerie hier.

Ek en miesies Faerie was saam op die HARTRAO shindig (die einste wat deur SA Skeptics gereël was 'paar jaar terug). Daar was 'n moerse teleskoop buite opgestel, baie groter as jou setup, en Saturnus was net 'n helder fuzzy balletjie met 'n strepie.

Nou check bietjie jóú kiekie. Jy kan selfs die skaduwee op die ringe sien en die skadusekel self waarneem.

Nee wat, jy doen glad nie te kak nie! Ek is baie beïndruk.

Ek is besig om 'n sterrewag te beplan en wil 'n permanete teleskoop mount (Ek glo nie Google translate met “Teleskoop berg” is reg nie) insit. My scope is 'n Smith-Cassagrain maar ek wil dit polar opstel. Hiervoor het ek 'n wig nodig en die pryse wissel van R5,500 tot R22,500. Hoekom kan ek nie die mount bo, waar die scope vas bout, teen 'n hoek laat sny nie? (25.77° my breedtegraad) Dit is 'n permanete mount, so nie nodig om verstelbaar te wees nie. Hoekom sal dit nie werk nie? Een probleem wat ek sien is hoe om Noord - Suid akuraat op te stel.

Dit sal wys wees om hom tog maar te bou sodat dit 'n bietjie alt-az verstelling sal toelaat, vir die fyn instel. Sodra hy reg is kan jy mos maar net alles aan mekaar vassweis.